Sussie bekommerd oor baba se naam

Argieffoto (Foto: BRUNA BRUNA/Pixabay)

ʼn Vrou, wat nie met haar sussie se keuse vir ʼn babanaam saamstem nie, is onseker of sy iets daaroor moet sê of net moet stilbly.

Sy sê ouers het natuurlik die reg om hul kinders enigiets te noem, maar sy glo haar sussie se keuse kan daartoe lei dat hul seuntjie – en sy ouers – daaroor gespot gaan word.

Sy het ʼn lang lys alternatiewe name voorgestel, maar dit is alles verwerp. Sy het uiteindelik vir haar sussie gesê sy dink die naam is ʼn “groot fout”, en nou is haar sussie woedend.

Die vrou verduidelik haar 19-jarige sussie is agt maande swanger en ʼn paar weke gelede het sy aangekondig sy gaan die seuntjie “Paradox” noem. Sy het eers gedink haar sussie maak ʼn grap, maar sy hou vol sy het dié naam gekies “omdat dit cool klink en dis uniek”.

Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) verduidelik ʼn “paradoks” is ʼn skynbaar absurde verklaring, of een wat homself weerspreek, maar wat waar is of waar kan wees, soos die spreuk “veg vir vrede”. Dit kan ook ʼn stelling wees wat homself weerspreek, soos “Ek jok altyd”. Nóg ʼn betekenis vir “paradoks” is iemand/iets met skynbaar teenstrydige eienskappe: Die Nieu-Seelandse haka verteenwoordig die mooiste paradoks in sport, want hoewel die kreet teenstanders moet intimideer, word hulle juis daardeur gemotiveer (Marco Botha).

Die vrou sê sy het intussen allerhande name op teksboodskappe vir haar sussie aangestuur en hoop dat sy tog iets anders sal kies. “Sy was egter gister baie geïrriteerd en wou weet hoekom ek steeds vir haar name bly aanstuur, terwyl sy reeds die naam gekies het. Ek moes eerlik wees en het vir haar gesê ‘Paradox’ is nie ʼn regte naam nie en haar seuntjie gaan gespot word daaroor. Ek is regtig gespanne daaroor, want ek weet sy maak ʼn groot fout. Nou het sy my oral geblok en weier om te erken dat ek bestaan.”

Die twee sussies se ma het gesê dit is ʼn vreemde naam, maar dit is elke ouer se reg om ʼn naam vir hul kind te kies.

Die vrou het daarna by Reddit aangeklop om te hoor of gebruikers dink sy was verkeerd om kapsie te maak oor die naam.

Sommige gebruikers meen sy het die regte ding gedoen, ander meen as mens een keer iets gesê het, dan moet mens dit daar laat. Een persoon skryf: “Die probleem het ontstaan omdat jy aanhoudend daaroor iets te sê gehad het. Jou ma is reg – dit is uiteindelik haar keuse. Jy het jou sê gesê. Hou nou op met neul, vra om verskoning en wees ʼn goeie tannie.”

ʼn Ander het laat weet: “Ek werk met kinders en ek het al erger gehoor. Uiteindelik is dit haar keuse.”

Wat is die vreemdste kindername wat jy al teëgekom het? Laat weet ons gerus in die kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sarel ·

” Klink Cool” onvolwasse argument.
Afkorting gaan Parra of Parratjie genoem word.
Dan kla ons mense oor familie name

koos10 ·

Dis ‘n baie gepaste naam.
Paradox (sic) is ‘n alarm sitsteem en ‘n babatjie skree ook soos ‘n alarm!☺

Filistyn ·

My word. Wees realisaties – baba tyd gaan gou verby en dan raak hy volwasse . . .

Misky ·

Ek het al veel erger name gehoor en dink nie dis so erg nie. Ons het destyds n Second Chance by my vorige werk gehad en ek kon net altyd nie my lag inhou nie – ha ha ha ha

Rentia ·

Ek kan niks daaraan doen nie, aa die ma haar kind so wil noem sal sy. Haar kind gaan vir haar alleen kwaad bly, so sorteer dit maar uit in julle familie… Nie nodig om die wêreld te betrek hierby, ons het genoeg probleme soos dit is.

Anoniem ·

Eish … die pandemie het baie meer mense geraak as wat ek gedink het

Die Goodwoodianer ·

“Corona” en “North” is twee wat ek nou aan kan dink maar ek is seker daar is heelwat erger… ñ Naam soos “Ignition Coil The 3rd” klink wel interessant…

Blikke ·

Lekker lag ek nou…..wie onthou nog vir “Wingnut van Tonder”…Orkney Snorknie faam….?

Mad Mike die Rhodesiër ·

Die Sjinese, Amerikaanse Indiane en sekere swart nasies hou daarvan om unieke name vir hul kinders te gee. Hier is ‘n oulike Engelse grappie daaroor: “Big chief Running Water just had a son. He named him Little Drip.” LOL.

Eend Bessinger ·

Wat van die Amerikaanse Indiane? White Horse. White Cloud. En onthou julle die liedjie “Little White Dove”? Haar naam was Little White Dove en sy naam was Running Bear!

Karina ·

Ergste wat ek al gehoor het was Ossewanea (na die groot ossewa trek) and Appolina (na die Apolo ruimtevaart) Raar maar waar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.