Maroela Media se 10 gewildste gedoriewaar-stories vir 2020

Hierdie 10 artikels is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media se Gedoriewaar-portaal.

  1. Dís hoekom 29 ton wortels in ʼn straat gestort is

Altesaam 29 ton wortels is in ʼn straat in Londen gestort en omstanders is verstom gelaat.

Foto: Rafael Perez Evans

  1. Sussie bekommerd oor baba se naam

ʼn Vrou, wat nie met haar sussie se keuse vir ʼn babanaam saamstem nie, is onseker of sy iets daaroor moet sê of net moet stilbly.

Argieffoto (Foto: BRUNA BRUNA/Pixabay)

  1. Dalk die lelikste troukoek ooit?

Sosialemediagebruikers lag vir ʼn troukoek wat volgens sommiges soos “gebrande en geskende beesvleis” lyk.

Die berugte troukoek (Foto: Reddit)

  1. Pandemie bring spyt oor baba se naam

Dis ʼn baie groot verantwoordelikheid om op ʼn kind se naam te besluit – dit is iets wat jou kind lewenslank saam met hom gaan dra en wat hom kan definieer.

Argieffoto (Foto: Regina Petkovic/Pixabay)

  1. Gedoriewaar! Video van ʼn voël met ʼn haai in sy kloue

ʼn Video van ʼn roofvoël met vermoedelik ʼn haai in sy kloue, het die internet op hol.

Skermgreep uit die video

  1. Só lyk Elsa op flop van ʼn Frozen-koek

ʼn Bakkery word gespot oor sy “Frozen Elsa”-koek wat, volgens sommige gebruikers, lyk soos ʼn aap wat grimering dra.

Dis hoe die koek uitgekom het (Foto: CakeWrecks.com)

  1. ‘Zombie’-tiener tot 10 jaar gevonnis

Sahar Tabar is in Teheran, die hoofstad van Iran, in hegtenis geneem ná sy foto’s van haarself op sosiale media gedeel het.

Sahar Tabar (Foto: Sahar Tabar/Instagram)

  1. Strooimeisie sê ete by onthaal lyk soos kleuter se middagete

ʼn Foto wat ʼn strooimeisie op Facebook gedeel het van ʼn ete by ʼn troue word wyd gedeel ná sy dit vergelyk het met ʼn kleuter se middagete.

Die foto van die ete by die onthaal wat die strooimeisie gedeel het

  1. Weens Covid-19 dog dokters baba se van is ʼn grappie

ʼn Man sê hy moet nou sy identiteitsdokument oral heen saam met hom vat, selfs tydens die geboorte van sy seun, omdat mense dink hy bak ʼn poets as hulle sy van hoor.

Jimmy Korona en sy vrou, Lauren, en hul babatjie Jimmy (Foto: Michael James Korona)

  1. Bruid gekap oor prettige foto

ʼn Foto van ʼn bruid en bruidegom loop nou egter onder skerp kritiek deur op die sosialemedianetwerk Reddit.

Die foto wat op Reddit gedeel is

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.