Hoof van SA Toerisme bedank

Themba Khumalo, uitvoerende hoof van SA Toerisme. (Foto: Skermgreep)

Themba Khumalo het as waarnemende hoof van SA Toerisme (SAT) bedank.

Soos Maroela Media verstaan, het Khumalo Vrydag sy bedankingsbrief ingedien nadat hy ’n werksaanbod in die buiteland aanvaar het.

“Minister [van toerisme] Patricia de Lille is deur die tussentydse SAT-raad oor sy bedanking ingelig en wens mnr. Khumalo alle sterkte toe met sy toekomstige planne,” het Zara Nicholson, woordvoerder van die departement van toerisme, Sondag aan Maroela Media gesê.

Khumalo het vier jaar lank as hoofbemarkingsbeampte by die SAT gedien en was vir 17 maande waarnemende uitvoerende hoof.

Die SAT se omstrede ooreenkoms met die Britse sokkerklub Tottenham Hotspur het gedurende dié tyd op die lappe gekom.

Khumalo moes die afgelope paar maande omtrent vure doodslaan oor die voorgestelde borgskap van R1 miljard.

Besonderhede oor die borgskap het vroeg vanjaar uitgelek en ’n herrie ontketen.

Khumalo het egter die voorgestelde borgskap deurgaans verdedig.

“Laat ek dit vir alle Suid-Afrikaners sê: Die geld wat in toerisme belê word, is nie dieselfde geld wat nodig is vir krag of vir die herstel van slaggate nie. Daar is ander departemente wie se werk dít is.

“Ons mandaat is om mense te oortuig om na Suid-Afrika te reis. Dit is waarby ons gaan hou. Dit is wat ons sal voortgaan om te doen,” het Khumalo oor die borgskap tydens ’n mediakonferensie in Februarie te sê gehad.

Daar is egter eindelik besluit dat die SAT nie met die beoogde borgskap van R1 miljard gaan voortgaan nie.

Min. De Lille het ná haar aanstelling as minister van toerisme egter raad van senior regslui ingewin wat daarop dui dat die borgskap onregmatig en onwettig is. Sy het aanbeveel dat onderhandelinge oor die beoogde borgskap gestaak word en die raad het ingestem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Blikkantien ·

Wonder watter land bereid is om hom ‘n werksaanbod te maak.

Theuns ·

Nog ‘n ramaposa cadre faal liederlik . Dankie tog hy is weg. Bly weg.
Nou moet ramaposa se Transnet en Eskom deployees ook bedank dan kan land begin opstaan.
Waar kry hul die mislukkings?

Koos 100 ·

Ek het nog nooit soveel bog uit een ou se mond hoor kom nie. Hoe kan ons besoekers in ons land kry??? Ja natuurlik, ons spandeer R 1 biljoen op ‘n borgskap en los al die ander probleme, soos slegte paaie, onveilige bestemmings, beurtkrag, moorde op toeriste en verval van infrastruktuuur in ander se hande!!

domheks ·

Genoeg gebaljaar op belastingbetalers geld. Nou is die kraantjie toegedraai. Dink aan SA 30 jaar terug, dan kan julle toerisme bevorder. Nou is dit beurtkrag, moord, roof, verkragtings, bedrog, korrusie so kan ek vir die dag aanhou opnoem.

Roek ·

Re – deploy! As iemand hom ‘n werk aangebied het eet ek my hoed !

Niklaas ·

“Losing face” is een reuse vernedering in Afrika . En dis verskriklik om te vermoed dat almal lag agter jou rug vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.