Herrie oor ‘peperduur’ bottels water

Die faktuur.

ʼn Herrie is op sosiale media ontketen toe ʼn foto van ʼn bestellingsfaktuur van die Mangaung-munisipaliteit wyd versprei is waarop dit blyk dat die munisipaliteit 500 ml-gebottelde water vir R150 elk aangekoop het.

Qondile Khedama, woordvoerder van die munisipaliteit, het egter gesê die water is nié vir so ʼn buitensporige prys aangekoop nie en daar was bloot ʼn fout op die bestellingsfaktuur by die beskrywing van die water.

“Ons diensverskaffer het ons R240 gevra vir ʼn pak van 24 gebottelde waters. Een 500 ml-water het dus R10 gekos. Dit is die laagste kwotasie wat ons ontvang het. Die kantoor van die raadsweep het 150 van dié 24-pakke bestel. Dus is dit 150 x R240 = R36 000,” het Khedama verduidelik.

Khedama het bygevoeg dat die foutiewe beskrywing onmiddellik opgetel is en dat ʼn nuwe, korrekte faktuur dadelik gedruk is.

“Ons is baie spyt oor die verkeerde indruk wat deur dié oorsig gewek is asook die stigma wat moontlik aan die diensverskaffer kan kleef ten spyte daarvan dat hulle die korrekte prosesse gevolg het en die werk toegeken is.”

Khedama het ook gesê dit is jammer dat ʼn foto van die foutiewe faktuur op sosiale media versprei is en daar ʼn verkeerde indruk by die publiek geskep is, sonder dat die interne prosesse van die munisipaliteit in ag geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Eish ·

Dis bitter moeilik om die verduideliking te aanvaar in dié nes van onbekwaamheid. Dis juis die ” Interne prosesse” van die munisipaliteit wat onder verdenking is.

Piet Snot ·

Die probleem is juis dat dit deel vorm van ‘n reeks skrikwekkende transaksies, en netsowel waar kon gewees het, gegewe die geskiedenis.

Kobus ·

Genade ons , het die mense geen besef van waarde van n produk of geld of gee hulle eenvoudig nie om nie of is hulle inherent korrup?

skande ·

Dis nog steeds erg dis wat ons betaal vir 10 litters hulle is te treurig om te kyk dat mense water het en dan word hulle verder geroof. Ek het ook nie munisipale riglyne gevolg nie maar en het geen belang daarby nie

Julie ·

Twak dis belaglik duur. Ons verkoop ‘n pak van 12 x 500ml @ R59 Ozone Purified water … mors lekker geld en wie moet betaal!

Nog steeds ·

Nog steeds vrek duur @ R20/liter of is ek verkeerd? Dis egter wat gebeur wanneer munisipaliteite sorg dat riool ons waterbronne besoedel.

Lientjie ·

En so sou julle ook die verkeerde bedrag oorbetaal het sonder om agter te kom did ‘n fout!

Justice ·

En dan sukkel munisipaliteite nog om vir kraan water te betaal.

Panda ·

Jy weet dat daai flitse nie bloot n flitslig is nie? Dit is forensiese toerusting. Daardie lig wys spore van bloed en al sulke goed uit wat die blote oog (Of jy met jou kamp flitslig) nie kan sien nie. ‘n Mens kan die twee nou nie juis vergelyk nie. Dit is alles behalwe net ‘n flitslig.

Frans C ·

‘n leser pos elders op die web soos volg:For what its worth I did a bit of research into prices for forensic torches. 455nm LED Forensic Light Source Kit -US$156.85 each, Rofin Flare+ 2 Purple LED 415nm US$1898.00 each, Rofin Polilight® PL500SC (not a torch with these dimensions- Weight: Net 9.5Kg, packed 13.6Kg Size Net: 32.5cm x 35 x 15cm) US$20,800.00. I wonder exactly what SAPS bought?

Hans ·

Wonder waarom nie gewone kraanwater gebruik grbruik kan word nie.

johan II ·

Presies Hans. Hul kan die vuil water wat hul as drinkwater aan ons voorsien uit die kraan drink.

LA ·

Panda jy’s dalk reg. Geen gewone flitslig nie, maar R 300. 000,00 per flitslig…? Of is Carlia dalk verkeerd.

G ·

LA, dit was nie per flitslig nie, maar vir ‘n stel goed. Volgens kenners wat kommentaar gelewer het daaroor, kos die goed naby aan wat betaal is daarvoor.

kat ·

‘n Geelte daarvan gaan seker in iemand se persoonlike beursie is- wat anders?

Ida ·

Hoekom wys hul dan nie die korrekte faktuur vir ons land en sy mense nie?

Speedguard ·

As die sogenaamde leiers nie eens hul eie water wil drink nie moet jy weet wat drink die gemeenskap!!

Tersia ·

Hier in Hoedspruit koop ons water vir R20 per 20 liter. Sjoe daai duur water gaan hulle maagpyn gee.

Koos ·

Kyk mooi. 240 op die faktuur is die hoeveelheid. Die prys is R150….so iemand lieg

Ina ·

By Woolies kan mens 6 bottels water koop vir R40, so dit is R6.66 per 500ml. By WOOLIES. R10 per bottel water is nog steeds belaglik duur, veral as mens grootmaat koop.

Joe ·

Drink dan eerder maar bier. Lyk goedkoper en dit het ‘n dubbeldoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.