Kollegas ondersteun ginekoloog ná skuldigbevinding

Die ginekoloog dr. Danie van der Walt in die Witbank-streekshof. Foto: ANA

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Verloskunde en Ginekologie (Sasog) het Dinsdag hul misnoeë te kenne gegee met ʼn uitspraak in die hooggeregshof waar die skuldigbevinding en vyfjaartronkstraf van dr. Danie van der Walt bevestig is.

Van der Walt se aansoek om appèl is verlede week in die Pretoriase hooggeregshof afgekeur. Hy is in September 2016 in die Witbank-streekhof skuldig bevind op aanklag van strafbare manslag in verband met die dood van een van sy pasiënte.

Die raad vir gesondheidsberoepe in Suid-Afrika (HPCSA) het hom ook beveel om ʼn skulderkenningsboete van R10 000 te betaal.

Van der Walt het tydens sy aansoek om appèl gesê sy vonnisoplegging is “skokkend onvanpas”. Hy het intussen aangedui hy sal nou die hoogste hof van appèl nader.

Sasog het in reaksie gesê “sonder toegang tot die volle uitspraak”, neem hy “met kommer kennis” dat die hooggeregshof die appèlaansoek afgekeur het. “Ons betreur die afsterwe van die jong ma weens komplikasies ná ʼn normale geboorte en ons betuig ons innige meegevoel met die familie wat ʼn ma, suster en dogter verloor het,” het die organisasie bygevoeg.

Sasog het gesê hy ondersteun alle pogings om die verlies van lewe tydens bevallings te voorkom en die organisasie se program, om uitnemendheid in verloskunde te bevorder genaamd BetterObs, is in meeste privaat instansies in Suid-Afrika ingestel.

“Suid-Afrikaanse professionele persone is oor die algemeen bekend vir hul uitnemendheid en ons privaat gesondheidsorgbedryf is van wêreldgehalte,” het Sasog in ʼn verklaring gesê. “Verloskunde is ʼn spesialiteit met ʼn hoë risiko vir ʼn slegte uitkoms vir ma en kind wat nie altyd voorkom kan word nie. Die gepaardgaande regsmediese risiko’s het daartoe gelei dat verskeie spesialiste reeds die bedryf verlaat het.”

Sasog sê in gevalle waar daar ʼn slegte uitkoms was en vermoedelik kliniese nalatigheid, moet dit ondersoek word en die organisasie respekteer die bevindings en uitsprake in die hof. Die vonnisoplegging in Van der Walt se geval “is egter kommerwekkend weens die presedent wat geskep word en die impak op die behoefte aan vaardighede in ons land en die effek op die individuele dokter, sy gemeenskap en die mediese en verloskundige bedryf”.

Die organisasie het gesê hy het ook ernstige kommer oor toenemende eise wat betref mediese wanpraktyke. “Ons sal ons lede bly ondersteun en die beste moontlike oplossings soek om geregtigheid te laat seëvier en restitusie te verseker vir diegene wat skade gely het weens mediese behandeling – of dit kliniese nalatigheid was of nie.”

Maroela Media het vroeër berig Pamela Daweti (23) is dood toe sy in 2005 in die Life Cosmos-hospitaal in Witbank geboorte gegee het. Haar baba het oorleef.

Landdros Marlene Greyvenstein het tydens die vonnisuitspraak gesê Daweti se dood kon verhoed gewees het indien Van der Walt by die hospitaal gebly het om na die pasiënt om te sien. Deweti het gebloei nadat sy geboorte gegee het, maar Van der Walt het die hospitaal verlaat.

Greyvenstein het ook tydens haar uitspraak genoem dat Van der Walt geen berou getoon het tydens die verloop van die verhoor nie, maar het gesê sy het in ag geneem dat Daweti se bloeding nie noodwendig deur Van der Walt veroorsaak is nie. “Daar is geen bewyse dat die bloeding, wat die oorsaak van Daweti se dood was, noodwendig deur dr. Van der Walt veroorsaak is nie,” het Greyvenstein gesê.

Van der Walt is in Julie 2017 gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

91 Kommentare

Andreas ·

Voortydig en suiwer uit soos dit hier bo berig is, vertrou ons dit skrik ander so af dat dit nooit ooit weer van ‘n Dokter gesê kan word nie. As jy jou handskoene uitgetrek het, beteken dit dan jou taak is afgehandel?

Wonder maar net ·

Dit skrik dalk Spesialiste so af dat meeste die land verlaat… nog nooit gehoor ‘n dokter moet by die pasïent bly vir ‘n paar ure na ‘n operasie nie. Klink vir my eerder na swak nasorg in die sale…

Andreas ·

Wonder maar net, laat hulle dan maar gaan as jou bekommernis daaroor groter is as vir die pasient, maar dis nie wat ek gesê het nie, lees weer. As elke dokter sy hande afvee as hy by die teater uit loop, of van ‘n pasient se bed wegstap, is dit waar sy verantwoordelikheid eindig? Het hy dan nou niks meer met die pasient uit te waaie nie? Lees ook wat het die landdros in die laaste paragraaf oor haar uitspraak gesê.

Ek kan jou van my dokter vertel wat ek paar jaar gelede dringend op ‘n Vrydag so by 16h00 die middag nodig gehad hul. Die antwoord van sy spreekkamer was toe dat hulle maak 14h00 Vrydae toe en hy neem nie daarna enige pasiente nie, ek kon beduie tot ek blou is dat ek ‘n bestaande pasient is. ‘n Ander dokter het genadiglik vir my so by 18h00 uur die aand tyd ingeruim.

