Jhb-snelweg steeds gesluit ná ongeluk

Foto van die ongelukstoneel op die M1 (10 Desember 2015) Foto: Netcare 911

Foto van die ongelukstoneel op die M1 (10 Desember 2015) Foto: Netcare 911

Die M1 in Johannesburg bly gesluit na ʼn groot ongeluk in die omgewing naby die Glenhove-afrit Donderdagmiddag.

“ʼn Vragmotor het na bewering in ʼn suidelike rigting gery toe hy oor die middelmannetjie gery en in die aankomende verkeer se bane beland het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Die vragmotor het ʼn bakkie en ʼn taxi getref.

“Een persoon in die taxi het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Botha bygevoeg. “Drie ander persone is beseer en na verskeie hospitale geneem.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en die owerhede stel ondersoek in.

Motoriste word gemaan om alternatiewe roetes te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

VJG ·

Ek ry daagliks hierdie pad. Die spoed limiet is 100km/p/uur. Ek hou by die spoed grens en daar is daagliks swaar vragmotors wat my in die vinnige baan verbysteek. Maklik teen 120km/p/uur of meer. Vragmotor bestuurders van wat ek sien daagliks, spesifiek op die M1, hou baie selde by die vasgestelde spoed van 100km/p/uur

SNEL ·

Goeiste, maar dit lyk vreeslik op daai pad. Elkeen ry en maak nes hulle wil en dis juis n besige tyd van die jaar. Geen mens weet vir wat hulle so jaag nie en reëls lyk my is net soos versierings langs die pad, want niemand hou daarby nie, maar nou ja, hoekom kyk na reëls as daar nie streng opgetree word nie en in dieselfde asem wonder ek hoeveel van die wat wel n boete kry se informasie is reg; hoeveel van daai boetes is nie wind af nie, omdat hulle die akker net nooit weer opgespoor kry vir die dagvaardiging nie.

Wim Smit ·

Die owerhede moet die blaam dra vir insidente soos hierdie. As polisiering toegepas word sal bestuurders nie so roekeloos bestuur nie.

VJG noem dat swaar vragmotors nie by die spoedgrens van 100km/u hou nie, maar dit oorskrei deur teen 120km/u te ry.

Volgens die Nasionale Padverkeerordonansie is ‘n goedere voertuig met ‘n bruto voertuigmassa onderhewig aan ‘n 80km/u spoedbeperking en as sodanige beperkings ordelik gepolisieer word sal soortgelyke insidente drasties afneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.