Gautrein op soek na nuwe vennoot

Die Gautrein. (Foto: GautengCitizen via Wikimedia Commons)

Die Gautengse uitvoerende raad het onlangs die werwing van ʼn nuwe vennoot vir die Gautreinstelsel goedgekeur.

Die huidige Gautrein-konsessie-ooreenkoms verstryk in Maart 2026.

William Dachs, uitvoerende hoof van die Gautrein-bestuursagentskap (GBA), verwelkom die besluit, Die GBA het reeds begin met die beplanning om die Gautrain Post 2026-projek te bemark.

Volgens Dachs sal die nuwe vennoot die huidige Gautreinstelsel bedryf, in stand hou, moderniseer, innoveer en opgradeer “sodat die GBA kan voortgaan om ‘n veilige en doeltreffend openbare vervoerdiens te lewer”.

“Gautrein is die eerste en enigste vinnige spoorwegnetwerk, en die eerste openbare-privaat-vennootskap van sy grootte in Suid-Afrika. Dit is ʼn strategiese bate met ʼn waarde van R45 miljard,” voeg Dachs by. “Sodra die huidige konsessie in Maart 2026 tot ‘n einde kom ná ʼn termyn van 19 en ʼn half jaar, sal die kostes van die vestiging van hierdie langtermynbate afbetaal wees. Dit baan die weg vir ekonomiese voordele vir die Post 2026-projek.”

Hy sê alhoewel die Gautrein as ʼn vervoerprojek beplan en geïmplementeer is, is dit ʼn ekonomiese ontwikkelingsprojek wat daarop fokus om doelwitte te bereik om ekonomiese groei en werkskepping te stimuleer en belegging en nuwe ontwikkeling te bevorder.

“Die Post 2026 Gautrein-projek sal verdere ekonomiese potensiaal en geleenthede ontsluit. Dit sal ook ‘n geleentheid bied om voort te bou op ʼn hoogs funksionele, wêreldklas-stelsel en om die Gautrein-besigheidsmodel te heroorweeg, om te verseker dat die stelsel nie net op die huidige uitdagings reageer nie, maar ook operasionele en finansiële volhoubaarheid op die lang termyn verseker.”

Hy meen die Gautrein sal ʼn nog meer integrale deel van mense se daaglikse lewens word en ʼn katalisator vir ekonomiese ontwikkeling, groei en ekonomiese herstel in die provinsie.

Die werwingsproses vir ʼn nuwe vennoot sal verseker dat daar ʼn soomlose en tydige oorgang van die bestaande vennoot na die nuwe kontrak sal wees om seker te maak die diens word nie ná Maart 2026 onderbreek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Martie Smartie ·

Mense moenie vir een oomblik dink die Gautrein projek is ‘n sukses vd regering nie. Gaan kyk bietjie watter astronomiese bedrae het die Bombela konsessie als gemaak uit belastinggeld. Die belastingbetaler hoes AL DIE PAD vir hierdie spoorlyn en trein, nie die inkomste uit kaartjies en parkering nie. So go figure …

miche ·

Die Centurion Gautrain parkeer area staan meestal leeg( en dor soos ‘n ou uitgediende myn). Om te dink hul het in die proses ‘n pragtige Kerk gesloop, ‘n teetuin/ lapa en huise. Nou is daar net ‘n meestal leë parkeerterrein met ‘n paar voertuie. En sinkplate wat oral rondlê.

miche ·

En toe gaan staan die Gautrein boonop vanaf O.R. Tambo na Centurion( sien nuutste berig).
I rest my case.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.