Andreas ·

Wonder maar net, laat hulle dan maar gaan as jou bekommernis daaroor groter is as vir die pasient, maar dis nie wat ek gesê het nie, lees weer. As elke dokter sy hande afvee as hy by die teater uit loop, of van ‘n pasient se bed wegstap, is dit waar sy verantwoordelikheid eindig? Het hy dan nou niks meer met die pasient uit te waaie nie? Lees ook wat het die landdros in die laaste paragraaf oor haar uitspraak gesê.

Gert ·

Geen dokter kan ‘n waarborg gee dat sy pasiënt sal oorleef nie. Hulle gee almal hulle lewe om ander te help, en hierdie is die dankie wat hulle kry. Dis nog ‘n simptoom van die siek huidige samelewing waar almal net regte het. Ek dink alle dokters moet emigreer, hierdie siek land verdien nie hulle opoffering nie. As julle enigsins in feite belangstel, die dokter het hierdie vrou afgeraai om normaal te kraam weens haar probleme, en sy het self gekies om dit steeds te doen. Ook het sy in die nag begin bloei lank na die bevalling.
Onthou, die Here besluit oor alles, nie die dokter nie!

Cassie Carstens ·

Ek kry hom jammer. Die storie van berou toon is sommer snert, want aan enige operasie is daar risiko’s. Watter bewys is daar die dood is deur hom veroorsaak? Kan swak nasorg ook wees, wat deesdae aan die orde van die dag is.

Pieter Schoombee ·

Skokkend. Daar vertrek die dokters en wie kan hulle blameer?

Viv ·

So as elke spesialis vir n paar uur na geboorte by n spesifieke pasient moet bly, wat word van haar of sy ander pasiente wat geboorte gee gedurende hierdie tyd? Hierdie vrou was in die sorg van die verplegingstaf aan diens, wie se plig dit was om haar te monitor en die dokter in kennis te stel van enige komplikasies. Waarom is hulle nie in die tronk nie?

Andreas ·

Viv, dis hoekom ek vra, as die handskoene uitgetrek is, beteken dit die taak is afgehandel? Soos jy dus tereg vra oor die komplikasies.

Johann M van Heerden ·

Kommerwekkende uitspraak en situasie. Dit skep ‘n gevaarlike president. Ken nie besonderhede van die saak nie, maar nogtans. Daar gaan soveel ander opsetlike dade ongestraf in die wye droewe land. Maar ons huidige owerhede krap alewig waar dit nie jeuk nie en kyk die groot sake mis.

Harrie ·

Wanneer jy prof diens lewer en prof fooi vra dan hou jy daarby…daar is ‘n arrogansie by baie van ons prof persone wat aangespreek moet word…

Hb ·

Dit skep n presedent ja. n Goeie presedent. Te veel nalatigheid orals. As hy werklik onskuldig is dan is ek jammer vir hom.

Bekommerd ·

Ons arme dokters is so onder druk en hardloop van noodgeval na noodgeval. Wat het geword van die Esedimeni moorde en die doelbewuste neglect deur die personeel? Wat word daagliks gedoen aan die doelbewuste massamoorde wat plaasvind in ons staatshospitale deur die personeel? NIKS!!! Ons wette is ‘n klug en word net op sekeres toegepas. Adv Greyvensteyn, hierdie man se vonnis is is foutief en op jou skouers!

Annene ·

Dit was sy verantwoordelikhied om te kyk dat sy pasient ok is. My dokter het altyd seker gemaak dat alles reg is voor hy geloop het. Hulle word genoeg betaal om net bietjie langer te kan bly om seker te maak. Dit is n mens se lewe wat hy kon gespaar het. Maar bygese – die hospitaal moes hom sekerlik laat weet het dat daar komplikasies was en dat hy moet terugkom? Ek weet nie. Dis maar net n slegte situasie vir almal.

Buks Barnard ·

Hierdie is ‘n uiters onregverdige uitspraak en vonnis en nog ‘n bewys dat die regstelsel in hierdie land ook tot rommelstatus teruggesak het.

C ·

Ek weet van ‘n sekere ginekoloog toe my suster hulp nodig gehad het met haar ongebore kind wat daar komplikasies was het die dokter reguit vir haar gesê jammer mevrou ek ek haal nie dooie kind uit nie en op die doodsertifikaat het hy geskryf stilgebore en dis ‘n meisiekind wat nie eers ‘n meisiekind was nie maar ‘n seuntjie was. Hy was nie eers by met die geboorte nie nadat sy 4 induksies gehad het. Skokkend hoe sommige ginekoloe kan wees geen gevoelens net in vir die geld. En dit was ‘n privaat dokter nie eers staat nie. ?

Bietjie baie ·

Ons het byna my dogter verloor oor n ginekoloog wat na n Historektomie nie in die nag wou uitkom hospitaal toe nie. Sy het inwendig gebloei. Hierdie dokter het verskeie pasiënte gehad wat dieselfde ervaring deurgemaak het. Ek weet, want ek het in die hospitaal se bestuurspan gewerk.
Andreas jy is reg, sommige dokters maak hulleself skuldig aan geld jaag.
Die arme susters moet heeltyd die blaam vat as die dokters nie wil uitkom in die nag nie. Ek hoop dat vd Walt leer n les hieruit.

Willie ·

En so wil al hoe minder dokters bevallings doen, want elke tweede prokureur maak geld daaruit om dokters te dagvaar oor dinge wat dikwels nie waar is nie. My vrou se ginekoloog (nie meer te jonk nie) doen om hierdie rede nie meer bevallings nie. Ek hoop hierdie gewetenlose prokureurs se kinders word in staats hospitale gebore.

