Lee-Ann Liebenberg en haar man en twee dogters is Dinsdagmiddag deur drie gewapende mans in die oprit na hul huis aangehou, het The Juice berig.
Die Suid-Afrikaanse model het die skokkende nuus op Twitter gedeel: “Ons is sopas van Hyde Park-winkelsentrum af huis toe agtervolg en drie gewapende mans het ons aangehou,” het sy geskryf. Sy het ook die registrasienommer van die motor, ‘n Mercedes Benz gegee: BM49PW GP.
Lee-Ann se dogter, Gabriella, vier vandag haar eerste verjaarsdag.
Haar publisiteitsbeampte, Thulane Hadebe, het aan The Juice bevestig dat Lee-Ann en haar gesin nie beseer is nie, maar baie getraumatiseerd is na die voorval.
Lee-Ann se man was in 2011 ook die slagoffer van ʼn kaping in hul oprit in Johannesburg.
The Juice
Bron: News24
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Per week raak dinge slegter in die land. Wie kan ons goue hand druk gee daarvoor. Ek is bly jul gesin is gespaar. My man was ook gister gespaar.
Paraat . . .paraat . . . paraat en nogmaals paraat.
Dis maar ‘n baie vae, nikseggende berig. Aangehou? Om aangehou te word is iets anders as om beroof te word. Daar word nie eers vermeld of enige besittings geroof is, en of die aanvallers hulle huis binnegaan het, of hulle gedreig of leed aangedoen is nie. Klink maar vreemd – as hulle net “aangehou” of lastig geval is. As hulle heeltyd geweet het die mense agtervolg hulle van die winkelsentrum af, waarom dan reguit huistoe gery?
Baie bly julle is ongedeerd. Maar as julle nou van die winkelsentrum af agtervolg is – hoekom ry julle huis toe……..????