2 polisielede geskiet; 1 noodlottig gewond

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Dinsdag ʼn soektog na ʼn vermeende polisie-moordenaar van stapel gestuur nadat twee misdaadintelligensie-offisiere Maandag geskiet is. Een van die polisielede is noodlottig gewond.

In ʼn verklaring sê genl. Khehla Sitole, die nasionale polisiekommisaris, dat die twee offisiere op die spoor was van ʼn gesoekte moordverdagte in die Nsuze-omgewing in KwaZulu-Natal. Die soektog het gistermiddag teen 17:00 in ʼn skietery geëindig waartydens die polisielede, ʼn kaptein en adjudant-offisier, vermoedelik deur die verdagte geskiet is.

Albei polisielede is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas. Die adjudant-offisier is in die hospitaal dood verklaar. Die kaptein is in die hospitaal opgeneem en is in ʼn bestendige toestand.

Sitole het beveel dat die verdagte(s) so gou moontlik opgespoor en in hegtenis geneem moet word. “Ek het beveel dat die 72-uur aktiveringsplan van stapel gestuur word, wat uiteensit hoe die mobilisering van kritiese hulpbronne soos die Valke, forensiese deskundiges, misdaadintelligensie en SAPD-speurders uitgevoer moet word. Ons moet verseker dat geen bewyse, wat kan lei tot ʼn inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die verdagte(s), verlore gaan nie.”

Die polisie ondersoek tans twee sake, een vir poging tot moord en een vir moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michael P ·

Kaptein of AO!!!! hierdie mense is nie reg opgelei nie hulle weet nie hoe om misdadegers te hanteer nie.En die ergste van alles is die misdadegers weet dit

LV ·

Ek gaan nou nie my asem vir Sitole se 72uur ophou nie,hoeveel sukses is al met hierdie sg strategie behaal?

Gert van Wierdapark ·

Die skieter/moordenaar gaan seker maar net vir 72 your laag le, want dan is sy “vangtyd”mos verby. Hy lag ook seker in sy mou vir die opdrag on hom te vang!!

Dries Bý ·

Fools rush in where angels do not dare so hanteer hulle party sake ,al gesien,baie laid back benadering ,hy moet skrik vir my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.