Hof toe oor raskeuring van kontrakteurs

Argieffoto

Die sakeorganisasie Sakeliga het sy regspan opdrag gegee om ʼn aansoek na die hoogste hof van appèl voor te berei, in sy saak teen die staat en staatsondernemings soos Eskom se rasgegronde uitsluiting van kontrakteurs.

Die besluit om by die hof aansoek te doen om verlof tot appèl volg nadat sodanige verlof gister nie deur die Johannesburgse hooggeregshof toegestaan is nie. Die saak handel oor regulasies wat in 2017 kragtens die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, No 5 van 2000, ingestel is deur die departement van finansies onder die destydse minister van finansies, Pravin Gordhan. Sakeliga het geappelleer teen ’n ongunstige uitspraak wat in Desember 2018 in die gelewer is, waarin die regulasies gehandhaaf is.

Die gewraakte regulasies verleen aan staatsbeheerde ondernemings soos Eskom ’n nuwe bevoegdheid, naamlik om hulle eie diskresionêre en arbitrêre minimum swart ekonomiese bemagtigingsvereistes (SEB) te stel waaraan ’n kontrakteur moet voldoen as hy met ’n staatsbeheerde entiteit wil sake doen.

“Ironies genoeg,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, “is dit nou die geval dat minister Pravin Gordhan, wat hierdie regulasies in 2017 geïmplementeer het, as minister van openbare ondernemings weer die vrugte daarvan pluk. Ingevolge sy regulasies het staatsbeheerde entiteite die afgelope jare dikwels voornemende kontrakteurs by voorbaat gediskwalifiseer as hulle nie 51% in swart besit is nie. Met ander woorde, hulle is gediskwalifiseer selfs sonder dat hul prys- en waardeproposisie oorweeg is.”

Voor die regulasies sou staatsbeheerde entiteite bloot punte aftrek vir tenders wat nie aan sekere SEB-kriteria voldoen nie. Nou is hulle egter by magte om tenders wat nie aan arbitrêre SEB-drempels voldoen nie, vooraf te diskwalifiseer. ’n Tender is wél steeds veronderstel om toegeken te word aan die diensverskaffer met die hoogste telling, maar net soos gekies uit die geledere van diensverskaffers wat nie vooraf op grond van ras gediskwalifiseer is nie.

“Met ander woorde, maatskappye en mense wat sou kon help om Eskom of enige ander staatsorgaan regtig te laat werk en geld spaar, is die deur gewys op grond van ras,” voeg Le Roux by. “Dit is nie ’n kleinigheid nie. Deur kontrakteurs op grond van ras te diskwalifiseer, ontsê Eskom – op ’n kritieke tyd vir die ekonomie en die samelewing – elektrisiteitsverbruikers in Suid-Afrika die volle verskeidenheid kostedoeltreffende kundigheid wat op die mark beskikbaar is. Uiteindelik verloor verbruikers en belastingbetalers, want die verkeerde norm word toegepas. Tenders moet toegeken word volgens waarde vir geld vir verbruikers (en belastingbetalers), nie volgens die ras van ’n kontrakteur se aandeelhouers of die vermoë van ’n kontrakteur om spesiale behandeling te kry nie.”

Le Roux het gesê Sakeliga bly daarvan oortuig dat die regulasies strydig met die Wet self is en dat die promulgering en aanvaarding van die regulasies van 2017 ongeldig verklaar en tersyde gestel behoort te word. “Voorts beskou Sakeliga dit as onaanvaarbaar vir die staat en staatsbeheerde entiteite om absolute uitsluitings op grond van ras te stel vir maatskappye wat met hom wil sake doen. Ons sien daarna uit om ons saak in die hof te stel en die openbare belang te dien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Piet Lourens ·

Dit wys maar net die belang van die land word nie in ag geneem nie.

Piet kokewiet ·

Mar dit gan mos ooral so as jy wit is kry jy nie werk nie…

Ja Nee ·

Dit is Soos dit is,as jy blank is is jy n”second hand citizen” soek net jou belasting geld.

