Een gevangene is dood en ʼn ander in die hospitaal opgeneem ná ʼn brand by ʼn jeuggevangenis in Barberton in Mpumalanga, het die SAUK Sondag berig.
“Negentien gevangenes was Saterdagaand in ʼn sel toe ʼn brand uitgebreek het, het Sarie Peens, woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste, gesê.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.
“Ek kan slegs bevestig dat daar gisteraand ʼn voorval by die korrektiewe jeugsentrum was,” het sy gesê. “Blykbaar was 19 oortreders saam in ʼn sel en hulle het die brand gestig. Een van die oortreders is beseer en is na ʼn hospitaal geneem. Een van die oortreders is oorlede.”
Sy het gesê ʼn ondersoek is van stapel gestuur.