Liggaam gevind in bekende Bloem-kuierstraat

(Foto: Google Maps)

Die polisie in Bloemfontein vra die publiek se hulp met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte(s) wat moontlik betrokke was by die moord op ʼn man in Tweede Laan, Westdene.

’n 36-jarige man se liggaam is Woensdag omstreeks 06:40 in die oop stuk veld op die hoek van Zastron-straat en Tweede Laan gevind.

Volgens sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, het die man kneusplekke op sy gesig en brandwonde aan sy hande, bors en bobene gehad.

“Die man het op sy rug gelê en was met ʼn duvet bedek. Sy voete was met ʼn tou vasgebind,” bevestig Mpakane.

Die man was in ʼn grys trui en gestreepte bokserbroek geklee.

“Paramedici het die man op die toneel dood verklaar.”

Volgens Mpakane kon die polisie nog nie die oorledene se familie opspoor nie en vra ook die publiek se hulp daarmee.

“Enige iemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte(s) of wat kan help om die familie van die oorledene op te spoor, kan kapt. Yaliwe Mokoena van die polisie in Parkweg by 082 526 2653 skakel of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 kontak.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anel ·

Dit is baie hartseer maar ek is nou ook al so g..vol vir berigte wat polities korrek probeer wees. Hie de joos moet die persoon uitgeken word as mens nie mag weet van watter bevolkingsgroep hy is nie? Sy haarkleur, sy oë se kleur, jy lig die lid op, lang hare, baard, snor, tatoeermerke, velkleur. Dit alles help, maar om net klere beskrywing te gee, help net mooi niks!!!!!! Hoop in elke geval sy familie word op gespoor sodat hulle berustig kan vind en sommer die moordenaar ook!!!

Danie ·

Maar net nog n moord met baie vrae.Welkom in die nuwe SA.Ek glo die 76 moorde per dag sal die volgende statestiek by vere verbysteek.Ek hoor en sien nie dat misdaad die res van die bevolkings groepe pla nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.