Geraamte op strand ontdek

Foto ter illustrasie. (Foto: Verskaf)

Foto ter illustrasie. (Foto: Verskaf)

Die polisie van Walmer naby Gqeberha (Port Elizabeth) het ʼn nadoodse ondersoek begin nadat ʼn geraamte gedeeltelik begrawe op Sardiniëbaai se strand gevind is.

Die geraamte is Sondagoggend gedeeltelik begrawe aan die voet van ʼn sandduin gevind.

“Die geraamte is omstreeks 10:50 deur ʼn persoon gevind wat op die strand naby die duine gestap het. Die polisie is ontbied en het bevestig dat die geraamte reeds geruime tyd hier begrawe gelê het,” het kol. Priscilla Naidoo, polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, gesê. Die geraamte was tussen 5 en 25 cm diep in die sand begrawe.

“Daar was geen klere of enige ander vorm van identifikasie wat polisie kan help om die oorledene te identifiseer nie. Die geraamte sal nou vir forensiese toetse gestuur word om die geslag, ras en ouderdom van die oorledene te bepaal.”

Die polisie vra dat enigiemand wat weet van ʼn persoon wat vermis geraak of verdrink het vir lt.kol. Melody Oranje by 082 441 8505, 041 581 1496 of 041 509 4000 skakel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.