Jiba, Mrwebi moet nou sê oor heraanstelling

Adv. Nomgcobo Jiba.. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi sal 10 werksdae gegee word om die parlement te oortuig hoekom hulle in hul poste heraangestel moet word.

Die parlement se portefeuljekomitee oor justisie en die gekose komitee oor veiligheid en justisie het Vrydag ʼn gesamentlike sitting gehou waartydens die besluit geneem is.

Die voorsitters van die twee komitees het gesê LP’s het ʼn inligtingsessie ontvang van die parlement se regsdienste waarna hulle besluit het om Jiba, voormalige vervolgingshoof, en haar kollega Mrwebi ʼn kans te gee om vertoë te rig.

“Die twee komitees het ingestem dat die advokate 10 werksdae sal kry om skriftelike vertoë aan die nasionale vergadering en nasionale raad van provinsies te lewer.

“Verder sal die komitees afsonderlik oor die aangeleentheid beraadslaag. Die komitees sal in Augustus vergader.”

Adv. Lawrence Mrwebi, (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Maroela Media het vroeër berig ʼn kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van oudregter Yvonne Mokgoro het in April bevind dat Jiba, adjunkdirekteur van nasionale vervolging, en Mrwebi, spesiale direkteur van openbare vervolgings, albei deur Ramaphosa uit hul poste ontslaan moes word. Hulle is daarna die trekpas gegee.

Volgens wetgewing moes die parlement oorweeg of Jiba en Mrwebi heraangestel behoort te word.

Die konstitusionele hof het verlede maand ʼn aansoek deur die balieraad van Suid-Afrika om Jiba en Mrwebi van die rol te skrap van die hand gewys.

Die balieraad was aanvanklik suksesvol in sy aansoek daarvoor in die hooggeregshof in Pretoria, maar het die saak verloor toe die afgedankte advokate die kwessie na die appèlhof geneem het.

In Julie verlede jaar het drie appèlhofregters bevind die hof het uitermate streng opgetree teen Mrwebi en Jiba in sy besluit om hulle van die rol van advokate te laat skrap.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

BMW ·

Dit sal n wonderwerk wees as hulle nie weer aan gestel word nie.

Willehond ·

Kommissie op kommissie! Komitee op komitee! Wat help dit als? Net mooi niks! Send in the clowns!

Johanna ·

Lees ek reg?
Heraanstelling?

Is hulle nie ongeskik, onbekwaam, ens bevind nie?

En “afgedank” nie?

Grobler Steyn ·

Dit is laster om n swart vrou se bekwaamheid te betwyfel hulle is onfeilbaar agv die historiese ongelykhede

Kobus ·

Hier gaan ons weer. Binnekort terug en Sommer in die Parlement ook

Snuffels ·

Dit lyk soos een persoon wat met daai face app gespeel het

Dries du Toit ·

En DAN. dan dit ons weer met hulle. Ai tog SA is n gekke paradys. Maak sommer vir Zuma weer President ook

Spike ·

Hulle is skelm bevind. Wat se 2de kans, maar afrika wette werk so.

Karolis ·

Absoluut verstommend dat die howe 100% van mekaar kan verskil.

Johanna Botha ·

Hoe werk dit ! ? ! Gaan zuma ook terugkom dan ? Die land is en bly maar n joke !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.