Die huidige Gautrein-konsessie-ooreenkoms verstryk in Maart 2026.
Lees meerAlles vir Maandag 6 November 2023
Kwaai bye jaag munisipale werkers op hol
ʼn Byeboer is inderhaas geskakel om die koninginby te kom verwyder.
Opgeskorte vonnis vir oudstudent wat NSFAS-geld blaas
Haar vonnis is tersyde gestel ná ‘n appèlaansoek.
Groot kommer oor medisyne-tekorte in Noord-Kaap
“Medisyne-tekorte kan nadelige effekte hê en selfs lewensgevaarlik wees.”
Twee in hof oor diefstal by Phala Phala
“ʼn Derde verdagte se inhegtenisneming word binnekort verwag.”
Kolisi: ‘Ons wou SA hoop gee, toe gee SA óns hoop’
“Dit het ons geïnspireer om aan te hou wys dat jy – ongeag jou opvoeding, ras, godsdiens of agtergrond – enigiets kan bereik!” het Kolisi gesê.
Vraag 10 van Wiskundevraestel pootjie matrieks
Meetkunde is dikwels die afdeling in Wiskunde waaroor die meeste matrieks gerus voel wanneer hulle dit skryf, maar dit was nie Maandag die geval nie toe een vraag in die tweede Wiskundevraestel leerders behoorlik uitgeboul het.
‘Local is lekker’ by nuwe Pta-sentrum
Die aktrise en sakevrou Leandie du Randt is een van vele plaaslike entrepreneurs wat spog met ʼn winkel by dié ontwikkeling in die ooste van Pretoria.
ToekomsVenster: Die Here sorg
Die laaste woord word inderdaad deur Hom gespreek. Sy beloftes staan vas en elkeen wat hier lees, kan daarvan getuig.
VW begin aandskool vir veiliger nagry
Suid-Afrika se jaarlikse padsterftesyfer is een van die hoogstes in die wêreld, met derduisende mense wat jaarliks op die land se paaie sterf. Meer as 55% van noodlottige motorongelukke vind boonop snags plaas.
Sam Cane drie wedstryde geskors oor gevaarlike duik in WB-eindstryd
Cane het Maandag virtueel voor ’n onafhanklike dissiplinêre komitee verskyn in verband met ’n gevaarlike plettervat op Jessie Kriel tydens die Wêreldbeker-eindstryd.
Kommer oor geld stuit ‘werkersaktivisme’
Wêreldwyd is werknemers minder geneig om vertoë te rig oor vermeende onregte by die werk as gevolg van bekommernisse oor geld, het ʼn nuwe studie bevind.
Chaos toe rowers kitsbank opblaas
Die skade wat nege rowers aan ʼn geriefswinkel aangerig het in hul poging om ʼn kitsbank te beroof, beloop in hierdie stadium veel meer as die geld wat hulle in die aanval gebuit het.
Video: Hoe verskillende diere baklei
Video’s van ʼn waaghals wat op ʼn grappige wys hoe verskillende diere baklei, is baie gewild op sosiale media.
SA herroep diplomate in Tel Aviv vir ‘konsultasie’
Die kabinet het ook gevra dat daar opgetree word teen Eliav Belotserkovsky, Israel se ambassadeur in Suid-Afrika.
Dodetal in Israel-Gaza-konflik styg steeds
“Byna ʼn maand lank kyk die wêreld in skok en afgryse na die ontvouende situasie in Israel en die besette Palestynse grondgebied en die stygende getal lewens wat verlore gaan of uitmekaar geruk word. Ons benodig ʼn onmiddellike humanitêre skietstilstand. Dit is nou 30 dae. Genoeg is genoeg.”
Video: Spogproduksie bekendgestel by Staatsteater
Dié musiekblyspel speel in 2020 gedurende die Covid-19-inperking in ʼn kroeg af, en het Altus Theart, Marlee van der Merwe, Neels Clasen en Liza Nel in die hoofrolle.
Bates bevries ná familie glo miljoene by Eskom steel
Kragkoepons ter waarde van meer as R36 miljoen is deur dié sindikaat onwettig vervaardig en aan mense verkoop. Die familieonderneming het in ’n stadium só winsgewend geword dat dit oor al nege provinsies uitgebrei het.
‘Koer’ met ‘Boer soek ’n Vrou’ op Afrikaanse maatsoekapp
“Daar is niks meer ongelooflik as om mense te help om pasmaats te vind nie, en mense wat daaroor skaam is, moet onthou dat almal op die app én televisieprogram in dieselfde bootjie is.”
SA skoonheid se tiener geopereer weens breinbloeding
Lorna Greyling se tienerdogter is tans in die waakeenheid van ʼn Amerikaanse hospitaal nadat sy weens bloeding op die brein geopereer moes word.