Sam Cane drie wedstryde geskors oor gevaarlike duik in WB-eindstryd

(Foto: Anne-Christine Poujoulat/AFP)

Nie net het Nieu-Seeland se Sam Cane die eerste rugbyspeler óóit geword om ’n rooi kaart tydens ’n Wêreldbeker-eindstryd te ontvang nie, maar hy is ook vir drie wedstryde geskors. Die skorsing word onderworpe aan die suksesvolle voltooiing van ’n intervensieprogram, tot twee wedstryde verminder.

Cane het Maandag virtueel voor ʼn onafhanklike dissiplinêre komitee verskyn in verband met ’n gevaarlike plettervat tydens die eindstryd teen Suid-Afrika.

Maroela Media het vroeër berig Cane het in die eerste helfte van die titaniese tweestryd op die Stade de France kontak met Jesse Kriel van Suid-Afrika se kop gemaak. ’n Geel kaart het daarna gevolg. Dit is later met ʼn rooi kaart vervang.

Cane het Maandag voor die tugkomitee verantwoordelikheid aanvaar dat hy ʼn daad van gemene spel tydens die eindstryd gepleeg het. Hy het wel die wedstrydbeamptes se besluit dat die plettervat ʼn rooi kaart regverdig, betwis.

Die komitee, onder voorsitterskap van die Australiese advokaat Adam Casselden, het eindelik beslis dat ’n roekelose daad van vuilspel in stryd met wet 9.13 (gevaarlike regop-posisie met duikslag) plaasgevind het.

Die tugkomitee het ook beslis dat kopkontak plaasgevind het en die graad van gevaar hoog was aangesien daar direkte en kragtige kontak was tussen die speler se skouer en die kop van die baldraer.

Die tugkomitee het gevolglik Wêreldrugby se verpligte minimum middelvlak-intreepunt toegepas vir vuilspel wat kopkontak tot gevolg het – dus ’n skorsing van ses wedstryde.

Daar is uiteindelik besluit om sy straf van ʼn skorsing van ses wedstryde tot drie te verminder weens Cane se voorbeeldige dissiplinêre rekord, sy vroeë erkenning van die fout en sy opregte berou.

Die verbod beteken dat die All Black-kaptein – wat verlede week aangekondig het dat hy by die Japanse klub Suntory Sungoliath aansluit – die volgende wedstryde misloop: Suntory teen Toshiba op 18 November, Suntory teen Panasonic op 25 November en Suntory teen D-Rocks op 2 Desember.

Cane beoog egter om aansoek te doen om aan die afrigting-ingrypingsprogram van Wêreldrugby deel te neem, wat sal beteken dat hy slegs die eerste twee wedstryde sal misloop. Die ingrypingsprogram is daarop gemik om spesifieke tegnieke en tegniese kwessies te wysig wat tot die vuilspel bygedra het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Seef ·

Ja want dit is geskoei op die reëlboek van die “sport” met die mees belaglike reëls op aarde. Dalk moet hulle maar eerder almal tutus dra in plaas van rugbytruie.

SwartBees ·

Was die rooikaart in die finaal nie genoeg nie? Hoekom nou iemand skop wat lê?!

SwartBees ·

Anton Leonard van die fulle sou lelik short gekom het met die reël. Hy het mos so regop tackle en speel styl gehad.

Pietertjie ·

So asof die straf om die beker te verloor nie swaar genoeg is nie. Rugby is besig om ‘n prima-donna, sokker-geur te ontwikkel.

kragaap ·

Ok te verloor is nie ‘n straf nie dis ‘n resultaat van die wedstryd waar ‘n span meer punte as die verloorspan aangeteken het. Die straf is vir ongeoorloofde spel.

latie ·

hy kan maar die beker vol trane kan vol maak en vogende keer moes nie weer doen nie stoute seuntjie jy les geleer en leer beitjie laag tackle nie kop nie

Kokkies ·

Voel vir Sam, dit was n oordeels fout wat hom en sy span gekos het. Reëls is reëls en hou by dit. As dit Eben was, sou hy vir 6 wedstryde geskors gewees het. Bokke word altyd swaarder gestraf. Ek kan nie sien dat Sam ooit weer in ‘n rugby wedstryd hoog gaan tackle nie. Hy het sy les geleer. Straf is hard, maar regverdig.

Theresa ·

Ek stem saam, die AB het al die jare weggekom met ongeoorloofde spel, dit weet almal, met die TMOs gaan dit nag raak vir hulle, hy is nie verhewe bo ander spelers nie

Elma ·

Hulle sê ons moet tutu’s dra! Ek verstaan nie eintlik die tutu argument nie.

kragaap ·

Huil nog steeds by wêreld rugby oor die reëls nie hul bevoordeel as hul teen die klipharde bokke speel nie. Ongelukkig twee finale teen die bokke twee bok oorwinnings. In ’95 het Suzie se hamburgers hul laat verloor toe hul nog met dripnaalde in hul arms moes speel en die jaar die skeidsregter. Die lewe is darem onregverdig……

OU SAAR ·

Ai, ek is al so gvol van rugby.
Dis rugby van die oggend tot die aand.
Voel vir my SA is besig om ń afgod van die bokke en die sport te maak terwyl daar ander meer dringender en belangriker dinge is om aan aandag te gee in die gebroke land van ons…

kragaap ·

Saar meeste sport ondersteuners is gvol vir politiek, leuens en gestelery van politici en o ja amper vergeet ek, mense wat heeltyd kla……. .

George ·

Glo my ons as Bok ondersteuners sou net so moan as dit beslissing teen Siya was, en ons het rooi kaart ontvang. Nes ons nou se hoe goed daar geblaas is, sou ons vinnig anders praat as ons met 1 punt verloor het. BOKKE BO!

Ny ·

Ek dink hulle oorreager nou bietjie…
Dis nou verby. Die straf is uitgedien, let it go!

vuurvliegie ·

Sam Cane jy is oppad om die volgende Richie Mccaw te word. Die wereld staan saam met jou en jy bly die hero van die helfte van Suid Afrika. Jou legacy word net groter en groter.

vuurvliegie ·

Dis waaroor alles gaan—New Zealand’s All Blacks men’s rugby union national team remain the world’s most prized with a brand value of $282 million,

Fran ·

Ek is 100% ‘n Bokondersteuner maar hy moes nooit ‘n rooikaart gekry het nie. Gelaglike reëls van WR. ‘n Geelkaart sou voldoende wees. Waar gaan dit eindig?

kragaap ·

Dit is glad nie waaroor dit gaan nie. Het hul ondersteuners hul toegejuig toe hul waardasie op $282 m uitgekom het ? Hou tog op ‘n verloorspan op praat. Bokke het hul geklop ten spyte van hul “evaluasie” as ‘m sport span.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.