Daar is glo ʼn aantal teenstrydighede in die getelde stemme by verskeie stempunte, en dit wat deur die OVK aangeteken is, het die Mail & Guardian Saterdag berig.
Volgens die koerant is daar ʼn groot verskil tussen die geskandeerde strokie van een stempunt en die getalle wat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aangeteken het en deur die ouditeure afgeteken is. Meeste van die voorvalle het glo in Gauteng plaasgevind.
By die Hoërskool Montana-stempunt in Pretoria dui die geskandeerde strokie, wat deur ʼn telbeampte afgeteken is, dat die African Christian Democratic Party (ACDP) byvoorbeeld 3 277 stemme gewerf het en die Vryheidsfront Plus 910.
Volgens die OVK se uitslag het die ACDP slegs 70 stemme gewerf en die Vryheidsfront Plus 382. Volgens die Mail & Guardian is die strokies nie deur enige partyagente afgeteken nie.
Volgens die Verkiesingswet moet alle besware voor 21:00 op die tweede dag ná verkiesingsdag by die OVK ingedien word. Die ACDP het egter aangedui dat die sperdatum dus Vrydagaand om 21:00 was, maar uitslae van die groot munisipaliteite was in hierdie stadium nog uitstaande.
Lydia Young van die OVK het Vrydagaand aan die M&G gesê sy kan nie onmiddellik kommentaar lewer oor die aantygings nie.
Klik hier om die volledige berig te lees.
Die uitslag van die verkiesing word na verwagting Saterdag om 18:00 amptelik bekend gemaak.
Klik hier om op hoogte te bly met die verkiesingsnuus en -uitslae.
Al die aantygings is 100% korrek. Baie van Front Nasionaal se stemme is ook nie aangeteken nie.
Dit voel asof hierdie hele stemmery een groot klug was !
Mense ek het julle reeds lank voor die tyd gewaarsku Zumpie en die ovk het by Mugabe en Zim geleer weet hoe om die boeke te kook