‘Hou Ramakgopa fyn dop’ – Sakeliga

Kgosientso (Sputla) Ramokgopa tydens sy termyn as Tshwane-burgemeester. (Foto: Verskaf)

Die nuutaangestelde minister in die presidensie vir elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, se aktiwiteite behoort met groot omsigtigheid dopgehou te word. Veral in die lig van ʼn reusetenderskandaal waarby hy betrokke was in sy tyd as burgemeester van die Tshwane-munisipaliteit, wat belastingbetalers miljarde gekos het.

Só sê die organisasie Sakeliga wat tussen 2014 en 2017 uitgerekte hofsake gevoer het teen die Tshwane-munisipaliteit onder Ramokgopa se burgemeesterskap. Ramokgopa het sy amp as burgemeester verlaat te midde van R2 miljard se bykomende skuldlas op die munisipaliteit weens ʼn onwettige ooreenkoms vir die installasie en onderhoud van elektrisiteitsmeters waarop hy afgeteken het. Dit boonop ná verskeie waarskuwings van sy politieke base en opposisiepartye dat die ooreenkoms geen voordeel vir die stad sou inhou nie.

Luidens hofstukke het die stadsraad, onder leiding van Ramokgopa, ʼn kontrak met PEU Capital aangegaan vir die installasie van “slim” elektrisiteitsmeters. Sakeliga en andere het in hofstukke uitgewys dat Tshwane kon kies om hul eie slim elektrisiteitsmeters teen sowat R11 miljoen per jaar te bedryf, maar volhard het om 70 keer die bedrag aan ʼn kontrakteur te betaal. Die ooreenkoms met PEU het behels dat Tshwane 19,5 sent in die rand aan PEU as kommissie moes oorbetaal vir elke rand elektrisiteit verkoop. Die destydse minister van finansies, Pravin Gordhan, het gewaarsku dat Tshwane elektrisiteit teen ʼn verlies sou verkoop, aangesien die kommissie betaalbaar aan PEU meer sou wees as die winsgrens waarteen Tshwane ʼn eenheid elektrisiteit mog verkoop. Boonop het Tshwane elektrisiteit wat in grootmaat by Eskom gekoop is, ook deur die PEU-stelsel gekanaliseer en sodoende twee keer vir sy eie elektrisiteit betaal. Ramokgopa het hom ook nie gesteur aan sy eie finansiële hoof se advies dat die projek nog nooit die verwagte voordele ingehou het nie en ook nooit sou nie.

“Weens die litigasie en ander druk is Tshwane later genoop om die kontrak met PEU te kanselleer en die infrastruktuur by PEU oor te koop. Die stadsbestuur kon ʼn kansellasiereëling met PEU beding wat tot ʼn terugbetaling vir die stad sou lei, maar ná Ramokgopa se oorweging van die reëling het ʼn nuwe reëling agter toe deure tot stand gekom, waarkragtens die stad eerder kansellasiebedrae aan PEU sou moes betaal,” verduidelik Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. “Weer het Sakeliga en ander partye ingegryp en met sukses ʼn dringende interdik bekom om die nadelige kansellasieooreenkoms te stop, en sodoende die oorbetaling van R950 miljoen aan PEU te staak. Teen die tyd wat die hofbevel bekom is, is groot skade egter reeds aangerig, omdat die stad vir etlike jare nagenoeg R630 miljoen per jaar aan PEU oorbetaal het vir ‘dienste gelewer’.”

Die hooggeregshof in Pretoria het uiteindelik in 2017 in die applikante se guns bevind dat die ooreenkoms tussen Tshwane en PEU in geheel onwettig en ongrondwetlik was, en dat ʼn bedrag van R950 miljoen in ʼn trustrekening aan die munisipaliteit oorbetaal moes word, en nie aan PEU nie. “Tshwane worstel tot vandag egter steeds met die gevolge van die onwettige PEU-kontrak wat onder Ramokgopa se leiding en op sy aandrang aangegaan is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Vrystaat2109 ·

Mense julle verstaan nie!!!! Dit is die kwalifikasies wat nodig is vir sodanige ministerspos.
Ons is mos ‘n korrupsie land.

