Honde vrek ná bye hulle takel

‘n Rusa-beampte verwyder vinnig een van die honde van die toneel om hom teen die bye te beskerm (Foto verskaf)

Twee honde is dood ná ʼn swerm bye hulle Sondagmiddag in Redcliffe, KwaZulu-Natal aangeval het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 16:00 deur ʼn buurman na die toneel ontbied. ʼn Swerm bye het albei honde onder ʼn afdak getakel.

“ʼn Rusa-beampte het albei troeteldiere van die erf verwyder. Hulle het egter honderde bysteke opgedoen en het kort daarna beswyk.”

Die 49-jarige huiseienaar en sy 20-jarige dogter is ook deur die bye gesteek toe hulle hul troeteldiere wou red. Hulle het nie mediese behandeling nodig gehad nie.

Die Rusa-beampte het ook verskeie bysteke opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Dalk kan n bye boer ons vertel hoekom die gebeur het. Ek het al vir baie lank n bye nes hier in n stomp in die tuin maar hulle doen niks aan ons of die honde nie.

KatjieDeKat ·

Ons het ook vir baie jare n byenes in ons buitenste muur gehad. So deur die jare, bitter selde, het een by n hond gesteek. Maar dit was iets ongewoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.