Sê net ·

Ek is bly dat ernstige straf toegedien word aan mense wat hul skuldig maak aan mediese wanpraktyk, dink hulle is “untouchable” een of ander tyd moet hul terugkom aarde toe. My ma is onlangs weggewys deur ENT wat gesê het pyn in haar mond is slegs ‘n infeksie, haar ondersoek met selfoon liggie, biopsie lewendig sonder enige verdowing gedoen en antibiotika voorgeskryf waarvoor sy allergies was, 2 weke later sê sy biopsie was skoon (later uitgevind dit was verkeerdelik gedoen en dus “inconclusive”) het ‘n week later 2de opinie gekry en sy is gediagnoseer met terminale mond kanker èn servikale kanker, sidder om te dink hoeveel mense huis toe gestuur word omdat “kundiges” meer van hul status dink as pasiënte en eed wat hul afgelê het.

Toontjie ·

Ek stem saam, Willie. Die Padongelukke Fonds is gemelk en sagte teikens soos dokters word nou deur prokureurs aangevat. n Kommerwekkende presedent word deur hierdie saak geskep, deurdat privaat verloskundiges nie meer die risiko wil neem om verlossings te doen nie. Die reeds oorlaaide staatshospitale sal n groter las moet dra. Verder het die mediese en tandartsberoepe die hoogste syfer van depressie en risiko vir selfdood. Pasiënte maak staat op dokters, maar dokters kry nie die ondersteuning wat hul nodig het nie. Hul is ook mense wat feilbaar is en kan foute maak weens lang werksure ens. Dokters het nie die bedoeling om pasiënte kwaad aan te doen nie. Carte Blanche het onlangs beriggewing oor van bg. kwessies gedoen. Vir diegene wat veralgemeen dat dokters die beroep beoefen net vir die geld: Daar is ander professionele beroepe wat hoër inkomste verdien en minder ure werk met minder stres ens.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Willie jy is 100% reg. Die klomp wat Pad ongelukke fonds sake gedoen het sit nou by hospitale en soek gevalle waar dokters gedagvaar kan word. Praat met die dokters veral ginekeloe – hul wil nie meer keisers doen nie. Dis belaglik en erger nog ‘n wit regter.?

Emelia ·

@Willie en dr. Sakkie, hierdie was nie eens ‘n dagvaarding of enigsens sivielregtelik van aard nie, daarom was die beskuldige volgens die strafreg vervolg. Dit was strafregtelik van aard, aangesien die applikant nie die fondse gehad het om ‘n ‘honger prokereur’ aan te stel nie. Die applikant is nie hierdeur finansieel verryk nie.

PJC ·

ń Mens ken nie die hele storie nie so dit is moeilik om te oordeel of hierdie ou nalatig was. Ek wonder ook wat het die verpleegpersoneel wat die pasiënt na die tyd moes versorg omtrent die situasie gedoen. Het hulle die dokter behoorlik ingelig oor wat die pasiënt se toestand is.

Salomo ·

Dié vonnis klink baie meer na sotternypleging as na regspleging.

Lulu ·

Dr van der Walt was ook my ginekoloog, hy was fantasties. Ek stem saam dit was eerder die verpleeg personeel wat moes toesig hou. Ek hou die storie dop van die begin af. Die hele saak is onregverdig.

Sterkte dokter. Daar is mense wat glo in jou onskuld.

HPV ·

Dokters kan begin weier om hoë risiko gevalle te hanteer, dit laat dan ouer, verswakte en ernstig beseerde pasiënte sonder goeie mediese sorg.
Mens behoort ook te kyk hoeveel patiënte hy suksesvol behandel en selfs lewens wat hy gered het.

Johan ·

Destyds was my seun al gebore (deur verpleeg personeel) en toe ek uit stap sien ek ons ginekoloog in sy motor sit en rugby luister. Hierdie mense kan maak wat hulle wil met geen nagevolge nie want jy teken mos kleinskrif vrywarings. In enige ander beroep as jy aanjaag word jy aanspreeklik gehou behalwe in die mediese veld. Dit moet verander.

Viv ·

Johan, bitter min ander werkers word ooit aanspredklik gehou vir hulle foute – dokters wel. Maar hierdie was nie sy fout nie, wel die nalatigheid van die verpleegpersoneel.
Hoeveel pasiente dink jy sal elke spesialis kan sien as hy of sy 24 uur van die dag die pasiente moet dophou?
Mense kla oor uitstekende mediese diens in SA – binnekort sal die prentjie anders lyk, en dan sal daar werklik rede tot klagte wees.

Lize ·

Geen dokter sal iemand aspris te nakom nie en alles gaan gepaard met risikos.Moet nie oordeel as jy nie al self in so persoon se skoene was nie.

marieta ·

Ek stem saam…. ek het self verpleeg en nog nooit n dokter teengekom was sommer sy pasient sal verwaarloos nie…. en nee nie een het as hy handskoene uitgetrek het sommer geloop nie… die betrokke dokter het n goeie reputasie as spesialis…. en niemand kan onverwagse bloeding voorspel nie…. hoekom het die pasient hom genader om haar te help as sy nie na sy aanbevelings wou volg nie?… ons goeie mediese dokters is ook mense… en besluit nie oor lewe en dood nie…. ek voel die pasient het ook verantwoordelikheid vir haar gesondheid gehad…

Bietjie baie ·

Moenie verpleegpersoneel blameer nie. Hulle sukkel met ongeskikte dokters wat weier om in die nag terug te gaan hospitaal toe.
Dokters is self te blameer vir hulle TE VOL dagboeke. Geld geld geld.
Trek self die streep dokter,

Gerhard Yssel ·

Danie het 30 jaar terug ons seun se geboorte hanteer.Ek ken hom goed en weet dat hy n baie puik dr is.Sterkte,geregtigheid sal wen.

