Twee sterf toe voertuig aan die brand slaan

Argieffoto (pixabay.com)

ʼn Bestuurder van ʼn ligte afleweringsvoertuig en sy passasier het onherkenbaar verkool toe hul voertuig ná ʼn ongeluk naby Karino in Nelspruit, Mpumalanga aan die brand geslaan het.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het die ongeluk omstreeks 19:45 plaasgevind waar die D2296 en D2297-paaie by mekaar aansluit. “Dit was ʼn T-been-tipe ongeluk,” het hy gesê.

Die een voertuig het dadelik aan die brand geslaan en die twee persone het in die brand omgekom. “Die bestuurder van ʼn bakkie, wat ook in die ongeluk betrokke was, het matige beserings opgedoen. Hy het op die toneel behandeling ontvang.”

Die polisie stel verder ondersoek in na die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.