Twee in hof oor diefstal by Phala Phala

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Stefan Heunis/AFP)

Twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 39 jaar oud, sal Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van huisbraak en diefstal.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê die twee persone is onderskeidelik Sondag in Rustenburg en Maandag in Bela Bela in hegtenis geneem. Die Valke se nasionale eenheid, wat ernstige korrupsie ondersoek, het die twee persone in hegtenis geneem in verband met ʼn inbraak in Februarie 2020 op die Phala Phala-plaas.

“ʼn Derde verdagte se inhegtenisneming word binnekort verwag.”

Die Reserwebank het in Augustus ʼn verslag vrygestel dat pres. Cyril Ramaphosa en sy maatskappy nie die valutabeheerregulasies oortree het toe derduisende dollar op ʼn plaas in Limpopo gebuit is nie.

Die voormalige waarnemende Openbare Beskermer, adv. Kholeka Gcaleka, het Ramaphosa ook in Junie 2023 in haar finale verslag vrygespreek van enige oortreding met betrekking tot die R8 miljoen in Amerikaanse dollar wat op Phala Phala gesteel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Strandloper ·

“ʼn Derde verdagte se inhegtenisneming word binnekort verwag.” Ons weet almal wie dit is…

domheks ·

Van 2020 af tot nou toe? Dit neem darem baie lank om die mense inhegtenis te neem. More is hulle vry op borgtog.

Johann ·

En só manupileer jy stelsels en sisteme met hand gekose kaders wat jou om elke hoek en draai en bank beskerm. En die res van die skelm gespuis in SA doen hom voort want as hy kan wegkom kan almal seker? Absolute KLUG!!!!!

Marous ·

Valuta regulasies het nou by die venster uitgevlieg . Enige iemand wat buitelandse valuta in besit het kan niks oorkom nie . Hoef ook nie belasting te betaal nie want daar is geen transaksies nie.

Frikkels ·

Hy is vrygespreek op al die aanklagte teen hom. Hy kan blykbaar nie korrup wees nie. As hy nie korrup was nie, was daar nie dollars wat verdwyn het nie. As daar nie dollars verdwyn het nie, waarvoor word daar dan mense in hegtenis geneem? Die hele debakel ruik na rotte!

John ·

Solank een van daai name nie Ramaphosa is nie, stel ons nie belang nie.

Wit Leeu ·

Wat ‘n klomp twak ! Wil nou die blaam op ander pak, dis al wat dit is !

Nico ·

Een groot grap, die SP klae mense aan vir diefstal van sy eiendom, wat die diefstal wat hy elke dag pleeg.

Daisy ·

Ek is baie bly om te hoor die Australiese Dollars onder my bed is aanvaarbaar vir SARS.
Ek het mos geen valutabeheeerregulasies oortree nie.

Cherokee ·

Rakende die laaste twee paragrawe, sover ek onthou het AfriForum kapsie gemaak daarteen.

Papsak ·

Nou hoe nou twee verdagtes van Phala Phala saak aan gekeer nou hoe nie Ramaphosa ook nie geld is op sy plaas gekry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.