Klagte teen Zindzi Mandela by Menseregtekommissie ingedien

Zindzi Mandela (Foto: Twitter)

Die burgerregtegroep AfriForum het ʼn klagte van haatspraak teen Zindzi Mandela, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien.

Mandela was verlede maand in die pekel nadat sy haar op Twitter uitgelaat het oor grondhervorming en onder meer na wit mense verwys het as lafaards en “stelende verkragter-afstammelinge” van Jan van Riebeeck.

Die twiets het ʼn herrie op sosiale media veroorsaak.

Die minister van buitelandse sake, Naledi Pandor, het Mandela ná die twiets op die vingers getik en aan haar gesê dat sy haar altyd as diplomaat moet gedra.

Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir internasionale skakeling, het gesê Pandor is ná die voorval gevra om die ambassadeur terug te roep en af te dank. Die departement het in ʼn ondersoek ook vasgestel dat Mandela wél vir die twiets verantwoordelik was.

Bailey het gesê dit blyk nou dat Mandela se dienstermyn voorlopig tot Desember 2019 verleng is en dat die departement geen verdere stappe teen haar gaan doen nie.

alana-bailey-afriforum-featured

Alana Bailey, AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof van internasionale skakeling. )Foto: Reint Dykema)

Bailey het gesê in die lig hiervan het AfriForum besluit om met ’n klagte by die MRK voort te gaan.

“Haar verweer – dat sy geregtig is op haar persoonlike opinie – toon ʼn algehele gebrek aan insig in haar verantwoordelikheid in haar pos om die beeld van Suid-Afrika te bevorder en alle Suid-Afrikaners sonder vooroordeel te dien. Dit strook ook glad nie met die Suid-Afrikaanse Grondwet wat onomwonde verklaar dat die land aan almal behoort nie.

“Sy moet vir haar optrede verantwoordbaar gehou word en AfriForum versoek die MRK om in hierdie verband ondersoek in te stel en op te tree,” het Bailey gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Chris Ws ·

Gee haar GAS AfriForum!Julle is die enigste organisasie in die land wat IETS doen omtrent haar rassisme.

Gerhard ·

Niks gaan gebeur nie. Net nog n ondersoek tot alles doodloop.

Johan ·

Dis waar. Sy kan dalk n verhoging en bevordering verwag, maar dis dit.

TJK ·

Niks sal hiervan kom nie – sy is duidelik een van ‘CR’ se pionne!

Pieter ·

As sy blank was was daar nou weer n helse storie die land van ons is n grap

fred ·

Penny en Vicky is seker ook geregtig op hulle persoonlike mening…?????of nie…..

Hans ·

Afriforum trots op julle. N kriminele klag word teen Steve gelê,maar Me Mandela word net liggies oor die vingers getik en beloon deur die Anc!!! Dubelle standaarde.

Johann cb ·

Ek kan nie verstaan hoekom die vrou nie lankal herroep is nie! Dit help nie om haar telefonies “oor die vingers te tik” nie!

Ruiklont ·

Dankie aan Afriforum wat bereid is om op te staan vir reg en geregtigheid

Vintcent ·

Tragies dat net Afriforum nog iets probeer doen, al is dit om die eensydige MRK te nader. Die amptelike opposisie doen WEER niks nie.

Al ·

Mooi so Afriforum! Jul het ruggraat! Dankie dat jul saak gemaak het. Dat die ANC nie besef dat sy ñ internasionale skande gepleeg het nie, ja… wat kan mens verwag van hul?

Gert van Wierdapark ·

Vat haar flaffie – sy MOET n les geleer word en behoort ook nie verder as ‘n diplo-maat geklassifiseer behoort te word nie. Herroep haar ook na Ntuli-huis en steek haar in die werk!

Paul ·

Wat van ‘n saak van crimen injuria?
Volgens die SAP se webwerf se ‘Common Law Offences- Definitions’ is die definisie van Crimen Injuria as volg: ‘Crimen Injuria consist of unlawfully and intenstionally impairing the dignity or privacy of another person.’
Dit is duidelik dat sy met volle intensie die waardigheid van witmense aangetas het.

joanne ·

Ek as Burger is so Naar vir die Rassme in Suidafrika. Die Nie blankes mag net se vir ons Blankes wat hul wil en lyk my as jy n hoe Kop is kom jy nog minder oor. Dis die Nie Blankes wat Rassisme aanstook en n opstanding maak teen Blankes. Dis tyd dat hul ook Beboet word om net te se en doen soos hul wil. Shame hul kry hul self jammer…

JV ·

Afriforum moet n klag by die polisie gaan lê soos wat met Steve gedoen is. MRK is n sirkus, hulle doen net niks

Judy ·

Miskien moet alle witmans n klag teen haar gaan maak. Sy het almal verkragters genoem en moet dit kan bewys.

Andre ·

Baie dankie Afriforum. Wat geld vir een, geld vir almal. Hoop hul dryf die saak tot daar resultate is.

Magda ·

Hi Judy, JA ek stem saam met jou – Kan so iets gereel word dat almal wat WIT is n klag teen haar le – AfriForum kan jy help. Kan ons ons name dalk deur stuur of iewers n memorandum teken dat ons almal klagtes le.

Kraai ·

Gee haar gas. Mandela het n wit vrou gehad wat sy handlanger was en hom orals vergesel het.

Leon ·

Ek weet nie waaroor julle kla nie. Naledi Pandor mag haar nie terugroep of afdank nie want sy voer die ANC se beleid wonderlik uit. Sy is eintlik ‘n toonbeeld van die ANC se beleid. Hoe wil julle nou hulle ster so aanvat. Die ANC, EFF en BLF moet juis trots wees op haar waar sy in die buiteland vir die mense wys hoe wonderlik die ANC is.
Die buiteland is in elke geval so ingekruip by die ANC dat hulle voete nie eers meer uitsteek nie, so hulle dink die ANC is die beste ding sedert gesnyde brood. Hoekom dink julle het die buiteland nognie iets daaroor gesê nie.
Nee, Zinzi Mandela gaan nog ‘n bevordering kry. Hou hierdie kol dop.

Pieter ·

VF + Hoekom so stil oor die aangeleentheid. Kla haar aan. Steve Hofmeyer se 2014 twiet veroorsaak dat hy oral verdan en veroordeel word. Tot die ANC `ers het `n klag teen hom gemaak. Ek hoop so daar kom nog mense na vore met klagtes teen haar. Sy is soos vele ander `n verleentheid vir die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.