Jhb se Phalatse dalk gou weer uitgeskop

(Argieffoto: Tebogo Iosaba/Unsplash)

Die DA se Mpho Phalatse is ná ʼn hofbevel weer aan stuur van sake by die Johannesburgse metroraad, maar die ANC waarsku dat die oorwinning van korte duur kan wees.

Die Johannesburgse hooggeregshof het Dinsdag beslis die gebeure wat aanleiding gegee het tot haar verwydering uit die amp is onregmatig en ongrondwetlik en word ter syde gestel.

Phalatse het Woensdag gesê daar is reeds begin om vas te stel watter besluite in dié tyd – toe die raad onwettig saamgestel is – geneem is en wat die uitwerking daarvan op dienslewering is. Volgens Phalatse het die burgemeesterskomitee in hierdie tydperk nooit vergader nie.

Sy het ná die hofuitspraak met die kantoor van die stadsbestuurder hieroor vergader.

Phalatse het Dinsdagaand ook aanlyn met die burgemeesterskomitee vergader en sommige van die kwessies wat bespreek is, sluit in die status van ondersoeke na beweerde korrupsie wat Donderdag aan die raad vir oorweging voorgelê moet word en die vul van vakante poste (waaronder dié van stadsbestuurder) op senior bestuursvlak.

“Hulle is sleutelamptenare in die administrasie en bestuur van die stad en sy diensleweringseise,” sê Phalatse.

Die burgemeester sal oor die volgende paar dae ook ander belangrike kwessies, soos die krag- en waterkrisis wat Johannesburg steeds teister, begin pak.

“Hoewel ons regstryd vir Johannesburg gewen is, is daar steeds politieke oorwegings wat my aandag vereis sodat die stad gestabiliseer kan word. Ek gaan voort met gesprekke met politieke leiers om ʼn deursigtige en georganiseerde ooreenkoms te vind wat die korruptes uithou. Hierdie werk sal nie ten koste van die stad se kernmandaat – die lewering van basiese dienste van gehalte – wees nie,” het Phalatse onderneem.

Sy sê die veelparty-koalisieregering is terug aan die werk om die stad te herbou.

Die ANC het egter reeds aangedui dat Phalatse nie té gemaklik in die burgemeesterstoel moet raak nie.

Sasabona Manganye, die ANC se streeksekretaris vir Johannesburg, het aan News24 gesê Phalatse het die saak op ʼn tegniese punt gewen en nie omdat sy die steun het om haar amp te behou nie.

Volgens Manganye ondersteun die ANC enige besluit wat Colleen Makhubele, die speaker, sal neem oor of daar teen die uitspraak geappelleer gaan word.

Die DA se oorwinning word as tydelik bestempel en hoewel daar nie in hierdie stadium ʼn aanduiding is dat Makhubele teen die besluit gaan appelleer nie, is daar luidens berigte reeds planne om Phalatse met ʼn nuwe mosie uit die kussings te probeer lig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Suzette ·

Ek wens hulle wil net begin om saam te staan sodat daar GEBOU en VERBETER kan word. Nou baklei elke hoender net om sy eie mishoop te behou….

WILLEM ·

Raadslede moet stop om eie gewin te soek en eerder begin om die Stad te bestuur.
Dis waarvoor belastings betaal word. !!!

Leon ·

Dit raak nou regtig vervelig. Inwoners se belange word opsy gesit terwyl 2 honde baklei oor n been. Duisende rande word gemors op regsverteenwoordigers wat beter aangewend kon word

Vonkprop ·

Ag hierdie raak nou regtig kinderagtig. Wens tog net almal wil groot word. Partykeer dink ek ons sal dalk beter af wees sonder al hierdie politieke partye en dat ons self na ons kan omsien. Ons maak in elk geval alles self reg en kriminele kan nog deur ‘n hof verhoor word maar die res kan ons self doen dankie. Al die partye vanaf die ANC tot die kleinste party is ‘n klomp kinders. En die landsburgers ly daaronder.

Mariana ·

Dit wys nou weer dat die ANC daarop uit is om oral te wil regeer en enigiets sal doen om enige dienslewering en ander werksaamhede in die wiele te ry. Hulle is nie in staat om in enige dorp of stad dienste van enige aard te lewer nie, maar is so vraatsig dat hulle ook nie ander wil toelaat om dit te doen nie. Oral waar hulle nou al oorgeneem het is algehele chaos en niks word gedoen. Plaas hulle net bietjie terugstaan en toelaat dat daar gewerk word aan probleme. Pateties.

Di ·

ANC KAders is vaberade om by die geld koffers uit te kom. Geld is klaar in die land nou sal hulle enige poging aanwend om iewers weer hulle sakke vol te maak

Gertjie ·

Die ANC soek net mag want dit is hulle(ANC) se tyd . Die ANC het nie die Wil of die Kennis om die Munisipaliteite te maak werk nie. Baie hartseer……. ten koste van die mense wat die swaarste trek.

JohanR ·

Mens sou darem dink dat politici het soe klein bietjie breins. In stede van die dag tot dag dans hou ‘n verkiesing. Laat die mense stem en besluit wie hulle wil he. Nou is dit al weer soos “floor crossing” tyd. Eendag is jy ‘n DA, dan loop jy oor die vloer dan is jy skielik ‘n ANC. My gooiste waar is die breins met politici!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.