Een persoon is dood en drie ernstig beseer nadat ʼn motor Vrydagaand omstreeks 22:30 op die snelweg in Gauteng, waar die N1 en N3 verdeel, gerol het.
“Die pad was besaai met wrakstukke van die motor toe paramedici en die brandweer by die toneel opgedaag het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die motor het op sy kant tot stilstand gekom.”
Botha het gesê drie persone wat ernstig beseer is, is op die toneel behandel voor hulle na verskeie hospitale geneem is vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.
Die motor ‘Moet seker nog rol. ‘ aangesien dit nog nie Saterdagnag is nie.
Dagsê Krewzer
Dankie dat jy ons op die fout gewys het, die berig is gewysig.
Dit moet natuurlik Vrydagaand wees.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
ALLES VERINNEWEER.
Kan net raai ?
Dit sal goed wees om van ongelukke terugvoering te kry oor waarom so-iets gebeur.
Na die verdeling of weg van die verdeling af? Heelwaarskynlik van rigting verander teen ‘n hoë spoed en toe ‘n kompleet ànder rigting gevolg.
As ek my dit kan voorstel is dit seker die ou wat in die een advertensie op DSTV so n lyf het dat hy soos n hond tjank wat die motor bestuur het. Hy lag seker nog steeds soos in die advertensie he-he-he.
Ek kan raai wat gebeur het,spoed,spoed,spoed.