Gautengse kliniek erg ontwrig oor slang

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Vikas Shankarathota / Unsplash)

Behandeling by die Magagula-kliniek in Katlehong, suidoos van Johannesburg, is steeds erg ontwrig nadat ’n skoonmaker twee weke gelede ’n slang in dié kliniek gewaar het. Slangvangers kon die slang egter nie opspoor nie en personeel is nou vreesbevange dat dié reptiel nog iewers in die kliniek skuil.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder van gesondheid in Gauteng, sê personeel het die kliniek ontruim nadat die slang die eerste keer opgemerk is. Slangvangers het die volgende dag opgedaag.

Nadat die slangvangers nie die slang kon opspoor nie, het hulle gesê die slang kan moontlik in bokse in die kliniek wegkruip. Volgens Bloom is die kliniek in ʼn viervertrekhuis geleë wat vol bokse gepak staan.

“Die kliniek se bestuur het verlede Donderdag onderneem dat die Gautengse departement van infrastruktuur en ontwikkeling die bokse en meubels uit die kliniek sou dra. Werkers van dié departement het egter geweier aangesien hulle ook bang is vir slange,” het Bloom Sondag in ʼn verklaring gesê.

Volgens Bloom het personeel al sewe dae oor die afgelope twee weke geweier om in die kliniek te werk en versoek hulle nou om eerder in ander klinieke te werk.

“Intussen ly pasiënte onder die onderbreking in behandeling.

“Ek het die hoof van die Gautengse gesondheidsdepartement oor die verdrietige situasie ingelig. Dit kan nie langer so aangaan nie. Kundiges moet ingebring word om die kliniek deeglik te deursoek om te verseker dat personeel en pasiënte veilig is.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jack ·

Die beste sekuriteit wat jy kan aanskaf. Selfs net n kennisgewing buite jou huis en motor werk uitstekend.

dada ·

Watter kleur is die slang? Miskien is dit net ‘n onskuldige huisslang

Miena ·

Sjoe dada – dit is ook n vraag wat baie vaag is daardie. Selfs ons mees gesoute slangvangers maak nog n fout met identifikasie -sonder foto of sigwaarde – met die vraag van kleur, lengte, kop patroon, merke / patrone op slang ens. Veral in die mamba, kobra & adder familie is dit n ope vraag tot die vanger die slang self aanskou. Ons hoor altyd dis n bruin / gouekleur slang – dan moet ons mooi te werk gaan. Of ons hoor dis n groot lang slang – dan is dit dalk net n juvenile, of n groen slang en almal skreeu boomslang dan is dit net n Bush Snake / Grass snake dalk. Positiewe ID -en die area van waar die slang is -is baie belangrik om korrekte ID te kry asook metode van vang & hantering.
Verder tot jou kommentaar – of dalk net n Rhombic Eier Vreter – daar is nou vir jou slang met attitude. Al te oulik!!

Adri ·

Sekere mense is bang vir slange. Punt. Of hulle pienk of pers is, maar nie verskil nie. ‘n Slang is ‘n slang! ☺

Miena ·

Ek stem saam en ek besef dit en ek kan dit waardeer. Ek was ook eens verskriklik baie bang vir slange. Tot ek meer van hulle gaan leer het. Ek het vir myself tydens die 1e grendel-tydperk net gese dis iets wat ek wil gaan doen om my vrees te oorkom. Ek vang liewer slange as wat ek gaan bungee of valskerm of oor n hangbrug stap. Maar elkeen tot sy eie stasie en comfort zone.

Groen-oog ·

Dis baie baie waar. N slang bord teen die hek en in jou vensters verrig wondere.
Ekt 39 slange gehad jare gelede en jaaaa kaapse draaie word om jou huis en kar ens geloop.

Miena ·

Ek en my man moet die waarskuwings tekens op ons heinings en karre sit omdat ons slangvangers is en soms die slange in ons motors vervoer en tuis hou / versorg. Ek wil nie onkant gevang word met n aanklag van poging tot moord teen my indien n ongewenste kuiergas of passassier dalk my woning betree of my kar inklim nie. Enige iets in vandag se tyd is moontlik en maklik mos nou teen n wets-gehoorsame burger. Hy gaan beslis n verassing kry indien hy ter eniger tyd my huis of ons karre wil ingaan. Ek kan bewys – Daar was tekens en jy is gewaarsku gewees. PLUS ek het 3 opgeleide Boerboele ook.

annie ·

Elke dag het ons gelukkig ‘n gevaarliks slang op ons voorblad om die dag op te kikker en tot slangvangers en -liefhebbers se vreugde. Miskien pas dit veral ook by die algemene nuus oor landsake: bedroeflik giftig.

Miena ·

Ja nogal neh. en baie dankie daarvoor ook. Ons waardeer dat ons soms ons passie met julle kan deel ook. Ons leer mos maar bymekaar – slangvanger of nie.

SjN ·

Pak sommer nou die vier vertrekke met die klomp bokse uit, gulde geleentheid om die opgaar plek skoon te maak en die dokumente ordelik te liaseer, die slang behoort dan ook sommer sy verskyning te maak en kan dan verwyder word, hoe anders gaan hul weet of wil hul onbepaald nie werk nie?

Miena ·

Die slang is net daar vir die winter tydperk terwyl hulle in “brumation” is. Sal deur die warmer dae bietjie uitkom vir bietjie sonbak en water drink en weer teruggaan saans na sy hoekie toe. Sal niemand aanval en sommer byt nie tensy hy in gevaar voel. Maar ja – as hulle begin om housekeeping te doen dan sal dit n begin punt wees teen “hoe hou ek my plek slangvry?” vraag.

Miena ·

Dankie MM vir die nuusbrokkie. Ons as slangvangers / herpetoloee / reptiel-liefhebbers waardeer die deel van sulke nuus. Ons werk ook nou-saam onder mekaar ook om mekaar te help wanneer iemand nie erens kan uitkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.