Bruid gekap oor prettige foto

Die foto wat op Reddit gedeel is

Fotograwe moet baie kreatief wees en met allerhande idees vorendag kom om ʼn foto te neem op ʼn paartjie se groot dag sodat hulle dit altyd kan koester: die bruidegom se gesig wanneer die bruid ingestap kom, die eerste soen as getroudes, die ouers se trane tydens die toesprake …

ʼn Foto van ʼn bruid en bruidegom loop nou egter onder skerp kritiek deur op die sosialemedianetwerk Reddit en volgens sommige mense het die bruid “geen selfrespek” nie en ander sê dit is “seksisties”.

In die foto lyk dit of die vrou haar trourok gebruik om haar man se motor blink te vryf terwyl haar man in sy blou motor sit en boonop met ʼn vinger wys waar sy dalk ʼn kolletjie gemis het. Die foto is slegs met die byskrif “Hmmmm” op Reddit gedeel.

“Het die vrou geen selfrespek nie?” wil een gebruiker weet. “Stel jouself voor dat jy heeltemal tevrede is om vir ʼn foto te poseer wat uitbeeld dat jou man liewer is vir sy kar as vir jou.”

“Baie hartseer,” skryf ʼn ander. “Een dag het sy dalk ʼn dogter wat dié foto sien.”

Nog iemand skryf: “Dit wys presies hoe materialisties die bruidegom is.”

Heelwat gebruikers het egter die egpaar verdedig en gesê dit is waarskynlik sommer net ʼn tong-in-die-kies foto. “Sjoe, mense kan veroordelend wees!” skryf een. “Vir al wat jy weet is sy net so lief vir die kar as vir hom!”

Nog iemand skryf: “Ek is ʼn meisie wat baie van motors hou. Ek het ʼn foto waar ek in my gradeplegtigheidtoga staan en dieselfde ding doen. Ek sal dit op my troue ook doen!”

“As hulle albei van motors hou, is dit sommer net ʼn onskuldige foto. Dis sommer net bietjie pret!” skryf ʼn ander.

Hmmmm from weddingshaming

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hennerik ·

Belaglik om hieroor ‘n pynappel te baar. Dis prettig, wat mens op ‘n troudag wil sien.

ES ·

So ‘n lekker tong in die kies foto!

Ek hou daarvan, dis oulik en oorspronklik – daar is baie vroue wat ook van mooi en vinnige motors hou – dis g’n seksisties of neerhalend nie.

Net ek ·

Te oulik en kreatief, ietsie wat albei altyd sal onthou en oor sal lag..
Die mense met die nat broeke moet net relax, sluit aan by BLM dan kan julle verder brom brom speel….

Snowball ·

Dis juis omdat hy haar liewer as die kar het dat sy so ‘n grap kan maak. Aarde tog, kry net ‘n “grip” op die lewe..

Tienie ·

Vir al die bitterbekke….

Get a life

Dit is baie humorristies op hul groot dag.

Lank sal hul lewe met kinders by dosyne.

Baie geluk JULLE TWEE

Loompa ·

Oor die lewe al ver genoeg negatief onder ons vel kriewel. Mense moet weer leer om te lag en die lewe geniet en ophou om altyd op almal se tone net wil trap.

Ruan ·

Ek wonder wat hul van my foto dan sal sê? Ek het ‘n foto van paar jaar terug waar ek my vrou optel en my kar afvee.

Mauritz ·

Sommige mense gaan deur die lewe, gedurig op soek na iets waaroor hulle verontwaardig kan wees. Ons moet hulle maar verduur want hulle gevoel van verontwaardiging gee darem tydelike verligting van hulle gevoel van minderwaardigheid.

'n Simpelman ·

Goeie foto.
Geluk julle 2, geniet hom julle.
Moenie dat iemand julle geluk en pret bederf.

Wat word van ons wêreld???

Prikkie ·

Ons ou mensdom het darem maar erg sinies geraak.

Sien nie meer die humor in enige situasie taak nie en O so veroordelend!

QueenB ·

Dus cute man wat sal mense so gal braak nee wag stop die oumense gedagtes…

Oom Hennie Pennie ·

Mense wil maar net kla omdat hulle ‘n tong het om nonsens te praat

4ntj13 ·

Hoe oorspronklik! Die volgende fotograaf wat dit wil nadoen kan gerus dat die man óók die kar êrens met sy klere politoer. Ek is taamlik sat vir almal wat wil oordeel sonder die kleinste greintjie insig in die werklikheid. Uit die man se perspektief kan hy waarskynlik nie vuilkolle raaksien om uit te wys nie, maar net ʼn bruid wat ook baie van sy mooi kar hou.

Christina ·

Genade, mens mag niks meer sê of doen nie dan is die gort gaar.

Fae Fubar ·

Ai, die klomp verkramptes in die wêreld moet regtig ‘n lewe kry. Dit is ‘n pragtige foto en baie prettig.

Foefie ·

ja en dalk is al hierdie reklame eintlik AL wat die paartjie wou ontlok. Dit het gewerk, dan nie? :-)

Melanie ·

Ag gelukkig is dit haar troue en niemand ander se memories wat hul bou nie. In die donker wereld, kleur jou eie bladsy in want as dit van ander afhang gaan hul jou net grys potlode gee!!

Vlooi ·

Dit is ‘n tong in die kies foto, mense raak opgesaal oor niks, die oomblik wat daar ‘n ligter kant van die lewe is waaroor jy kan lag dan is dit taboe. In die lewe waar ons gebuk gaan onder eindelose druk verstom dit my dat mense eerder neerslagtigheid verkies as om die ligte oomblikke te geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.