Minstens elf sterf in sneeustorting

Marmolada (Foto via Wikimedia Commons)

Minstens elf mense is dood in ʼn sneeustorting in Italië.

ʼn Deel van Italië se grootse gletser het verlede Sondag meegegee en ys en rotse het teen die berg afgestort.

“Ons het alle slagoffers geïdentifiseer,” het kol. Giampietro Lago, van die polisie se forensiese departement, gesê. “Ons het ʼn dodetal van elf. Ons verwag nie dat daar nog slagoffers sal wees nie.”

Die soektog duur egter voort en nog materiaal is Saterdag naby die Marmolada-gletser gevind, het Maurizio Fugatti, president van die noordelike outonome provinsie Trentino, gesê. “Die soektog duur voort met hommeltuie en ons sal môre dieselfde doen.”

Die openbare staatsaanklaer se kantoor in Trentino het ʼn ondersoek van stapel gestuur na die oorsaak van die ramp. Sommige families beskuldig die owerhede daarvan dat hulle die gletser oopgelaat het, ondanks klaarblyklik gevaarlike klim-toestande.

Die sneeustorting het een dag ná rekordhoë temperature van 10 °C op die piek van Marmolada aangeteken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.