Moedeloos ·

Die dr het vir my skoonsus gesê dis nie n probleem om abnormale hoë bloeddruk te hê tydens swangerskap. Op die einde is baba vroeg gebore en 5 dae later dood, hy voel vere vir sy pasiënte

Heila Venter ·

Dr v d Walt sal my nie onthou nie, maar ek onthou hom beslis! Hy was amper 30 jaar terug my dokter. Ek het sedertdien nog nie een ander dokter tèëgekom wat dieselfde moeite gedoen en aandag gegee het aan my nie.
Nadat ek in hospitaal opgeneem is, en hy by ñ seminaar was in ñ ander dorp, het hy 2uur die oggend nadat hy amper 3 ure gery het, hospitaal toe gekom om te kyk hoe ek vorder. By ñ ander geleentheid moes ek op ñ sekere dag en tyd (ñ Sondagoggend) toetse laat doen. Hy het beplan om daardie dag by familie te gaan kuier, maar het gesê ek moet spreekkamer toe kom vir die toetse, n dan sal hy daarna na sy familie vertrek.
Ek sal altyd met die jongste lof van hom praat.
Sterkte dokter Danie!

marina ·

Hierdie Dr vd Walt het 27 Nov 2014 my kleindogter op 28w in die lewe gebring met nood epiduraal! My skoondogter het sedert op 23w probleme ondervind en hy pad met haar geloop! Jul almal hierbo wat drs so afkraak en sleg maak is die oorsaaj dat drs die land verlaat en al hoe meer die ginokologie professie nie wil beoefen. help jul nou maarself met jul skete!! Jul verdien dit!

Julie Jansen van Rensburg ·

Toe my driestuks twee jaar na mekaar die lewenslig gesien het ( hulle ouderdomme wissel nou van 60, 58 en 56 onderskeidelik) het my dokter seer sekerlik nie in die kraamsaal rondgehang nie, want die hospitaalpersoneel was dadelik by om my en babas verder te versorg, en indien daar wêl komoplikasies sou opduik, sou die hospitaal gesorg het om die dokter terug te roep. Nee, genugtig – dis tmaar al te maklik om vinger te wys, maar waar was die kraamsaal personeel in hierdie geval? Per slot van rekening het hierdie dokter seker ook ander pasiente gehad na wie hy moes omsien en wat dalk ook dringende aandag nodig gehad het??? Eish….

Odette ·

Sjoe dis so hartseer. Dokter Van Der Walt was my dokter en het altwee my seuntjies veilig in die lewe gebring ek kan nie 1 woord sleg praat van hom nie. Dat een verkeerde besluit/optrede soveel skade kan maak. My hart gaan uit na hom en sy familie.

Andrea ·

Toe my eerste baba gebore is 30 jaar terug, by n gesiene ginekoloog en in n nuwe privaathospitaal, het ek ook baie gebloei. Die verpleegpersoneel het dit hanteer. Die dokter het eers weer die volgende dag tydens sy rondtes ingeloer. Ek twyfel of daar van die dokter verwag word om heeltyd in die hospitaal te bly as n pasient gekraam het. Dan sal hy mos nooit huistoe gaan nie. Vroue kraam nie noodwendig volgens n skedule nie.

Wielspore ·

Daar is tans ‘n tekort aan spesialiste in SA wat veroorsaak dat hulle oorlaai word met werk om na al die pasiente om te sien. Die Dr beweeg letterlik tussen die hospitaal teater en sy spreek kamer om al die pasiente te sien. Gaan slaap laat in die aande en is heelwat op bystand. Dit skep ‘n situasie vir foute.

Anti ·

Elke mens is uniek, het unieke behoeftes. Dit is menslik onmootlik om te weet presies wat se behoefte ‘n persoon op enige spesifieke oomblik nodig het. Selfs met al die geleerdheid en ondervinding kan dokters mens soms telleurstel wanneer hulle vaag, onbetrokke, haastig en nalatig is.

Rupert Ashford ·

So die “juds” se daar kan nie bewys word dat enige van sy aksies direk tot haar dood gelei het nie, maar sy vind hom skuldig?

Die Verlore Skaap ·

Laat die slim Prokureurs en die slim Regters van nou af die bevallings en keisersnee doen……want daar gaan later nie meer dokters oor wees nie.
Jongmense wil nie meer vir n Dokter studeer nie.
Ek sou ook nie.

marina ·

Stem saam jou! GEEN Dr sal doel bewus sy patient verwaarloos! Hul kan nie wonders verrig as dinge buite hul beheer opduik!

Amper Dokter ·

Die probleem is nie die jongmense wat nie medies wil swot nie. Die probleem is die toelatings syfer by die universiteite. Ons land het ‘n tekort aan goeie dokters en ons dokters is oorwerk, maar van die duisende aansoeke wat universiteite kry per jaar word minder as 100 studente per universiteit aanvaar.

Krewel ·

Ek is ‘n dokter. Innige simpatie, kollega. Ek weet jy het jou bes gedoen, soos altyd, ook vir hierdie pasiënt en dat jy geen begeerte gehad het om jou medemens wie se lewe jy hoog geag het, leed aan te doen nie. Ek weet ook dat kollegas jou nie sal verkwalik nie, hulle weet maar te goed dat dit met hulle ook kan gebeur. Baie sterkte, ons staan bankvas agter jou. Hierdie gebeurtenis het my finaal laat besluit om nie weer ‘n enkele baba die wêreld in te help nie. Al betaal ons hemelhoë versekering om ons teen onvoorsiene insidente te beskerm, jaag ons die geld nie genoeg na om dit die moeite werd te maak nie. Ek sal heeltemal moet ophou slaap om genoeg te verdien. Aan die kommentaar en dokter-minagters onder hierdie artikel, sterkte vir julle ook. Julle is verhewe mense wat skynbaar ‘n studie van die beroep gemaak het en nooit een of ander tyd julle lewe in ‘n dokter se hande gaan hoef te plaas nie. Mag julle babas, kinders en kleinkinders, veilig en natuurlik sonder enige hulp die wêreld inkom.

