Chaos toe rowers kitsbank opblaas

OTM by Bapsfontein vulstasie opgeblaas

Die OTM is so stukkend geskiet dat daar feitlik niks geld oorgebly het vir die rowers om te steel nie. (Foto: Verskaf).

Nege vermeende rowers se planne om ʼn kitsbank op te blaas het Maandagoggend tot die verwoesting van ʼn vulstasie se geriefswinkel gelei.

August Fleischman, eienaar van die geriefswinkel by die Caltex Fourways-vulstasie by die Rigel- en Delmaskruising buite Pretoria, se winkel is Maandagoggend in die rooftog erg verrinneweer.

“Die vensters wat shatterproof was, is ge-shatter,” het hy aan Maroela Media gesê. Plek-plek hang die plafon in stukke en van die kitsbank, ʼn klein model wat Fleischman self met geld vir klante se gerief gevul het, het daar niks oorgebly nie.

“Daar was seker so R15 000 daar in, maar hulle [die rowers] het met minder as die helfte weggekom. Die res het hulle totaal en al verwoes,” sê Fleischman. Hy besit die winkel al amper 30 jaar.

Die bende van nege gewapende mans het die winkel Maandag omstreeks 01:00 binnegekom. “Hulle het handwapens by hulle gehad,” sê Fleischman.

Die rowers het die personeel in die winkel agter in die yskaste toegesluit terwyl hulle die springstof op die kitsbank geplaas het. Die yskas kan van binne af oopmaak, en die personeel het later so ontsnap ná die rowers gevlug het.

Vir Fleischman, wat later van Hoedspruit in Limpopo na die toneel gejaag het, het dit gelyk soos springstof wat moontlik by myne gebruik word.

OTM by Bapsfontein vulstasie opgeblaas

Rowers het dié OTM geteiken, maar in die proses grootskaalse skade aan die winkel berokken. (Foto: Verskaf).

“Nugter weet waar hulle dit in die hande gekry het.”

Hy is dankbaar dat geen personeellede tydens die ontploffing ernstig beseer is nie. “Net een personeellid wat in ʼn deur vasgehardloop het in ʼn poging om te ontsnap, is effens beseer,” sê hy.

Nog ʼn personeellid, wat in die kantoor was, het daar weggekruip maar is ook deur die rowers na die yskas gedwing.

Fleischman vermoed die rowers was kansvatters wat van die straat af ingeloop het. “Hulle het in die proses feitlik al die kontant verwoes, wat vir my sê dit lyk of hulle nie mooi geweet het wat hulle doen nie.”

Die geraamde skade aan die perseel beloop meer as wat die rowers gebuit het. “Dit gaan baie geld kos om alles te herstel, wat nog te sê van die voorraad wat beskadig is,” sê hy.

Die rowers het kort ná die ontploffing gevlug.

Fleischman het die saak vir verdere ondersoek by die polisie aangemeld.

Lt.kol. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, het Maroela Media se navraag ontvang, maar nog nie daarop reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wonder ·

Desember is weer naby dinge gaan nou weer erger word as wat dit is.

domheks ·

Vat wat jy wil he, verder sorg die goverment vir al die kindertjies dan kry ons betaling daarvoor. Net in die hool!

Net-my-opinie ·

Dis nou die tipe ouens wat die doodstraf deur en deur verdien. Hulle sal ‘n ontploffing veroorsaak wat baie lewens kan neem en ongekende skade kan aanrig aan eiendom, Sonder om een sekonde aan die uitkomste van hulle optrde sal dink. Maar ons het mos mense regte in Suid-Afrika. My probleem met mense regte is, jy gun vir een ‘n reg, maar terselftertyd ontneem jy ‘n ander van sy/haar reg. Kyk maar na moord. Iemand neem ‘n lewe en i.p.v. dat die regstelsel daardie persoon wie ‘n lewe geneem het, dieselfde prys laat betaal vir die neem van ‘n lewe, m.a.w. die doodstraf, beskerm die reg daardie persoon want ai, dis darem maar net te erg en te vreeslik wreed om ‘n moordenaar te laat betaal vir ‘n moord, deur sy lewe ook te neem. Nog ‘n voorbeeld, mense wat ongelukkig is betoog en steeks bande brand en versper paaie en gooi klippe en beskadig eiendom, want hulle het die reg, maar ontneem bv. die reg van die padgebruiker om vreedsaam daarop te reis en ontneem die eienaar van eiendom vir die skade deur hul optrede. Die hele besigheid is verdraai in SA.

Brakanjan ·

Is dit nou Fourways (Johannesburg) of is dit buite Pretoria op die Delmaspad? Rigellaan word Delmaspad, so hulle kruis nie.

Johann ·

Nog statistieke vir MADHATTER om te lees. Gewelds HOOL van die ANC.

Dup ·

En ons getransformeerde howe gaan die boewe beslis onskuldig bevind.Sê maar net.

Shakespeare ·

Die kriminele , onbevoegdes en korruptes is dik gesaai in ons land. Hulle is die oorsaak dat ons land op die ashoop is. Ons sal NOOIT ontslae kan raak van die menigte nie.

Cherokee ·

Ek wonder altyd waarom sê mense maar net, en volg dit dan op met ‘sê maar net’. Seker maar omdat hulle maar net gesê het. :-(((

Bolandse Nooi ·

Want ek/ons sê maar net … voor ons moet koes vir die klippe wat ons kant toe gegooi word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.