Kwaai bye jaag munisipale werkers op hol

Argieffoto (Foto: Terri Sharp / Pixabay)

Kwaai bye wat munisipale werkers op hol gejaag het, was die oorsaak dat inwoners van die Roodia- en Stefanoparkhoewes in die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit (Vanderbijlpark) etlike dae sonder water was.

Die VF Plus en munisipale werkers het verlede week vyf dae lank na die waterlekkasie gesoek wat die hoewes waterloos gelaat het.

“Die waterlekkasie is agter ʼn grensmuur opgespoor, maar die groep munisipale werkers het geweier om die lekkasie te herstel weens ʼn byenes langs die grensmuur,” sê Piet Smit, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit.

Die VF Plus moes inderhaas ʼn byeboer skakel om die koninginby te kom verwyder.

“Die lekkasie is eindelik vandag herstel nadat die bye ʼn ander heenkome gevind het. Inwoners van die hoewes moes intussen water by watertrokke gaan haal wat op strategiese plekke geplaas is.”

Smit sê verskeie inwoners het ook hul boorgate beskikbaar gestel aan ander inwoners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.