Anoniem ·

Hierdie is absolute skokkende en slegte nuus. Moet eerder dokters en nie regters aanstel om sulke mediese sake te verhoor.
Dankie dok Krewel vir al die op offering en geduld. Waardeer beslis my dokters- hulle is maar net nog mense, enige intelligente persoon kan ‘n dokter word, maar dit vat geduld en mens liewend heid om dokter te wees. Dokters word nie genoeg waardeer nie. Dit moet baie erg en stresvol wees as pasient doodgaan.

M ·

Raak gesê Krewel. Ek wonder ook wie gaan (al die miljoene mense in SA) “dokter” as al die dokters die land verlaat of uit die professie geskop word. Dit is inderdaad die verpleegpersoneel wat die NASORG moet doen, en DAAR is die heel grootste probleem, maar dit word toegesmeer.

marina ·

Goed gestel, hierdie klomp gal brakers moet maar in hul alle wysheid hul self dr.

Gert ·

Hoe op dees aarde moet ‘n regter besluit of ‘n dokter sy werk gedoen het? Dokters studeer jare, en moet jare se praktiese ondervinding kry, dan wil mense wat niks weet nie hulle kom oordeel?
In hierdie siek land word dokters en boere so onbeskryflik geviktimiseer, dis eintlik die twee beroepe wat ons almal aan die lewe hou, maar almal braak net gal teen hulle van die oggend tot die aand.
Sies!

Pitty ·

Elke dokter het meer as een patient. So hoe duur sal behandelinge nie word nie as hy nog vir elke patient nog ekstra uure moet bly. Mag hy geen private lewe he? Wat is as sy patient voortyds kraam. Waarvoor is hospitalsorg waar was die nooddokter aan diens vir ongevalle? Nee die voorland sal weer wees ons sal weer by die huis kraam weens n te kort aan dokters of onbekostigbaare fooie en meer ma’s en kinders sal sterf.

Bekommerd ·

Ek stem saam, Andrea. Baie sterkte aan die dokter. Ek dink die regter het sy lewe vernietig deur die onregverdige uitspraak. Die man het al baie lewens gered, die regter ontneem hom sy lewe om aan te gaan in sy beroep. Die wet word toegepas soos een regter dit interpreteer! Skokkend! Ek hoop die regter het slaaplose nage.

JAN ·

Baie tragies. HIERDIE ongeregtigheid maak van een duiwel baie meer demone. Die hele HPCSA mediese raad regspleging is hoeka ń klug.
Soos ń groot magtige weermag wat nêrens oppad is ….maar slegs voortdurend besig met hul EIE ongevalle. Teater van die absurde.

Ella ·

@ Jan: ek stem saam met baie van die kommentaar hierbo maar joune gryp mens aan die hart.
Dit is tekenend van die land as n geheel en die veral van instellings wat veronderstel is om te dink voor hulle doen en praat
Ploeter voort van een gemors na die ander.
Sterkte aan die dr en sy mense.

fred ·

daar is teveel prokureurs wat nie werk het nie en dan hou hulle self besig met hierdie sake…..

Andreas ·

En ek kan jou waarborg as ek nou die telefoon optel, my voormalige dokter bel en sê ek is in nood, dan sal ek die antwoord kry, hy is nie na ure beskikbaar nie, noodgeval of te nie. Waarom is hierdie man dan ‘n dokter? Dis ook sulke ingesteldheid wat na ‘n prokureur toe verwys moet word.

Esta Thomas ·

My man is ‘n ginekoloog en sy pasiënte kom altyd eerste. Dit is nie altyd lekker nie, maar ons weet dit is deel van sy roeping al is dit vir ons gesin soms ‘n groot opoffering. Alhoewel hy altyd sy pasiënte en hul ongebore baba’s se belange op die hart dra is dit moontlik dat iets buite sy beheer kan skeefloop. Dit is die risiko’s van kraam en swangerskap wat die pasiënt se keuse was. Agv. die werklike moontlikheid van tronkstaf, veral na die presedent wat nou geskep is, skik dokters eerder buite die hof en dit is vinnige geld vir prokureurs wat kliënte aanmoedig om dokters te dagvaar…Hierdie uitspraak is ‘n donker dag vir medies in Suid Afrika.

Viv ·

Andreas, die menslike brein en liggaam het gereeld, elke nag, slaap nodig. Sou jou dokter elke nag opstaan en werk, stel hy nie net jou lewe in gevaar nie, maar ook sy eie. Hy is n mens net soos jy. Sy liggaam funksioneer net soos joune. Daar is nooddienste, na-uurse dokters en hospitale beskikbaar vir nagwerk.

Andreas ·

Viv, ek lees nou. Kyk gerus wat ek heel bo geskryf het oor die spesifieke dokter en dat hy Vrydae om 14h00 sy spreekkamer sluit. Ek het om 16h00 hom dringend nodig gehad, maar is gesê hy doen nie konsultasie, al is dit nood, na ure nie.

