Klopjag by mikrolener wat ID’s, Sassa-kaarte vat

(Foto: ANA)

Die Valke het vandeesweek toegeslaan op ’n mikrolener in Elim buite Makhado wat glo sonder behoorlike registrasie geld aan kliënte uitleen en dan hul persoonlike dokumente, soos Sassa-kaarte en ID’s, vat om terugbetaling te waarborg.

Die klopjag het gevolg nadat die Valke verskeie klagtes ontvang het dat ʼn “ongeregistreerde mikrolener” in Elim bedrywig is. ʼn Lasbrief is verkry en die perseel is gevolglik deursoek.

Lt.kol. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, sê daar is by nadere ondersoek vasgestel dat die onderneming nie gemagtig is om ʼn finansiële diens te lewer nie.

“Verder is daar ontdek dat werknemers kliënte se dokumente, insluitend Sassa- en bankkaarte asook identiteitsdokumente, sou vat as sekerheidsmaatreël vir die terugbetaling van hul skuld.

“Nadat die ondersoekspan by die onderneming aangekom het, het hulle gesien hoe werknemers geld uitleen en hierdie dokumente vat.”

Gedurende die klopjag is daar onder meer beslag gelê op 47 Sassa-kaarte, agt EasyPay-groenkaarte, sewe Classic Sure-kaarte, 72 bankkaarte, 389 ID’s, vyf ongeskiktheidsooreenkomsdokumente en 33 werkskontrakte.

“Niemand is gedurende die klopjag in hegtenis geneem nie aangesien die eienaar nie teenwoordig was nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Amelia ·

Net weer n bewys dat sassa geld nie spandeer word op kinders nie maar op onnodige goed hoe beplan die mense maar natuurlik agterbelewenes

Rooi rissie ·

Ek het baie te sê oor die Sassa storie maar ek weet nie of dit toelaatbaar sal wees nie. Ek sal net baie graag wil weet hoe kan hulle sassa toestaan vir miljoene buite landers maar nie vir ons eie gestremde mense in ons land nie? Daar is soveel mense in ons land wat afgekeur word wat eintlik kwalifiseer om sassa te kry en hulle gaan deur HEL om aansoek te doen daarvoor net om elke keer afgekeur te word. Ek hoop Maroela kan n storie hieroor doen want ek het baie om hulle te vertel asook baie ander mense in ons land.

Amelia ·

Ek weet van persoon wat sassa covic geld kry en wat werk weet nie hoe kry die mense als reg nie Ek voel soos jy oor de sassa geld as jy wil kinders he sorg maar self gee vir oumense en gestremdes (werklik gestrem) en as persoon ouer as 65 is maak seker persoon werk nie by shoprite of so plek bue en gaan ook na of daar nie dalk reeds covic geld uitbetaal word n ie somiiges kry net eenvoudig te maklik

domheks ·

Die meeste SASSA toelae word in die bottelstoor gespandeer. Kyk op betaaldae hoe dit by die die drankwinkels lyk. Drank geen kos!

SjN ·

Dit is standaard praktyk dat mikroleners(teen die wet) die Sassa kaarte met pin no in hul besit hou en dan in die vroee oggendure by kitsbanke ontrek.

Marcello ·

Ek verstaan nie, hoe die mikroleners werk nie, want hul weier om aan ‘n persoon geld te leen wat bewys het van ‘n goeie salaris, maar hulle leen vir SASSA mense, is hulle dan anders as ‘n salaristrkkers?

Nico ·

Daar is mense wat die sassa kaarte reg hanteer, dan is daar wat nie weet hoe om die sassa kaarte te gebruik nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.