Gewonde man ry sélf hospitaal toe, sak ineen

ʼn Man wat in Umgeni in KwaZulu-Natal in die rug gewond is, was glo op pad na ʼn hospitaal nadat hy die skietwond opgedoen het toe hy agter die stuurwiel ineengesak het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê dit was in daardie stadium nie duidelik presies waar die skietery Saterdagaand plaasgevind het nie. Die man was in sy motor in Alpineweg toe paramedici op hom afgekom het.

“Hy het ʼn skietwond in die rug gehad en was in ʼn ernstige toestand,” het Jamieson gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer en per ambulans na ʼn hospitaal geneem.

“Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oom Jaco ·

“dit is nie duidelik waar die skietery saterdagaand plaasgevind het nie…”? Terwyl ek dan duidelik uit paragraaf een verstaan dat die beseerde die skietwond opgedoen het toe hy ineengesak het…?

Oom Okkert Stywe Arms ·

Oom Jaco, haal diep asem en lees die eerste paragraaf weer stadig deur.

Melanie ·

Oom Jaco, die man was besig om SELF na die hospitaal toe te ry, maar kon weens sy besering nie verder ry nie en blykbaar sy motor tot stilstand gebring waar paramedici hom gekry het en gesorg dat hy by die hospitaal (per ambulans) gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.