Gemeenskap werk saam om gesteelde beeste terug te kry

Bonsmara-beeste (argieffoto) (Foto: Hartebeestloop)

Die gemeenskap reg oor die land het saamgewerk om Pieter le Roux van die Hobhouse-distrik in die Vrystaat se beeste, wat in November gesteel is, terug te kry. Le Roux het 31 van sy 33 gesteelde Bonsmara (R+)-beeste teruggekry.

Hy het Woensdag aan Maroela Media gesê die beeste is die aand van 17 November gesteel. “Ek het omstreeks 22:30 ontdek van die beeste is weg. Die diefstal het vermoedelik tussen 20:00 en 21:00 plaasgevind.”

Op 20 November is 10 van die beeste gevind op ’n sleepwa wat agter ’n bakkie aangesleep is by Kroonstad. Die beeste is gevind danksy ’n oplettende boer wat die voertuig opgemerk het. “Die beeste is bo-oor die brandmerk op die linkerboud met ’n ander brandmerk gebrand om die oorspronklike te verbloem,” het hy verduidelik. Le Roux het egter dadelik sy beeste herken. “Mens ken mos jou beeste. Die beeste het ook oormerke gehad waaraan ons hulle kon uitken.”

Op 27 November is nog nege van die gesteelde beeste teruggevind by veilingskrale in Vereeniging. Hulle het ook nuwe brandmerke bo-oor die oorspronklike brandmerke gehad.

Die oggend van 29 November is nog 10 beeste teruggevind danksy inligting wat ontvang is. Dieselfde middag is nóg twee teruggevind deur ’n boer wat die vee opgemerk het. Altesaam 31 van die 33 beeste is dus teruggevind en terug op die plaas.

Le Roux het gesê danksy sosiale media het die woord vinnig versprei en mense het oor die land heen saamgewerk om die beeste op te spoor.

Veediefstal is algemeen in die distrik en intussen is verskeie beeste en skape van bure ook gesteel.

Ses persone is in hegtenis geneem in verband met Le Roux se beeste wat gesteel is. Vier van die persone is reeds vrygelaat op borgtog.

Le Roux se seun, Pieter jr., het op Facebook gesê hulle wil graag die gemeenskap en almal wat ’n bydrae gelewer het, bedank vir bystand en reaksie. “Dankie vir mense wie se oë oop was om raak te sien. Dankie vir al die bakkies wat gery en gehelp soek het – ook laat in die aande. Dankie vir almal wat boodskappe versprei het op Facebook, WhatsApp en ander kanale. Dankie aan lede van veediefstal-eenhede wat hard gewerk het. Hierdie wys duidelik dat gemeenskapkrag ’n wonderlike faktor is in die bekamping van misdaad. Hierdie is ’n storie van hoop. Ons dank aan die Hemelse Vader wat hierdie diere teruggelei het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jem ·

Vreeslik baie dankbaar dat daar in vandag se lewe nog mense is wat kan saam werk en help. Deesdae is dit baie skaars dat daar enigsins omgegee word vir iemand anders se eiendom.

Cherokee ·

Jammer dat daar steeds nie ‘n ander manier is om die diere te merk as brandmerk. Wie ook al by was waar diere gebrandmerk word, sal weet watter foltering dit is. Hier ward gepraat van oormerke maar selfs dit kan verander word.

Stephan de S ·

Wonderlike nuus. Het self klompie jare gelede gereeld onder veediefstal deurgeloop…..weet hoe moedelose situasie dit is. Saam met die gesin dankbaar. Ek vermoed dis die nimlike Piet wat saam met my op universiteit was.

Eldere Pyper ·

Excellent. South Africans must now stand together, Where we go one, we go all (WWG1WGA). Stand up against crime no matter what and I even want to go as far as to say that in the very near future I believe this corrupt government should all be arrested. It is a “tsotsi” government. South Africans must now stop forming all these political parties and confusing yourselves like this. Stop being so scattered. Get yourself together as the true rainbown nation you thought you were going to be 25 yrs ago. Look very closely at the present SA flag. On it is a design that indicates DIVISION. As a spiritual person I would say it brings a curse on SA. There is witchcraft involved in the SA government.

mari ·

Vrystaatse Boere is staatmakers, die hele Suid Afrika se Boere is en julle almal is Ysters! Ek salueer julle. Respek!

Cassie Carstens ·

Hier is nog baie meer goeie mense – swart en wit – in ons land wat omgee vir ander. Dis net politici wat so ‘n gemors van alles maak omdat hulle daardie reuse salarisse kry en sit en niksdoen daarvoor nie.
Hulle kry glad te veel dekking in die media. Goeie stories soos hierdie kan gerus meer gerus op voorblaaie van koerante pryk.
Dankie aan almal wat gehelp het om die boer se beeste terug te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.