Klerksdorp se munisipale bestuurder in hof vir ‘ongerymdhede’

Tsietsi Roger Solomon Khumise (48). (Foto: Matlosana-munisipaliteit)

Klerksdorp se munisipale bestuurder het Vrydag in die landdroshof in die stad verskyn vir ongerymdhede wat verband hou met ʼn tender van miljoene rande.

Tsietsi Roger Solomon Nkhumise (48) word aangekla van die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, het kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

Nkhumise het glo afgewyk van amptelike tenderprosesse toe die munisipaliteit ʼn diensverskaffer aangestel het om paraffien aan arm gemeenskappe te verskaf. Die tender is meer as R8 miljoen werd.

Nkhumise het glo doelbewus, of weens growwe nalatigheid, versuim om stappe te doen om te verseker dat die Motlansana-munisipaliteit se verkrygingsprosedures gevolg word op ʼn manier wat regverdig, billik, deursigtig, mededingend en kostedoeltreffend is.

“Hy het glo voorts versuim om stappe te doen om verdere onreëlmatige en nuttelose verkwisting te voorkom,” het Rikhotso gesê.

Die saak teen Nkhumise is tot volgende maand uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SomeOne ·

ek hoop is in aanhouding en bly in aanhouding tot volgende hof verskyning, niks minder as reg

Dubbelloop ·

Dit is darem maar net vreeslik hoe hirdie dêm goed gebeur en dit hou net nie op nie. Die land is in sy “nuts” in a.g.v bedrog deur hierdie klomp vreksels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.