Gauteng betaal ‘miljoene vir leë beddens’

Die Nasrec-veldhospitaal. (Foto: AP Photo/Jerome Delay)

Slegs 26 Covid-19-pasiënte is sedert 1 September by die Nasrec-veldhospitaal in Gauteng behandel, maar die Gautengse gesondheidsdepartement hou die fasiliteit steeds tot einde Januarie oop – teen ʼn moontlike algehele koste van R256 miljoen.

Dít volgens die DA wat sê die waarnemende LUR vir gesondheid, Jacob Mamabolo, het in antwoord op ʼn vraag van die party gesê R58,1 miljoen is ook teen die einde van Augustus vir die 500-bed-kwarantyn- en isolasiefasiliteit by Nasrec betaal.

Nog R69,3 miljoen is vir die 1 000-bed-afwentelingsfasiliteit betaal.

“Dit is heeltemal buitensporig omdat net 604 mense daar in kwarantyn of isolasie was en slegs 96 pasiënte in hierdie tyd daar behandel is,” het Jack Bloom, Gautengse DA-woordvoerder oor gesondheid, gesê.

“Dit kom neer op R96 000 vir elke persoon in kwarantyn of isolasie en R720 000 vir elke pasiënt wat by die veldhospitaal behandel is.”

Mamabolo het gesê die departement betaal vir die fasiliteit om te verseker hy het die vermoë indien ʼn tweede vlaag infeksies uitbreek of daar oor die Desembervakansie ʼn skielike toename in infeksies is.

Die geskatte koste vir die hospitaal was R350 miljoen, maar is nou tot tussen R157 miljoen en R256 miljoen aangepas.

“Dit was ʼn enorme verkwistende uitgawe. Daar was duidelike tekens, ná die aanvanklike alarmistiese vooruitskattings, dat die Covid-19-pandemie in Julie, eerder as in Augustus/September soos aanvanklik verwag is, die kruin sou bereik. Daar was geen scenario dat infeksies in Januarie volgende jaar gaan toeneem nie en steeds ʼn is ʼn sesmaandekontrak vir ʼn duisend beddens op 1 Augustus met die Joburg Expo Centre, wat Nasrec bedryf, aangegaan,” het Bloom gesê.

“Ons betaal duisende vir leë beddens by Nasrec tot Januarie, hoewel minder as 10% van daardie beddens tydens die kruin van die pandemie in Gauteng gebruik is.”

Bloom sê ʼn veldhospitaal is veronderstel om vir ʼn paar weke lank bedryf te word om die kruin van die pandemie te hanteer, en is nie veronderstel om vir ʼn uitgebreide tydperk teen groot koste aan die gang gehou te word nie.

Bloom sê die premier van Gauteng, David Makhura, het nog nie geantwoord op sy versoek dat die kontrak met die Joburg Expo Centre bekend gemaak word nie. Hy het nou ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) gedoen om besonderhede van die kontrak te verkry.

“Ons moet weet hoekom die kontrak geheim gehou word en of daar enige korrupsie in die subkontraktering was wat toegeken is vir die Nasrec-fasiliteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Piet ·

Wanneer die staat iets huur, is daar ‘n uitstekende kans dat iemand iets “pocket”. Ondersoek maar.

Suzette ·

Maar natuurlik – daar is mos geld wat geplunder kan word – alles in die diep donker gat in…..

Mariana ·

Money, money, money must be funny in SA. Te lekker hoe hulle met geld mors. Duisende krepeer van ellende daarbuite en hulle gooi geld rond asof daai boompie se blare altyd sal groei…….

koos10 ·

Ek moet hier vir die Gauteng provinsie opkom, as daar geen bedrog of korrupsie gepleeg was nie.
Hierdie is versekering. Soos jy elke maand versekering betaal en dit nooit gebruik nie, so beskou ek die.
Wat gaan die DA sê, as daar ‘n tweede uitbraak kom en daar is geen beddens beskikbaar nie? Ons ken nog nie sie siekte nie en leer elke dag meer. Probeer die DA nou EFF taktiek gebruik om alles te bevraagteken? As julle ‘n beter voorstel het, plaas dit assebief op die tafel.

Riaana ·

Julle dink julle is slim, so daar moet hospitale wees vir pasiente wat daar ni is ni… Mense gaan op die oomblik nie dood van Covid19 maar van die honger, so kom by voor jy opstaan want jy is net so deurmekaar soos SA Government!!!!! ????

Pampoen ·

Ai Koos, lyk my ek en jy is in die dogbox. Ek glo ook daar is BAIE goed om oor te kla, maar mens moet nie oor alles kla nie, want dan luister mense nie meer na wat jy sê nie. Andy Cap het een keer ‘n present van sy skoonma gekry – ‘n een pond noot. Hy kyk hom so en sê ” Just as I though – wrong size, wrong colour”.

Deon ·

Doen wat die regte eksperts voorstel.. Staak alles wat met lockdown te doen het.. Dit kom vanaf WGO…. Die versekering is in die eerste plek oorskat en geld gemors, as if there is no tomorrow

PieterP ·

Al die raad en twkpraat kom van dje WGO. Almal gorrel net

Kokerboom ·

Wanneer (indien ooit) gaan die ANC die duur koste van skaars hulpbronne soos kapitaal besef????
Dit hou net aan!!!! Met al die vermorsing van geld die afgelope 26 jaar sou dit meer as genoeg wees om ELKE mens in die land van behoorlike behuising en werksgeleenthede te voorsien!!!Hul nalitigheid en gierigheid asook onbevoegdheid is ‘n skande en sonde teen die land !!!!

Riaana ·

Nou wonder mens… Ons het vir Tshwabac gewerk (Tshwane Event Centre) ou skougronde, en 47 mense is ge Retrench want government “City of Tswane” wou nie die werkers oorneem, want hle ‘sou’ n ICU hospitaal daar oopgemaak het, wat ‘NOOIT’ gebeur het nie, maar 47 gesinne sit sonder werk, nadat hle soos gemors agtergelaat is, maar hle kan miljoene betaal vir n lee hospitaal, terwyl gesinne soos die van Tshwabac nie eens vir hul kinders kos op die taffel kan sit nie, ons kan mie huur betaal nie, waar gaan ons op eindig… op straat dit deur n Government wat eerder sal miljoene betaal vir n lee hospitaal, en net terloops City of Tshwane word gerun deur die DA… so ja die DA het 47 gegooi vir die wolwe… Anc, DA, EFF gee nie om oor hle mense ni, dis bewys elke persoon vir homself, ons Government sal eerder op sy mense trap en weggooi.

Einstein ·

Ek het van die begin af gesê hierdie hele covid besigheid is ‘n klugspul!

Genis ·

Ou Cyril, eish “our people” man… have you and your Money crazy ANC have no shame? Someone must account for the tax payers money? Or are all hands in the cookie jar?

Deon ·

Waarom dan nie maar sommer alle veld hospitale oophou vir ingeval daar n tweede uitbraak van die pandemie is nie? Simpel redenering

Jakes ·

Dis snert om te beweer dat daar geen korrupsie in Gauteng was nie, Die hele land is vrot daarvan. Ek kry daagliks tenderdokumente om Covid produkte te verskaf. Ek sal nie daaraan raak met n 10 voet paal nie. Daar is hordes skelms wat tussen ons beweeg en hul stokperdjies van bedrog en korrupsie voortsit.

Janine ·

Nee wat; ek is keelvol vir die twak. Duidelik, met die “skielike” hoë positiewe syfers, word die verlenging van hierdie klugspel, weereens verleng! Die sogenaamde president kon nie eens die ordentelikheid hê om die land se mense toe te spreek nie. Ons moes die huidige verlenging in koerante lees! Wil hulle nou waaragtig eers die laaste sente tap??

Dries ·

Interessant, R256 miljoen is ook die bedrag geld wat spandeer is aan opgraderings by die privaatwoning van ‘n voormalige politieke leier. En ons almal weet hoe dit uitgedraai het…

Genis ·

So snaaks die staatsdiens het eindelik die slegste, maar as hulle huur, ou matie dan huur net die beste en die duurste…

Cecilia ·

Ja Piet stem saam. Erens kry 1 of ander hoee n “kick back”. Stel solank n kommissie v ondersoek in want dit gaan hulle jare vat voordat hulle hond haar afmaak en dan het d skuldiges klaar al d geld uitgemors

fs ·

mense mense…. gaan kyk aan wie behoort daardie fasiliteite…. wie is direkteure en watter politieke konneksies is daar? Dit sal onmiddelik die lig laat opgaan… dis hoekom dit so geheim gehou word… well connected outjies daardie…. selfs nie in privaat hospitale was daar honderde hospitaal gevalle op een slag nie… en 90% herstel syfer…. waar gaan die duisende pasiente vandaan kom wat julle verwag? Ek kan tel en hierdie is nie 1 + 1 = 2….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.