Ingenieur vas wat glo R80 000 vir goedkeuring van toegangspad vra

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

’n Ingenieur verbonde aan die Gautengse departement van vervoer is vandeesweek op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem nadat hy ’n allemintige R80 000 in ruil vir die goedkeuring van ’n toegangspad na ’n plaas gevra het.

Kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê ’n sakeman het die ingenieur genader nadat hy ’n plaas langs die N14 in die omgewing van Tarlton buite Krugersdorp gekoop het. Die sakeman wou ’n toegangspad na die plaas maak.

Die ingenieur het die eiendom geïnspekteer en die klaer na bewering ingelig dat hy sy aansoek sal goedkeur op voorwaarde dat hy hom R80 000 betaal.

Die saak is by die Valke aangemeld en die verdagte (41) is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy R40 000 ontvang het.

Die verdagte sou na verwagting Woensdag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn, sê Nkwalase.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Maritza ·

Wonder hoe mense dink dat R80 000 sy vryheid en naam die moeite werd is

Stofdonkie ·

Die ouens het gewoonlik al reeds nie ‘n naam nie. Hy is heel waarskynlik ook nie regtig ‘n ingenieur nie, maar sit net in ‘n ingenieur se pos.

JohanR ·

Ek kyk baie maal na iemand in ‘n lekker lukse motor en wonder hoe die persoon dit kan bekostig. Defnitief ‘n motor van R900000 – R1200000. Ja ‘n onwettige tender is net te lekker!

Ronél ·

Sal hy ooit in die tronk sit………….gewoonte-oortreder………….hy is die keer seker uitgevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.