Sies ·

Alle dokters verloor pasiente. Dis onmoontlik om altyd almal te red. Dit moet opgeweeg word teen hoeveel hy al gered of gehelp het. Gegewe die Dr se ouderdom kan daar geskat word dat hy al 100 000 pasiente gesien het in 30jaar. Een dag waar hy dalk minder aandag geskenk het en hy word so swaar gestraf? Dis belaglik.

Dis hoe dit is ·

Deur hierdie voorval en verskeie eie teen Gynies het baie van hulle besluit om geen kraam geval meer te doen nie. Worcester Mediclinic se Gynies was 1ste om aan te kondig dat hulle ‘n pasient net tot op ‘n sekere tyd van swangerskap gaan sien. Vir die kraam geval moet hulle of Paarl toe gaan of Kaap toe of na ‘n staatshospitaal. Hulle betaal derduisende rande aan vesekering per maand vir sulke eise en kan dit nie meer bekostig nie. Ek hoop al die gynies doen dit so.

Sarel ·

Sal sien wat ons maak wanneer ons net Kubanse en kubaansopgeleide dr het.

anton ·

Stem saam Sarel en natuurlik Nigerian dokters ook!!!
Die tyd van goeie opgeleide dokters is vinnig besig om tot n einde te kom en die land wil ook nie meer blanke dokters oplei nie en bitter min mense weet dit.
Hier kom nog n groot gemors in die toekoms betreffende die mediese beroep en mediese dienste.

Engela Kerry ·

Dr. Danie is n baie goeie Ginekoloog, ek het saam met hom gewerk, hy was altyd baie profesioneel en vriendlik. Ek het 31 jaar verpleeg. Hy het al twee my seuns in die wereld gebring, ek het hoe bd gehad gedurende my swangerskap, hy my op n veilige bd Pil gesit, TOT my tyd om was. Hy is een van die beste Ginekoloe wat Ek Ken. klink vir my ook dat die dinge by die na sorg verkeerd geloop het. Hoekom het die suster in bevel nie die dokter gebel, toe die pasient begin bloei het nie? dink nie al die skuld moet voor sy deur gele word Nie. en hoekom soveel jare na die tyd die saak maak? Nee iets klink Regtig nie reg nie mense!! Baie sterkte aan Dr. Danie en gesin, weet net God is Jul regter hand. Verseker slaap Hy nie!

Jax ·

Ons is baie bederf deur Ons wonderlike mediese personeel. Gaan kraam in Nederland. Of word siek daar – dit is n reuse gesondheidsgevaar!
Wat my betref klink dit beslis nie soos die dr se nalatigheid nie. Die verpleegpersoneel is in beheer en is die oë en ore vir die dr. Hulle moes hom dadelik laat weet het. As hy dan geweier het, is daar sprake van nalatigheid aan sy kant!

Drs word te vinnig voor die regter gesleep! Daar moet altyd onthou word dat daar ook n menslikheidsfaktor is!
Sterkte aan dr Danie en sy gesin.

Susna ·

Ons gaan nog lang trane huil oor ons bekwame dokters waarmee Australia en Canada so spog. Dis hoe dit is, stem 100% saam met jou kommentaar hier.

GM ·

Mense kla as hul dokters nie spring om hul te help nie. Ja hulle het ‘n eed afgelê, maar hulle bly mense wat rus ook nodig het. En hulle kan hulself nie in dele opdeel om elke liewe oomblik daar te kan wees vir elke pasiënt nie. ‘Boundaries’ moet gestel word om die dokter te beskerm teen uitbranding. Hoekom mag almal vrye tyd hê behalwe ‘n dokter?
As Pick ‘n Pay alreeds toe is as jy besef jy het brood nodig, gaan jy ‘garage’ of Spar toe. Daar is hospitale vir noodgevalle, MET opgeleide dokters.

Ek was al ‘n toeskouer by ‘n begrafnis waar talle familielede van ‘n dokter, soos aasvoëls om hom saamgedrom het vir gratis konsultasies. Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir als. Niemand anders wil verniet werk nie, maar daar word van dokters verwag om dit te doen.

Sterkte aan dokter Van der Walt. Ek sien nie in hoekom hy die pasiënt se hand vir ure moes kom staan en vashou het as daar verpleegpersoneel was wat die pasiënt moes monitor nie. Dis normaal om te bloei na mens normaal gekraam het. Die verpleegsters moes bloeddruk en dies meer, monitor. Kla hul dus ook aan, dis dan net regverdig.

RS ·

Duidelik ken mense nie die hele storie nie. As mens in ag neem wat alles daar fout gegaan het en wat die omstandighede was wat gelei het tot die pasiënt se dood dan stem ek saam met die vonnis. Sy was 14 ure in kraam. Hy het daar weggestap wetende dat sy bloei SONDER om te probeer vasstel HOEKOM sy bloei.

The report found that Van der Walt had left Daweti bleeding after delivering the baby and did not investigate what caused the bleeding. He also did not attend to her properly after she delivered the child.

“Dr Van der Walt applied a vacuum extractor unsuccessfully, followed by the ill-advised use of forceps,” the report stated.

“[Daweti] suffered a third-degree perinea tear, which was repaired under anaesthetic in the delivery room. This was substandard as this tear must be repaired in the operating theatre under general anaesthesia.

“The nurses were left to battle on their own and they managed to barely keep the patient alive while the doctor, who should have been in charge, was giving telephonic verbal orders,”

A Mac ·

Het nogal simpatie met party dokters en spesialiste want hulle is aan die bo-punt van die gesondheidsprosedure en die res van die personeel wat nasorg en opvolgwerk moet doen is net so belangrik. Kan maklik wees dat die spesialis/dokter sy werk goed gedoen het maar die nasorg personeel onervare of onbekwaam of net nie lus was om ordentlike nasorg toe te pas nie. Moontlik hier die geval? En dis al ‘n gegewe dat werkers wat onbekwaam/lui is mekaar beskerm en gou iemand soek om die skuldpakkie aan te gee. Dokters in ‘n gemeenskap kan dalk net onder mekaar werk sodat mense weet dat as jou dokter nie beskikbaar is nie, wie is die volgende dokter wat jou kan help. Het al self in so situasie gesit waar ek hard mos sukkel om ‘n dokter na-ure te kry.

