Geen borgtog vir vrou ná moord op regeringsbeampte

Argieffoto

Argieffoto

Die vrou van die vermoorde Sakhekile Ndudula, voormalige hoof van personeel by die Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling, se aansoek om borgtog is Donderdag afgekeur.

Bulelwa Ndudula (42) is Vrydag in Tsomo in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat haar man verlede maand by sy huis doodgeskiet is.

Kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie, het gesê Bulelwa se aansoek om borgtog is in die landdroshof in Oos-Londen afgekeur en sy moet op 8 November weer in die hof verskyn.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die provinsiale regering, het vroeër gesê die oorledene was ʼn senior regeringsbeampte in die kantoor van Nancy Sihlwayi, LUR van maatskaplike ontwikkeling.

Sakhekile is by sy huis in Cambridge-Wes in Oos-Londen geskiet. Hy is verskeie kere getref. Die polisie het in daardie stadium gesê ʼn huurder, wat op die erf gebly het, het ʼn buurman ontbied toe hy sien Sakhekile leun teen sy motor wat in die oprit parkeer gestaan het. Sy bors was vol bloed. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling, waar hy aan sy beserings beswyk het.

Ná drie weke se ondersoek, het die polisie sy weduwee in hegtenis geneem.

Lees alle vorige berigte oor Sakhekile Ndudula op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Thea Gerber ·

As dit my man was wat sy geskiet het, was sy al gister op borg uit. Omdat die oorledene n belangrike regeringsbeampte is, is haar borgtog geweier. Wat maak dit saak hoe belangrik die persoon is? Moord is moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.