ʼn Foto wat ʼn strooimeisie op Facebook gedeel het van ʼn ete by ʼn troue word wyd gedeel ná sy dit vergelyk het met ʼn kleuter se middagete.
Gebruikers het gesê hulle weet nie of hulle moet lag of huil oor die ete wat aangebied is nie.
Etes by troues strek van aansit driegangmaaltye tot buffets en selfs ʼn braai, maar een bruid en bruidegom het hulself kritiek op die hals gehaal vir die ete wat hulle gekies het vir hul gaste.
ʼn Strooimeisie het ʼn foto op sosiale media gedeel van haar bordjie kos: ʼn pakkie skyfies, ʼn halwe croissant, twee tandestokkies met kaas en vrugte en ʼn bakkie komkommer, wortel en klein tamaties.
“Dit is letterlik wat ek vandag vir my kleuter saamgestuur het skool toe, sonder die pakkie skyfies,” het een gebruiker reageer, berig 7News.
“Hulle kon nie eers ʼn toebroodjie gee nie? Selfs nie eers ʼn halwe broodjie nie?” wou ʼn ander weet.
Dit is nie die eerste keer wat paartjies veroordeel word vir hul keuse van etes nie. ʼn Voornemende bruid se RSVP-kaartjie het onlangs ook kritiek op sosiale media uitgelok toe sy etes volgens die waarde van die geskenk aangebied het. Gaste moes uit een van vier “geskenk-vlakke” kies om te bepaal wat hulle tydens die onthaal sou kon eet.
Die laagste vlak, die “loving gift”, begin op $250 met gebraaide hoender of swaardvis as opsies vir die ete.
Die hoogste vlak, die “platinum gift”, is vir gaste wat tot $2 500 sou spandeer aan ʼn geskenk – en hulle kan enige ete op die spyskaart kies of ʼn 2 lb-kreef-ete.
Dit het na die tyd aan die lig gekom dit was net ʼn poets en is as ʼn grappie saam met die uitnodigings uitgestuur, maar in daardie stadium het talle gaste dit reeds aanlyn gedeel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Maak nie saak wat jy bedien nie. Die mense skinder in elk geval oor alles.
ja mense skinder in elk geval, as die begroting gedruk het kon dit maar liewer mooi reenboog toebroodjies gewees het
Mense skinder ja, maar erens oortree jy die lyn van belaglikheid.
Dis ‘n klap in jou gaste se gesig. As jy dan nie ‘n behoorlike ete kan bekostig nie, trou in die oggend, en doen iets stylvol met sjampanje en troukoek en klein eetgoedjies. Ek sou my doodskaam as ek vir iemand so iets moes gee.
As dit is wat jou budget toelaat, moet dan eerder nie ‘n groot onthaal hou nie. Hahahaha net ‘n halwe croissant, nie eens ‘n hele een nie! lol