Klank: Verdagtes in toerbedrog-saak in hof

Renette Wright (47) en Salome Klopper (54) tydens hul eerste hofverskeining, Foto: GrootFM

Renette Wright (47) en Salome Klopper (54) tydens hul eerste hofverskeining, Foto: GrootFM

Die vrou en sekretaresse van die sogenaamde treintoer-skurk Hendrik Wright, doen vandag aansoek om borgtog in die Pretoria-Noord-landdroshof.

Luidens die klagstaat staar Renette Wright en Salome Klopper klagtes van bedrog en moord in die gesig, berig GROOTfm.

Hendrik Wright is steeds in die hospitaal, nadat hy vir polisiespeurder Ben Strydom van die Sinoville-polisiestasie twee weke gelede tydens sy arrestasie doodgeskiet het, en toe homself geskiet het.

Mia Slabbert, GROOTfm se verslaggewer, is by die hof:

Die klankinsetsel is deur GROOTfm 90.5 vervaardig. Luister gerus na GROOTfm by 90.5fm. Die radiostasie bedien die groter Pretoria metropool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae