Groenkrag: Eskom kry lening by Duitse bank

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom het Vrydag gesê dat hy ʼn leningsfasiliteit van sowat R1,35 miljard met KfW, die Duitse ontwikkelingsbank, gesluit het.

Die lening is aangegaan om verdere beleggings in die transmissienetwerk in die Noord-Kaap te finansier om sodoende onafhanklike kragprodusentprojekte se hernubare energie by die netwerk te integreer.

Eskom het gesê dié finansiering wat deur die Suid-Afrikaanse en Duitse regerings ooreengekom is, sal die voortsetting van die tweede fase van kapasiteit- en betroubaarheidsverbeteringe in die Harrismith-omgewing in die Vrystaat en die groter Oos-Londen-streek in die Oos-Kaap bewerkstellig.

Eskom het gesê die ondertekening van hierdie leningsfasiliteit is ʼn positiewe bydrae tot die suksesvolle uitvoering van Eskom se R72 miljard-finansieringsvereiste vir die 2018-’19-boekjaar.

“Die lening maak deel uit van die eerste nuwe finansieringsooreenkoms wat Eskom dié boekjaar van plan is om met ontwikkelende finansiële instellings te onderteken.”

Eskom beweer ook dié leningsfasiliteit demonstreer die verbeterde marksentiment en vertroue in Eskom se leierskap om die maatskappy op die pad na herstel en volhoubaarheid te lei.

Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, het gesê deur meer hernubare energiebronne by die netwerk te integreer, sal daar ook baie voordele wees wat die vermindering van Suid-Afrika se koolstofdioksied-uitlaatgasse betref.

KfW het in Maart 2015 vir Eskom ʼn lening van R3,9 miljard toegestaan met die bekendstelling van die regering se program vir onafhanklike groenkragverskaffers (REIPPP).

KfW is een van die wêreld se mees toonaangewende ontwikkelingsbanke, waarin die Duitse federale regering ʼn 80%-belang en federale state ʼn 20%-belang besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jacques ·

Hulle kan daai geld nou al afskryf want hulle sal dit nie terug kry nie . Hoekom verander hulle nie nog name nie , hulle het mos baie geld ???

Chrisjan ·

Sjoe, iemand het die Duitsers n groot klomp bollie vertel … koebaai Duitse geldjies.

jean ·

Whahahaha!!!!!!!…Die arme Duitsers weet nie waarvoor hulle hulself inlaat….net soos hulle in goeder trou die migrante by die lughawens met koeldranke en sweeties ingewag
het gaan hulle soos’n stokkielekker aan die kant gesuig word!

Ja wat ·

Verdere beleggings in die Noord-Kaap te finansier? LOL nou het ek al alles gehoor. My man werk vir Eskom en hulle kry gewoonlik einde Julie ook ‘n bonus. Hierdie meevallertjie het net betyds gekom om hul mensies te betaal.

IK ·

Terugbetaling? Dis more se probleem, ons is besig met vandag en more bestaan nog nie. Geld, selfone en koper is al wat tel.

snoefie ·

ai johanna, ek, jy en die res van (wit) Suid Afrika gaan moet terugbetaal soos met alles wat die die anc leen.

Boertjie ·

Ai mense dis maklik hulle stoot net weer die pryse op vir die wat wel betaal elke maand en siedaar…. of die wat werk en belasting betaal sal opdok….. no worries

ben ·

Daar gaan een van die dae weer ñ hele klomp nuwe miljoeners wees. En die krag netwerk net nog meer agteruit wees.

Daan ·

Ek neem aan dat Eskom se bestuur weer n 60 % verhoging gaan kry.

Martins ·

Ek glo nie die duitsers is so onnosel.Dalk weet die duitsers dat hulle nooit die geld sal terug kry en miskien hulle geld op ‘n ander manier trug gaan verwag.

John ·

… het ons nou te make met die oorle Nazi’s se slim nasate wat bang is ons slimmer burgers gaan binnekort ook na Duitsland roei wanneer alles hier vou soos in die res van Afroka.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.