’n Strafskop in die doodsnikke van die wedstryd het die kragmeting vir die Kapenaars beklink. Maar dink wat jy wil van die Vrystaat; hulle is ongetwyfeld bittereinders.
Lees meerAlles vir Saterdag 2 Januarie 2021
Luister na ‘Bitterbosbende: Die been in die bos’ deur Anzil Kulsen
Vyf minute lange pure storiebederf deur Anzil Kulsen. Luister hier wat gebeur wanneer die Bitterbosbende gaan kamp en onverwags op die spoor van ʼn geheimsinnige stoomlokomotief beland.
Tiaan laat Leeus teen Pumas brul
Die nuwe ster op die Leeus se horison het Saterdag in Nelspruit weer helder geskyn toe die heelagter Tiaan Swanepoel sy span tot ʼn oorwinning oor die Pumas in ’n Curriebeker-wedstryd gestuur het.
Luister: Harber oor laagte-, hoogtepunte in media tydens staatskaping
Prof Anton Harber het vir twee jaar tientalle onderhoude gevoer met politici, joernaliste, polisiemanne en fluitjieblasers voordat hy twee merkwaardige verhale oor joernalistiek in dié tyd saamgevoeg het. En dit lees soos spioenasieriller.
Werk slim met jou finansies in 2021
Die jaar 2020 was ’n moeilike jaar en ekonome voorspel dat 2021 selfs moeiliker kan wees. Om ’n effektiewe begroting te gebruik om jou finansies doeltreffend te bestuur, verskaf ’n sterk fondasie vir jou finansiële welstand, skryf Ronel Jooste.
Bekende Oos-Kaapse politikus oorlede
‘n Deurwinterde legende in die Oos-Kaapse opposisiepolitiek, Eddie Trent, is in die ouderdom van 80 jaar in Port Elizabeth oorlede.
Boek van die maand: ‘Skepsel’ deur Willem Anker
In plaas daarvan om die verhaalgegewe hier weer te gee of iets te laat glip oor die heerlike verrassings wat die leser in dié roman te wagte kan wees, laat ek dít oor aan die leser en meer nog aan die wakker leser wat afdraaipaadjies vat. Afdraaie wat die leeservaring net soveel ryker maak.
Leon van Nierop se resensie: Meisies wat fluit
Omgord jou lendene vir hierdie uitdagende, strawwe en rowwe verhaal oor egskeiding.
Leon van Nierop se resensie: Posbus 1
Dit waarsku aanvanklik dat oudword en eensaamheid hande vat. Hulle is vinkel en koljander. Maar moenie dink dat Posbus 1 neerdrukkend is nie. Allermins!
Paaie besiger terwyl vakansiegangers terugkeer
Die getal voertuie wat vakansiebestemmings aan die kus verlaat, het Saterdag skerp toegeneem.
SANParke-helikopter in Kaapstad beskadig
ʼn SANParke-helikopter is Saterdagoggend beskadig nadat die vlieënier beheer verloor het toe dit by Kaapstad- Internasionale Lughawe opgestyg het.
Filmregisseur Bromley Cawood oorlede
Die filmregisseur Bromley Cawood is Vrydagaand oorlede. Hy was ook die broer van die aktrise Elize Cawood.
Foto’s: Groot skade in Krugersdorp ná storm
Hoërskool Monument het struktureel ook baie skade opgedoen en mure het by Môreglans Ouetehuis omgeval.
Maroela Media se 10 gewildste gedoriewaar-stories vir 2020
Hierdie 10 artikels is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media se Gedoriewaar-portaal.
Maroela Media se 10 gewildste Taaltoffies vir 2020
Hierdie 10 artikels is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media se Toetentaal-afdeling.
Luister: Griekwagebed – Die gebed van Jabes
Kom luister saam na “Die gebed van Jabes”, ʼn Griekwagebed uit “Innie Skylte vannie Jirre”. Dit is deur Hans du Plessis geskryf en word deur Veronica Geldenhuys voorgelees.
Vermiste vrou in Parys gevind
ʼn 53-jarige vrou wat in Parys in die Vrystaat as vermis aangemeld is, is Saterdagoggend gevind.
Minstens 2 500 by onwettige Nuwejaarspartytjie in Frankryk
Sowat 2 500 partytjiegangers het ʼn onwettige Nuwejaarspartytjie in die noordweste van Frankryk bygewoon en met polisiebeamptes gebots wat die byeenkoms wou stopsit.
Covid-19: 20 miljoen gevalle in VSA bevestig
Die VSA het Vrydag 2021 binnegegaan deur die buitengewone mylpaal van 20 miljoen gevalle te oortref.
Twee sterf toe voertuig aan die brand slaan
ʼn Bestuurder van ʼn ligte afleweringsvoertuig en sy passasier het onherkenbaar verkool toe hul voertuig ná ʼn ongeluk naby Karino in Nelspruit aan die brand geslaan het.