Twee beseer in Worcester-vliegtuigongeluk

Argieffoto (Foto: Worcester Flying Club/Facebook)

Twee persone is Saterdagoggend beseer in ʼn ligtevliegtuig-ongeluk in Worcester in die Wes-Kaap.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) sê in ʼn verklaring die organisasie is in kennis gestel van die ongeluk wat omstreeks 11:00 plaasgevind het. “Die vliegtuig het by die Worcester-vliegveld opgestyg en sou weer by dieselfde vliegveld land. Die ongeluk het tydens die landing by die vliegveld plaasgevind.”

Twee persone was aan boord die vliegtuig en het beserings opgedoen. Hulle is na ʼn hospitaal geneem.

Die BLO het reeds ʼn ondersoek van stapel gestuur en twee ondersoekbeamptes is na die toneel ontplooi om bewyse in te samel. “Dit sal die grootte en omvang van die ondersoek bepaal asook die verwagte tydsraamwerk om die verslag oor die ongeluk af te handel.”

ʼn Voorlopige verslag sal na verwagting binne 30 dae deur die BLO vrygestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.