Opgeskorte vonnis vir oudstudent wat NSFAS-geld blaas

Sibongile Mani het destyds meer as R800 000 geblaas. (Foto: Verskaf)

Sibongile Mani het ʼn opgeskorte vonnis in die hooggeregshofsitting in Makhanda in die Oos-Kaap ontvang.

Meer as R14 miljoen is van die nasionale hulpskema vir studente (NSFAS) in haar bankrekening inbetaal. Mani, ʼn oudstudent aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU), is vroeër vyf jaar tronkstraf opgelê nadat sy meer as R800 000 van die geld op allerlei luukshede uitgegee het. Haar regspan het teen haar skuldigbevinding en vonnis geappelleer.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê die NVG verwelkom die uitspraak dat die hof haar appèl teen haar skuldigbevinding van die hand gewys het. Haar vonnis is egter tersyde gestel en haar vonnis is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat sy nie skuldig bevind sal word aan enige oortreding insluitend bedrog of diefstal in dié tydperk nie.

“Sy is ook korrektiewe toesig opgelê van drie jaar om 576 ure gemeenskapsdiens sonder vergoeding uit te voer. Sy moet gereeld berading en rehabilitasieprogramme bywoon wat deur die departement van korrektiewe dienste aangebied word. Sy sal deur ʼn korrektiewe beampte gemonitor word, soos bepaal deur die hoof van gemeenskapskorrektiewe dienste in Queenstown.”
Die streekhof (wat in Maart 2022 die vonnis opgelê het) en die hooggeregshof het bevind dat Mani geweet het haar optrede is onwettig. Sy het dus doelbewus bedrog gepleeg.

Mani het gedurende 2017 honderde duisende rand verduister nadat R14 miljoen verkeerdelik in haar rekening inbetaal is. Die geld is verkeerdelik deur Intellimali, ʼn kontrakteur wat NSFAS se betalings behartig, oorbetaal. Sy het oor ʼn tydperk van 76 dae meer as R800 000 bestee aan 11 komberse, nege handdoeke, klere vir mans, drankies, sigarette, 24 baadjies en handsakke. Sy het die geld in verskillende dorpe spandeer, wat ook as bewys gedien het dat sy die diefstal beplan het.

Mani wou nie tydens die saak in die hof getuig nie en het verkies om te swyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Cassie Carstens ·

Ja dis eintlik tragies. Hulle wou seker haar rekord skoon probeer hou omdat sy nog so jonk is, maar sy het goed geweet wat sy doen. Wat my pla is – die een wat die “foutjie” gemaak het, want het van hom geword? Het hy iets oorgekom? Nee, seker ook skotvry daarvan afgekom.

Blikke ·

Wens iemand wil so foutjie in my bank inbetaal….ek blaas als enige tyd vir n opgeskorte vonnis en n bietjie gemeenskapsdiens. Ons sypaadjies het reeds n bietjie aandag nodig.

Johanncb ·

Wow, wat het geword van reg en geregtigheid? As ek ‘n spoedboete ontvang, met ek opdok of die wetlike gevolge dra!

SjN ·

Wat gebeur met die persone betrokke wat dit foutief oorbetaal en gemagtig het?

ES ·

Dit is nie ‘n kriminele ootredeing om ‘n tikfout te maak nie. Dit kon ‘n werklike fout gewees het – hoe kan jy so persoon skuldig maak vir iets wat iemand anders gedoen het?

JohanEtz ·

Diefstal beplan? Wat het geword van die mens wat dié geld verkeerd oorbetaal het?

Nico ·

Opgeskorte vonnis nadat die persoon R14.000000 verduister het, wat ‘n skande.

Linda ·

Sy het niks verduister nie. Sy het R800 000.00 daarvan spandeer oor 76 dae. Die res het hulle terug geplaas na die fout ontdek was. Hoekom spreek niemand die dom klerk aan wat daai oorbetaling in die eerste plek gemaak het. Hoekom is daar by die plek wat studente toelae uitbetaal nie ‘n plafon bedrag wat goedgekeur en deurgelaat word ingestel nie. Die student in my oë het nie regtig enige iets verkeerd gedoen anders as om van die geld uit te gee nie.

Linda ·

En die klerk wat die oorspronklike transaksie deurgesit het? Wat het met die gebeur? Daai instansie wat die toelaes uitbetaal het geslaap en nie sekuriteits blokke op hulle traqnsaksies gesit nie. Hulle moes die verlies dra.

miche ·

Martie, stem 100% saam met jou. As ek van die kommentare lees, sidder ek om te dink wat van integriteit en morele waardes geword het…

miche ·

Wonder wat sy op haar aansoek om betrekking vorm geskryf het/ gaan skryf ? Seker weer bedrog pleeg.
Ek sien vir haar ‘n briljante toekoms by een of meer politieke partye…

Frank ·

Ek sien nou daars ‘n Judges Matter groepie ook.
Shame, om op so ‘n manier SA se regstelsel se integriteit te probeer herstel

Amelia ·

lyk nie sy die geld terug betaal nie so belasting betaler gaan seker magies as die mense wat studeer laat hul ook maar self betaal verseker hetsy nie onderskeidings gehad nie als
word mos net gegee en gegee maar vir die res sukel maar voort

ES ·

Al wat hierdie nou wys is dat dit oukei is om geld wat jou nie toekom nie te spandeer as jy dit per ongeluk kry – en niks sal met jou gebeur nie.

Wat ‘n simpel grap.

Linda ·

As so toeval met my gebeur het was ek daai selfde tyd uit SA met my stywe bank balans. R14 000 000.00 is ‘n lekker nes eier om oor te begin op , klein eiland iewers.Wat van die dom klerk wat die oorbetaling gedoen het, wat het sy/hy oorgekom?

hpven ·

Linda jy is reg dit maak deure vir ons almal oop. Ons hoef nie sulke geld terug te betaal en onverklaarde USD in rusbanke is blykbaar ook wettig na die Phala Phala aangeleentheid. Lekker man lekker! Was die klerk dalk ‘n kader aanstelling?

Niklaas ·

Dis nou sommer ‘n wonderlike les en voorbeeld aan almal. As iemand per ongeluk in die toekoms geld laat beland in jou rekening…dan gebruik jy dit maksimaal. Geen swaar strawwe nie , dis mos SA hierdie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.