Gruvonds in veld in Tzaneen gemaak

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Sekgosese buite Tzaneen in Limpopo ondersoek ʼn saak van moord ná ʼn man se naakte, verkoolde liggaam in die veld langs Roerfontein gevind is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn verbyganger het Donderdagmiddag omstreeks 16:00 die polisie na die toneel ontbied. “Paramedici is ook ontbied en die slagoffer is met brandwonde aangetref. Hy was reeds oorlede.”

ʼn Voorlopige polisieondersoek dui daarop dat die man op ʼn ander plek vermoor en sy liggaam toe in die veld gelos is. Die man se identiteit is nog nie bevestig nie, maar hy is vermoedelik in sy 30’s.

Die motief vir die moord is ook nog nie bekend nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

johanf ·

Nog ń moord, hoeveel die week al, ai, kan ons nie vrede kry nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.