Jackie Selebi oorlede

Jackie-Selebi-2Jackie Selebi, voormalige polisiekommissaris, is Vrydagoggend in die ouderdom van 64 oorlede.

“Die departement van korrektiewe dienste het dit aan ons bevestig,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, gesê.

Eyewitness News berig dat Schabir Shaik, Selebi se vriend, ook vanoggend die nuus meegedeel is. “Ek verneem hy was die afgelope twee en ʼn half weke in ʼn geïnduseerde koma . Ek verneem hy is êrens tussen laat gisteraand en vroeg vanoggend oorlede,” het Shaik gesê.

“Hy was ʼn goeie man. Ek het goeie herinneringe van toe ek saam met hom by Shell House gewerk het in die vroeë 90’s. Ek onthou hom as ʼn goeie comrade.”

Selebi is in 2010 skuldig bevind aan korrupsie en is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het in Desember 2011 by sy huis inmekaargesak nadat sy finale appèl misluk het.

Selebi is in 2012 op mediese parool vrygelaat nadat hy volgens berigte met nierversaking, hoë bloeddruk en diabetes gediagnoseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willie ·

Net die staatsbegrafnis nog betaal dan is ons, die belastingbetalers einde en ten laaste verlos van hierdie skelm en bedrieër.

PJ ·

Ja, dankie tog!!!!….daar is nog ‘n paar wat ek aan dink…

orgaanskenker ·

Mr Selebi was very lucky to recceive dialisis! According to our ignorant minister of health there is no budget to treat patients with kidney failure as he blames poor healthstyle choices for persons with kidney failure. I am sure then he will also consider hiv/aids and lungcancer and ovarium cancer in that same category. Then he calls himself a doctor!

Verskoon die engels maar ek glo nie ons agbare min van gesondheid verstaan afrikaans

Johan ·

daar is darem nog goeie nuus ook. Hoef hom nie meer te betaal nie, met dienste

Drieks ·

En die ANC huil vandag, en hul ondersteuners moet hoor hoe hul Selebi ophemel.
ANC se skuld wat in Soweto gebeur het.. EER die skelms… ANC beleid…

scalla ·

Terminaal siek, medies gesproke leeftyd van 12 maande en minder. 2012 reeds op parool, shaik speel gholf, wat van oom clive, korrup.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.