Lea ·

Ek was self n pasient van Dr van Der Walt al hoewel almal ge regtig is tot hy of haar meening Kan ek se dat as dit nie vir hom en sy raad was sou ek my tweede babatjie ook verloor het hy is n pragtige mens

Christo ·

Daar gebeur baie met die verloop. ‘n Eens briljante medikus kan ‘n risiko word vir pasiënte a.g.v. eksterne faktore, self veroorsaak of anders. Net soos ‘n briljante onderwyser wat byvoorbeeld na twintig jaar a.g.v. alkohol probleem ‘n onbetroubare onderwyser word en dan ‘n risiko vir leerders en die skool word. Ongelukkig word so ‘n onderwyser beoordeel volgens sy optrede op daardie oomblik en nie van 20 jaar gelede nie. Regters hanteer elke volgens die bewyse en getuienis. Laat die reg sy verloop neem.

Ilse ·

Hy was grof nalatig. Die verpleegpersoneel het hom n paar keer geskakel oor die bloeding. Toe hy uiteintlik by die pasient gekom het, het hy glo na drank geruik. Hy het toe, Sonder om haar bloeding te probeer stop, net weer gegaan. Die verpleegpersoneel het alles in hul vermoe gedoen. Hy het sy plig versuim en was arrogant.
Dokters kan nie anders behandel word as die ander deel van die bevolking nie.
O ja net so terloops….. ek woon in Kanada die mediese nalatigheidseise hier is BAIE groter as in RSA. Dokters word nie hier in watte toegedraai nie

lvdh ·

Weer ‘n onskuldige slagoffer wat, en tronkstraf kry EN…….skulderkenning moet betaal??? Watse bog is die? Ek is jammer oor die baba wat oorlede is, maar nog meer jammer vir die dokter. Sy loopbaan is daarmee heen

Krewel ·

Elke vrou weet dat sy haar lewe kan verloor a.g.v. swangerskap en geboorte. As iemand dood neerslaan na deelname aan bv. die Ysterman-kompetisie , gaan die familie nou die organiseerders daarvan dagvaar? Die lewe is ‘n risiko van die begin af. Ja, ons moet verantwoordelik met die lewe omgaan, maar as jy jou bes gedoen het en jy of iemand sterf ten spyte daarvan, hoekom moet iemand nou boet? Gaan hierdie pasiënt se familie nou tevrede wees? Die dokter is goed en hy kon nog baie mense gehelp het.

JAN ·

Die kurrupe wettelose kollegas dokters van die HPCSA is die primêre kern van die krisis.
Dis nie die eerste keer dat die WET gewer moes swig voor hierdie span onprofessionele politieke konkelaars van die HPCSA nie [Lui Tim ‘n klokkie ? ]
Eers het die HPCSA vir die Gine skuldig bevind en af gepers met pleit ooreenkoms – toe volg die strafregtelike vervolging outomaties

Die HPCSA het ook voorheen ‘n dokter geskors wie absoluut wettig voorgeskrewe wet – korrek opgetree het in ‘n geval van dodelik ernstige gesinsgeweld / kindermishandeling . Nadat die veronregte dokter by Pres Mbeki beswaar gemaak het is die hele kinderwet en Wet teen gesinsgeweld totaal verander / herskryf sodat dokters en huis artse GP ‘s hoegenaamd geen meer aanspreeklike funksie het nie..

Groot bevryding moet ek sê vir dokters in die grootste epidemie. van ons tyd,

En die kordaatstuk is deur WIT afrikaner dokters destyds gepleeg.

Alles politiek en zero etiek en nog minder geregtigheid /wysheid

Anoniem ·

Daar is ree”ls dat vlie”niers net ‘n seker aantal ure mag vlieg, en dan ‘n sekere aantal ure MOET rus voor hulle weer mag vlieg. Daar is wel soortgelyke ree”ls vir dokters, maar dit word nie noodwendig so streng gevolg nie!

Navorsing het bewys dat wanneer ‘n dokter meer as ‘n sekere aantal ure aanmekaar werk sonder om te slaap, hy weens moegheid nie meer optimaal funksioneer nie en foute kan maak. Mense is geneig om te vergeet dokters is ook van vlees en bloed, en het ook nodig om te eet en slaap.

‘n Tyd gelede was daar groot bohaai oor dokters wat soveel geld verdien. ‘n Spesifieke verslaggewer het toe besluit om ‘n dokter “on call” te “shadow”. Hy het dit 19 ure lank kon volhou, en toe opgegee – hy kon fisies nie die pas volhou nie. En hy het nie eens nodig gehad om die dink- en doenwerk te doen nie! Mense is vinnig om te kla, maar min weet hoe verskriklik hard dokters werk. En diegene wat se^ dokters moet ophou om geld na te jaag en minder ure werk – as jy vir die staat werk, het jy ongelukkig nie daardie luukse nie.

