Koshuis brand by UV

Die brand het in een van die woonsteleenhede uitgebreek (Foto: Skermgreep)

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus was in rep en roer toe ’n brand Donderdagmiddag uitgebreek het in een van die koshuise. Boonop is die registrasie van eerstejaarstudente Vrydagoggend deur betogende studente ontwrig.

Die brand het in een van die woonsteleenhede op die eerste verdieping van die President Steyn-koshuis uitgebreek.

Volgens Lacea Loader, woordvoerder van die UV, is die Mangaung-brandweer-en-reddingsdiens dadelik na die kampus ontbied. Hulle het die brand binne minute geblus.

Die oorsaak en gevolglike skade van die brand word tans ondersoek.

Loader het bevestig dat niemand in die proses beseer is nie en die gebou is veilig verklaar.

Ontwrigtings by UV (Foto: Twitter)

Minder as ’n dag later is die registrasieproses op kampus deur studente ontwrig. Die uitvoerende bestuur van die universiteit het Vrydagoggend besluit om registrasies vir eers stop te sit weens die ontwrigting wat eerstejaarstudente verhoed het om registrasiesale te betree.

Loader sê die bestuur is teleurgesteld oor die ontwrigtende gedrag wat deur die studenteraad (SR) gelei is. “Die bestuur het van die begin van die jaar af met die SR en die institusionele verteenwoordigende studenteraad (IVSR) onderhandel oor studente wat ontevrede is,” sê Loader. Die bestuur kon nog nie bevestig het waaroor die studente ontevrede is nie.

Die situasie op die Bloemfontein-kampus word gemonitor deur die universiteit se beskermingsdienste en polisie.

Registrasies sal Maandag voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ida Kriel ·

Maak my moedeloos as hul skole en universiteite ontwrig met hul betogings, want verseker dra dit nie by tot ordentlike en ordelike opvoeding nie.

Capie ·

Die land se leiers van more. Hulle het seker ‘n braai gehou in die koshuis

Devil ·

Nou die dag weer op die kampus rond gery en gedink hoe baie ek my studente jare wat ek daar gehad het mis! Die mooi tuin, grasperke en fonteine waar ek en my vrou sit en Stadium Burgers eet het. Nooit in my 6jaar van studies was daar ooit betogings nie. As ons probleme gehad het moes jy maar vergadering hou en dit probeer uitpraat!
Ek het ongelukkig toe ook na die “hang aan ‘n tak” brug gery en toe die ware stand van sake gesien, dit is so jammer hoe my kampus vandag lyk…

Johan ·

Die studente en skyn- studente sal altyd iets vind om oor ontevrede te wees. Hulle sal juigend ‘n universiteit ontwrig omdat hulle dit so geniet. Hulle hoofdoel is om dinge (baie wyd gesê) te vernietig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.