Luister: Harber oor laagte-, hoogtepunte in media tydens staatskaping

Prof Anton Harber het Maroela Media gesels oor sy boek “So For the Record” wat gekyk het na ondersoekende joernalistiek in die era van staatskaping. (Foto: Jonathan Ball Publishers)

Anton Harber, veteraanjoernalis en Caxton-professor in joernalistiek aan die Universiteit van Witwatersrand, het sy ondersoekende kennis van 40 jaar ingespan om sy eie beroep se aandeel in die era van staatkaping te ondersoek.

Harber het vir twee jaar tientalle onderhoude gevoer met politici, joernaliste, polisiemanne en fluitjieblasers voordat hy twee merkwaardige verhale oor joernalistiek in dié tyd saamgevoeg het. En dit lees soos spioenasieriller.

Die eerste is ʼn ysige verhaal van die sogenaamde Cato Manor-moordbendesaak en ʼn korrupte ondersoekeenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, wat kwansuis ʼn bordeel bedryf het. Daarby ook hoe een van Suid-Afrika se voorste koerante bedrieg is om die vuil werk van politici te doen.

Die tweede verhaal begin met ʼn gebreekte hardeskyf wat ná talle amper misgeloopte geleenthede lei tot die ontbloting van die diepte van die invloed van die Guptas op die regerende party.

Harber het die fassinerende stories vertel agter die opskrifte en die joernaliste wat daarvoor gesorg het. Dit is allermins akademies en hy weef ʼn storie soos ʼn ordentlike spanningsverhaal sonder om in te veel besonderhede vas te val.

Die twee verhale onthul die laagte- en hoogtepunte van ondersoekende joernalistiek tydens era van staatskaping.

Harber het met Maroela Media gesels oor sy boek So For the Record – Behind the Headlines in an Era of State Capture en die ondersoeke daarvoor.

Harber het die fassinerende stories vertel agter die opskrifte en die joernaliste wat daarvoor gesorg het. (Grafika: Jonathan Ball Publishers/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.