Siener ·

Ek stem saam met ‘n gedeelte van jou brief maar dit is enige werknemer se reg om te weier as jou besluit iemand anders se lewe in gevaar stel.
As ‘n Dr weet hy het baie lang ure gewerk, en hy is moeg, het hy die reg om op rus aanspraak te maak as hy weet sy besluit kan moontlik negatief wees op ‘n pasient en sy lewe in gevaar stel. Dis waar verantwoorelikheid inkom van die Dr se kant. Employees’ right of refusal to work in an unsafe situation where your dissision may case someone death or body harm. In hierdie geval was hy nie ‘n staats dr nie en het suiwer geld gejaag.

wilma ·

Ilse, hoe korrek is jou inligting? Dit verander dan mos in ‘n mate die prentjie.

Ilse ·

Gaan lees alle vorige berigte en Carte Blanche het ook berig gedoen oor hierdie spesifieke geval van Dr van der Walt.
Dit is dan ook bewys in die hof dat hy R750 000.00 skikking aan die ma van die oorlede vrou aangebied het wat sy geweier het.
Hoekom wil jy R750 000.00 skikking aanbied as jy nie nalatig was nie?

JAN ·

Ilse in Kanada is seker die verpleegsuster wie die infuus verwyder het sonder die dr se toestemming wat die post partum bloeding moes voorkom ?
Volgens Carte Blanche hmm?

Viv ·

Skikkings word outomaties deur versekerings maatskappye aangebied – makliker as om hof toe te gaan, en minder onkoste. Of die dokter skuldig is of nie. “Hy het na drank geruik – is sy bloedalkohol getoets? Is hy diabeet? Het hy n glasie wyn saam met sy aandete geniet? Ons weet nie, maar ons maak sommer wilde verklarings, ne? En as hy nie reageer het op die verpleegpersoneel se “verskeie” foonoproepe nie, waarom het hulle nie n ander dokter ontbied nie?

PETRO CONRADIE ·

DR VD WANT IS MY GINOKOLOOG VIR 33 JAAR.KAN NET GETUIG DAT HY 3 SEUNS IN DIE WERELD HELP BRING HET.UITSTEKENDE DR WAT SULKE DINGE NIE TOEKOM NIE.STERKTE DR BID DAT ONS REGSTELSEL N KLUG IS EN INGRYPING MOET PLAAS VIND.OU PASIENT WAT DIE GROOTSTE RESPEK VIR DR DANIE HET

Krewel ·

Ilse, jy is baie ingelig vir iemand wat in Kanada sit. Nie als wat Carte Blance opdis is die waarheid nie. Sensasie is ook ‘n besigheid. Moenie jou uitlaat oor ons sake nie. Jy het gekies om te waai, so dit raak jou nie meer nie.

Landie van der Hof ·

Krewel, maak dit ‘n verskil as ek in Suid Afrika sit en dit dus ook my “sake” is as ek bevestig dat Ilse se inligting in hierdie spesifieke geval heeltemal korrek is?

Ed ·

Dieselfde Dr., het my vrou met die geboorte van my seun 26 jaar terug behandel. Sy moes ‘n induksie kry om die geboorte aan te help. Die rede vir die induksie was, hy sou twee dae later met verlof gegaan het en my vrou se aanvanklike bevallings datum, sou in sy verlof tyd geval het. Noem dit maar net……..

Krewel ·

Dit gebeur. Wanneer jy ‘n pasiënt aanvaar, weet jy nie presies wanneer die baba gaan kom nie. Genugtig. Die pasient het altyd die keuse om iemand anders te gebruik as sy nie met haar dokter se metode saamstem nie. Dus: waarom het u vrou nie iemand anders gebruik as sy so graag nie ‘n induksie wou hê nie? Talle induksies word vir verskeie redes gedoen en dit het geen jota of tittel met hierdie saak te doen nie. Waarom noem jy dit hoegenaamd hier?

Anoniem ·

Maw ginekoloë mag nooit verlof neem nie, want daar gaan altyd iemand wees wie se baba gaan kom in sy verloftyd. Dit was waarskynlik julle keuse om eerder die induksie te doen as om die kans te waag dat haar ginekoloog nie daar gaan wees met haar bevalling nie. Julle almal wat julle monde so lekker vol het en so slim is – julle het nie ‘n idee waaroor dit gaan nie. En hierdie dokters wat volgens julle kwansuis sulke geldwolwe is het

Bella ·

Ons is al deur vreeslike nalatigheid van dokters. Ek bly nog by my standpunt staan dat jou nasorg meer belangrik is. Hulle is veronderstel om na jou te kyk. Jammer maar die meeste dokters weet nie eens die nagevolge van pille ens nie. In my kleindogter stuk pyp vergeet en in my stoelgang. Uitgevind vd pyp meer as 15 jaar na my kleindogter in hospitaal was, en stoelgang in my 6 mnde na colonoscomy. Die pyn en ongerief kan mens v niemand beskryf nie. Ja drs maak foute en ja mense sterf of gaan deur hel agv dit maar die verpleegsters is die mense wat jou aan die lewe hou. Drips, wondversorging, medikasie ens ens is hulle voor verantwoordelik. Wanneer die dr die laaste steek in jou sit en sy handskoene uittrek voel hy dat die operasie ‘n sukses was en dat hy kan gaan. Ek ken nie die hele storie nie maar as pasiënt gebloei het kon hy nie geloop het nie. My kleindogter het oorleef deur ‘n fantastiese dokter en ek is deur hel om die stoelgang uit my te kry.

Sarel ·

Dit is regso meer van hulle moet in die tronk gesit word ons het n kind verloor deur nalatige dokters.hulle dink te veel van hulle self en meeste het hulle menslikheid verloor. Werk tussen 300 en 700 persent buite mediese tariewe.daar moet begin word deur hulle by minder te betaal.hulle word op n troon geplaas. Glo my hulle is gladnie so slim as wat die publiek dink nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.