Cherokee ·

Ek hoop die Pravin Gordhan aanhangers, waarvan sommige in hierdie forum, hom sommer tot Staatspresident wil verklaar, lees mooi wat hier geskryf is. Lees woord vir woord en laat dit insink dat Gordhan steeds net lid is van die ANC. Telkemale is hier van sy bewonderaars wat hul ondersteuning vir hom uitspreek. Lees, lees, lees en dink.

Adam ·

Cherokee, ek is so bly jy wys die lesers daarop wie en wat Gordhan regtig is. Hy mag ‘n wonderlike mens wees, maar dit verander niks aan sy politieke en ideologiese standpunte nie. Vavi het so paar jaar terug ‘n paar geluide gemaak wat daartoe gelei het dat almal hom President wou maak en tannie Pat is net so opgehemel. Die realiteit is ongelukkig heelwat anders as wat sommige mense wil glo, waarskynlik weens hul desperaatheid vir ‘n druppel goeie nuus.

lewies ·

Die ONREG wat die regering tans as deel van hulle strategie toepas sal nie strafloos gelaat word nie, al gaan die gevolge eers oor 10 jaar duidelik word. Hulle leer geen les nie!

Stebastiaan ·

Hier is dit weereens korrupsie wat koning kraai. Jy kry die tender wat jy is familie of my pel. En ek kry ook my aandeel in die tender as jy betaal word. Lekker nê?

jaco ·

ek was in ‘n wit besigheid wat soms sake met die Staat gedoen het. Later het die bietjie sake ook weens ras opgedroog, MAAR ek was eintlik bly, want vir werk wat wel gedoen is, vat dit tot TWEE JAAR om betaal te word. en dan betaal hulle ook net wat hulle skuld SONDER die rente. Sakeliga moet mooi dink: is die dinge regtig die moeite werd om oor te kla?

AndrewL ·

En al die tyd is malema toe reg as hy so vir Gordan wil aanvat? Ek sou dit nooit kon raai nie.

Danie ·

Malema wil Gordan aanvat omdat hy in beheer wil wees en alles vir homself wil vat. Daar is geen ander rede hoekom hy dit wil doen nie. Moenie so ongelooflik naïef wees nie.

BEES ·

SARS IS DIE ENIGSTE STAATS DEPARTEMENT WAT NIE OMGEE OOR SEB OF OM JOU
IN AFRIKAANS TE HELP NIE.SO LANK JY NET BETAAL.

sweis ·

Hou aan met hierdie aksies dit gaan die regering dwing om diskriminerende wette te skrap hulle sal nie anders kan nie.

Gerrie ·

My jonger broer was een van hulle wat daardeur is en wat op die einde van die dag sy dood gekos het.

Chris ·

Is net so goed jy gee hulle ñ vel papier met geskrywe op vir hulle is dit soos glas waar hulle deur kyk.
Sien niks raak nie.

emily ·

Die land is beslis n 2de Zimbabwe
Pleks hulle kyk WIE kan die werk doen, Hoekom ly ons land, Want kyk wie is in beheer, daar word orals aanstellings gedoen deur mense wat nie die werk KAN doen nie. Nou gaan hulle aan oor ras.
Julle is RAS BEHEP.

Andrea van Vuren ·

Ek het nog altyd vir Pravin Gorhan jammer gekry onder die Zuma-regime maar my sesde sintuig waarsku my nou dat hy ons pensioenfonds gaan leegbloei om al die bankrot staatsentiteite te uit die modder te red. Wat gaan van ons word?

AnonMlunghu ·

Sê al lankal al, enige een wat daai tyd toe Pravin Minister van Finansies was, gedink het hy sal die regte besluit maak, leef in n droom wêreld, deur nie teen Zuma toeka op te staan nie en teen die ANC te praat, het hy homself hernude “deployment” verseker. “Job preservation” is al wat tel vir die kader kokkerotte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.