Herrie oor skenking van donkiekarre in Noordwes

Die donkiekarre wat deur die departement van gemeenskapsveiligheid en padinfrastruktuur in Mahikeng geskenk is. (Foto: Facebook / DA)

Die DA en ActionSA het Maandag in afsonderlike verklarings gesê hulle is geskok en ontsteld oor die verkryging en skenking van 20 donkiekarre in Noordwes, wat glo as vervoermiddel na onder meer skole en klinieke in die Mahikeng-omgewing moet dien.

Die skenking is deur die departement van gemeenskapsveiligheid en padinfrastruktuur in Mahikeng gedoen. Daar is ook vrae uit talle oorde oor die koste van dié donkiekarre, wat altesaam glo R780 000 gekos het, en die partye vra nou dat ʼn ondersoek na die skenking gelas word.

Die kleiner donkiekarre (2 m x 1,2 m) kos na bewering R32 000 elk, terwyl die groter donkiekarre (3 m x 1,5 m) R45 000 elk kos.

“Dit is ʼn skande dat LUR Sello Lehari kies om ʼn tender uit te reik om donkiekarre vir inwoners van die Dibono‑ en Manawana-nedersetting buite Mahikeng te koop, eerder as om paaie en infrastruktuur reg te maak wat al so lank ʼn probleem in landelike gebiede is,” het Kgosi Kwena Mangope, ActionSA se voorsitter in Noordwes, gesê.

“Dit is kommerwekkend dat die departement niks daarmee verkeerd sien dat donkiekarre gebruik word om mense na klinieke, skole en winkels te vervoer wat soms kilometers ver is nie. Mediaberigte wat Lehari aanhaal waar hy sê dat mense in dié gebiede reeds donkiekarre as vervoermiddel gebruik, is betreurenswaardig en dui daarop dat hy uit voeling met die gemeenskap se behoeftes is.”

Mangope meen ʼn mens sou dink dat die ANC die behoeftes van Noordwes se inwoners ná 28 jaar in beheer sou verstaan, en dat hulle eerder programme sou instel wat mense uit armoede ophef.

Die donkiekarre wat deur die departement van gemeenskapsveiligheid en padinfrastruktuur in Mahikeng geskenk is. (Foto: Facebook / DA)

ActionSA dring aan dat die premier, Bushy Maape, die tenderkontrak van drie jaar ongeldig verklaar, en dat wetstoepassers die tender ondersoek.

Chris Hunsinger, die DA se woordvoerder oor vervoer, het die tender en skenking as “bedrieglik” bestempel en gevra dat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) die saak bekyk.

Hy meen die sogenaamde donasie ruik na blatante korrupsie en is ʼn duidelike aanduiding van die ANC se algehele verontagsaming van die behoeftes en waardigheid van die gemeenskap.

“Die ANC-regering het versuim om oor die jare in ambulanse en behoorlike vervoerinfrastruktuur vir hierdie provinsie te belê, en nou word daar aan pasiënte gesê om donkiekarre te gebruik. Dit terwyl kabinetministers in luukse voertuie rondry,” het Hunsinger gesê.

“Die skaamtelose wyse waarop die ANC-regering sy eie tekortkominge oor die afgelope drie dekades deur dié soort truuks probeer toesmeer, is om van naar te word.”

Die DA doen ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa om op te tree en die SOE opdrag te gee om die voorval te ondersoek.

Hunsinger sê die departement moet volhoubare vervoeroplossings aan die mense van Dibono en Manawana bied.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Estelle ·

Kom ons wees realisties…. Hoeveel paaie en infrastruktuur kon met R780000 gedoen word?

Johan D ·

Nie veel nie, ek weet nie wat die bou van ʼn pad kos nie maar ek skat ʼn mens sal darem so 250 meter teerpad kan bou!

Kobus ·

Eersdaags gaan iemand ‘n huis kry wat 28 jaar gelede belowe is, iemand gaan ‘n gratis opersie kry, iemand gaan T-Hemp kry. Dis nou net gee en gee want dit is verkiesingstyd. @Estelle, jy sal verbaas wees hoeveel mens met R780,000 kan doen. Vra die boere is die Vrystaat wat onlangs ‘n pad herstel het.

Vincent ·

Daai karre lyk te swaar vir twee donkies om te trek, arme goed :-(

Ouvrou ·

Ek stem saam. Die karre lyk heeltemal te swaar vir die arme donkies.

Bite Me ·

Ag nee man sies! Die arme donkies. Hoop nie hulle probeer hulle so vinnig en so veel as moontlik soos ‘n taxi van punt A na punt B te kry nie… En hopenlik is daar iewers ‘n watergat op die pad vir hulle – seker nie!

Samuel ·

Geld kon beter aangewend word. Dit wys net weer dat hierdie mense geen verstand het nie.

