“As daar een plek is waar korrupsie nie geduld mag word nie, is dit juis die polisie.”
Alles vir Saterdag 9 Julie 2022
Vier verdink van R10 miljoen se koperdiefstal
Vier verdagtes is in hegtenis geneem toe polisiebeamptes beslag gelê het op gesteelde koperplate.
Kyrgios kla oor senuwees vóór Djokovic-stryd
“Daar is soveel dinge waaraan ek dink. Wen én verloor het deur my kop geflits.”
Inwoners verstom oor groen lug oor Suid-Dakota
Talle foto’s van die voorval is op sosiale media gedeel en in een video vergelyk een persoon die lug met “The Wizard of Oz”.
Deurbraak gemaak in onwettige Namakwa-mynboubedrywighede
Altesaam 95 ongedokumenteerde persone en 14 onwettige myners is in hegtenis geneem.
Oudste Magellaanpikkewyn sterf op 40
Captain Eo het die persoonlikheid van “ʼn ouer gesofistikeerde man” gehad. “Hy was enig in sy soort.”
Leier in Griekwa-koningshuis oorlede
“Hy was ʼn seun van die aarde, ʼn reus tussen reuse, ʼn leier, ʼn dienskneg van die mense, ʼn Griekwa!”
Skotse Ope: Daar’s ʼn wind wat waai
Die toernooi, met verhoogde prysgeld van $8 miljoen op die spel, is die laaste kleedrepetisie voor aanstaande week se Britse Ope by St. Andrews, Skotland.
SA ondernemings uit miljoene bedrieg tydens slenter
Een van die beskuldigdes was die eienaar van Hydro Lounge, ʼn nagklub in Sandton.
‘Ek sal dit weer doen,’ sê Cameron
“Ek kan nie onthou hoe ek op daardie oomblik gevoel het nie, die adrenalien het my oorweldig. Al wat ek onthou, is hoe ʼn tannie wat by my gesit het, my hand vasgehou het.”
Musk laat vaar Twitter-transaksie
Elon Musk het Vrydag sy plan laat vaar om Twitter vir $44 miljard te koop.
Tukkie loop, maak koffie ná massiewe beroerte
Die linkerkant van Marizaan se brein is nou so groot soos ’n 50 sent-stuk. Sy het nog nie die gebruik van haar regterhand teruggekry nie en moet ook links leer skryf.
Gedagte vir die dag: Ware vriende
Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. (Prediker 4:9-10)