KZN-ongeluk eis kind, boetie kritiek

‘n Driejarige kind het in die ongeluk in die Pinetown-omgewing gesterf. (Foto: ALS Paramedics)

ʼn Driejarige dogtertjie is dood en haar sewejarige boetie in ʼn bedenklike toestand ná ʼn ongeluk Dinsdag op die N3 in die omgewing van die Mariannhill-tolhek.

Garrith Jamieson, woordvoerder van ALS Paramedics, sê die ongeluk het kort voor 13:00 tussen ʼn vragmotor, ʼn bakkie en ʼn ligte motor in die omgewing van Pinetown plaasgevind.

Die twee kinders was vermoedelik agterin die bakkie toe die ongeluk gebeur het.

‘n Sewejarige seuntjie is met ‘n helikopter van Netcare na ‘n hospitaal gevlieg. (Foto: ALS Paramedics)

ʼn Helikopter van Netcare 911 is inderhaas na die toneel gestuur om die dogtertjie na ʼn hospitaal te vlieg. Haar hart het egter op die toneel gaan staan en ten spyte van talle pogings om haar by te bring, is sy op die toneel dood verklaar.

Haar boetie is daarna met die helikopter na ʼn hospitaal gevlieg.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.