Bart-Man ·

Back to the future. Gas stowe en geysers. Grond paaie, water uit die boorgat, skooltoe op n donkie kar. Ai maar dis lekker hier

Papsak ·

Hei vat daai geld en maak paaie reg kyk hoe lyk paaie maar hulle mors geld op donkiekarre hoe flippen onnooslik kan jy nou kry groot sirkus kykek weet nie

Bennie ·

Eicsh ek Luvvvvv die nuwe suid afrika laat my dink aan my jong dae op die plaas :) oertyd hier kom ons !!

Moedeloos ·

Hoeveel passasiers kan op daardie kar gelaai word? En as dit reën wat dan?

Perdeby ·

Nou ja wat kan mens sê! Ons beweeg nou terug na die donkiekar, want ons is al amper heel te mal terug by kerse. Wonder of daardie prys nou die donkies insluit?? Want hulle gaan toi toi vir nuwe donkies ook.

WitBlits ·

Hierdie is tipies die patroon van “kom ons behandel net die Simptome, en beeindig die die siekte nie”

Die Paaie is in ‘n onbegane toestand – koop donkie karre
Die Water voorsienings infrastruktuur is in ‘n vervalle toestand – Stel Water beperkings in
Die Elektrisiteits voorsienings infrastrukuur is in ‘n vervalle toestand – Stel beurtkrag in
Die Riool verwerkingseenhede aan die kus in in ‘n vervalle toestand – maak die Strande toe
Die onderwys stelsel is in chaos – Teiken die funksionerende Afrikaanse en privaat skole en druk net meer kinders daarin
Die Gesondheidsstelsel is in chaos – Stel ‘n NGI in werking sodat daar gebruik kan word van funksionerende Privaat Hospitale

En so kan ‘n mens aangaan….. Die siekte word nie getekkel en uitgewis nie, ‘n mens raak maar net gewoond aan die bietjie medisyne wat jy so nou en dan ontvang…. Tot die medisyne ook klaar raak….

Kokerboom ·

SA toon fenominale terugwaartse ekonomiese groei! Donkiekarre het skielik ‘n metamorfose ondergaan! Sal graag wil weet wat was inskrywing in begrotingsdokument(indien enige)? Bedryfskoste per kilometer?

Waarnemer ·

Ja neh!Baie geluk a en c vir hierdie duur inisiatief van julle maar regtig,kon julle nie verder dink as wat julle dik neuse lank is nie….waarom skenk jle nie vir hierdie mense elkeen n duur mercedes of n audi of n volvo en dan sommer ook n paar van julle skelm verkeersbeamptes om aan hierdie mense onwettige bestuurderslisensies te verkooo nie….ek meen maar net, die geld wat julle op die duur voertuie spandeer kan julle dan mos weer terug maak met die onwettige bestuurderslisensies wat hulle dan kooo.Dit is mos maar die nuwe tendens in ons land.Korrupsie.

Linda ·

Waar is die scooter ambulanse wat aangekoop is in die Oos Kaap tydens Covid lockdown? Plaas skenk hulle dit aan daai streek dan het hulle R780 000.00 gespaar en sommer ‘n hele klomp donkies ook.

SjN ·

Kan MM nie vir ons wys hoe lyk die toestand van die scooters nie en hoeveel is nog in gebruik, indien enige?

Miskruier ·

Haai, China het al ons donkies uitgekoop. Die velle is mos die ding!!

Hans ·

Goedkoper as korrupsie met minibusse en bakkies! Ons gaan vooruit….

PersHeks ·

Ek het besef dat logika by die kinders van die ander kerk, heeltemal ontbreek!!

Piet ·

So. Jy kan met jou eie donkiekar ry. Moet net nie dat iemand vir jou een gee nie.
Ek ry liewer donkiekar as wat ek daai afstand loop.

Lurock ·

Kan ek ook asseblief ‘n tender kry om goud beslane donkiekarre van R32 000 en R45 000 te verskaf. Hel waar was ek toe hierdie tender uitgegaan het.

Net terloops hierdie hele sage gaan ‘n stille dood sterf.

Ek sê maar net.

Sandra ·

As dit die donkie kar eienaars ‘n geldjie in die sak sal bring, dan se ek ok. Maar die karretjies lyk soos bakkie treilers. Ek wonder of hulle nie te swaar is nie. Maar dis waar, hulle moes eerder die geld gelas het om die paaie reg te maak.

Danie ·

Van BMW motors na donkiekarre nou het ek als gehoor en gesien.En die donkies word hulle ingevoer van dubai?

JohanR ·

Kan die donkie karre ook as ambulanse dien? Alhoevel as jy vinnig by ‘n hospitaal moet kom gaan dit bietjie lol.

Strandloper ·

Ai mense, hul werk met n plan! Esdom gaan krag opwek met donkie mis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.