Shakespeare ·

Ou nuus. Die hele spul gemors is gebore met ‘n Meestersgraad in Korrupsie en onbevoegdheid.

Chris dupreez ·

Korrupte klomp skelms, almal van hulle, asook die wat vir hulle stem.

Johann ·

Presies wat sy Prez vandag gesê het oor kaders. Hulle word aangestel agv hulle suksesse.

KB ·

Sputla het nie sukses gehad in die “leesklas” nie…sy doktorsgraad ten spyt.

Waarnemer ·

Niks nuuts nie….van bo tot onder is die hele spul a en c korrup.Tyd dat ons n heel nuwe regerende party kry maar 2024 word daar weer gratis groen en geel t hempies en kospakkies uitgedeel….want hoekom…..DIE DA en die FV is vas aan die slaap tot n masnd voor die verkiesing……

Cornrit ·

Wat meer kan jy verwag van n korrupte regering. Hulle kan mos nou nie onbevlekte persoon aanstel nie.

Rebecca ·

Rhamaposa is openly advertising his hand in corruption by putting a person with millions of corruption behind his name, into another position where electricity is concerned. And this time with a promotion to “Minister”, where he will have access to even more millions than he did in Tshwane. Its like a new disease that spreads faster than Ebola, through the ANC’s veins!! Rename ANC to All New Corruption please. PEU is now probably short for “Phala Everlasting Uplifting” fund The government is sicker than ever. I hope they find a cure quick, and starting at the root of the disease.

Snowball ·

Met die hand uitgesoek vir die voortgesette gevreet by Eskom.

Papsak ·

Ja hou hierdie burgermeester dop wat kan hy miskien reg kry wat Mnr De Rhyter nie kon nie kom wys my toe hulle almal korrupt die een soos die ander hoekom sit ons nog met loadshedding mm as hy n boffen is hy kom ook net sy sakke verder vol maak

Jacobus ·

Hy is aangestel om Eskom finaal te sink. Hy gaan die gate van korrupsie wat Andre de Ruyter toegestop het weer oopgooi vir die kaders om vir oulaas hulle saakke vol te maak voor hy die land in duisternis dompel.

annie ·

… wees maar rustig… dié tzar moet nog eers al die kragstasies en opwekkingseenhede besoek en ondersoek voordat hy kan begin. Dit kan etlike eeue neem, so moenie wakker lê snags in die donker nie, want bedags moet jul ook in die donker jul werk gaan verrig. Ons wag ook vir die volgende opwinding, nl die genie wat De Ruyter vervang. Dié kombinasie behoort ons deur te sien tot verby die volgende vlaag runderpes.

Phillip ·

Hy wil ook proe hoe proe dit om uit Eskom trog ook te eet

Charl ·

Moet altwee die ramas (kgopa & phosa) maar fyn dophou, al dra die spreekwoordelike aap ‘n goue ring bly hy tog nog ‘n skelm ding.

Amelia ·

Mense hier gaan ons pensioen fonds wat “maandeliks aan jou betaal sal word maar dit is net rente wat aan jou betaal sal word ” almal moet mos eet behalwe die een wie se geld dit werklik is Die het mooi geleer by anc en anc by russe

Republikein in die Wes Kaap ·

…en die Russe by die Chinese, en die Chinese by die Amerikaners en die Amerikaners by die Britte en die Britte by…
Almal is skelm.

LANA is ELANè ·

Die man voldoen aan al die voorvereistes van dit wat die ANC regime van hulle presidensieële kandidate as ministers vereis, korrup tot in hul kern, sorg net dat jy nie uitgevang word nie, is die enigste voorvereiste. Sakeliga het dit reg, HOU HOM MET Ñ VALKOOG DOP, want hy is met ñ baie spesifieke doel in die posisie geplaas. ESKOM MOET VAL, sodat Patrice Motsepe dit kan kom red danksy ANC tipe privatisering, wat van die Ramaphosa familie baie ryk en vername manne in SA gaan maak.

Adri ·

Hulle speel almal vir dieselfde span: die bal word maar net van die een na die ander aangegee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.