Kaapstad-man in hegtenis wat fietsryers omry

Skermgreep uit die video (Video: @MariusBroodryk/Twitter)

ʼn 27-jarige man sal Woensdag in die Simonstad-landdroshof verskyn op aanklag van roekelose of nalatige bestuur.

Lt.kol. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, sê dit volg ná ʼn 26-jarige man Donderdag in Mainweg in Glencairn beseer is.

“Volgens inligting het die bestuurder van ʼn Volkswagen Polo die slagoffer getref en weggery. Die slagoffer is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.”

ʼn Video wat op sosiale media gedeel is, wys hoe die twee fietsryers agter mekaar ry voor ʼn wit voertuig aangejaag kom en hulle omstamp.

*Waarskuwing: Die beeldmateriaal kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.